Alle Insette
Verouderde steak
Dalk was dit so sag omdat dit so oud is.
Ek kon nog nooi kla oor hulle 28 dae vakuumverpakte sirloin of rump nie. Nog nooit 'n "af" klankie opgetel nie en oor die algemeen smaaklik en sag.
Seker omdat dit so “ryp” is
sirloin steaks, wat ek by Food Lovers gekoop het, te braai - murgsag dié wat ek reeds gebraai het.
Dalk was dit so sag omdat dit so oud is.
Almal was baie opgewonde toe die winkel hier oopmaak, maar al wat ek daar koop is hulle creamy peri-peri sous. Ek het gedink dis omdat ons die verste van die Kaap af is en dit so warm hier is dat hulle goed nie so vars is nie, maar dit klink my ander het dieselfde ervaring gehad.
Vroeg ingaan
Het julle gereël om vroeg in te klok? Skakel liewers die kantoor later en maak seker dis reg. Ry veilig en geniet die leeglê.
Wessel ...
... ek sukkel met 'n "dowwe" linkeroog. Dit word veroorsaak deur 'n katarak wat maar verwyder moet word. Maar die beplande reisprogram is 'n bietjie vol om dit voor Junie ingepas te kry.
Nee - hengelgerei bly by die huis. Môre oor 5 weke begin die visvang wanneer ons Hentiesbaai toe vertrek vir 2 weke. Hierdie komende 10 dae word net vir rustigheid beplan. Ek sit nou hier met my oggendkoffie, dan gou stort, die laaste paar dingetjies inpak, haak en laat waai.
Laaste skof
Hierdie jaar het die ren vir my te gou verby gegaan - vir party bikers nie so nie, met humeure wat maar hoog geloop het oor 'n verkorte skof. Ek het nogal simpatie met diè wat met strategieë nog hul posisies kon/wou verbeter.
Die finale skof is mos gewoonlik maar net formaliteit en soos wat die standings nou lyk gaan dit waarskynlik ook eindig - tensy Henk Lategan vlerkies kry. Miskien Red Bull vir 'n opstaan-dop ipv. koffie môre.
Vanaand se insetsel oor die classics was komies. Die twee, kom ons noem hulle maar grapmakers, is sowaar net daar vir die pret. Ek kan nie hul name of die maak van die voertuig onthou nie, maar na die ren gaan die voertuig in stukkies opgesny en uitgedeel/verkoop word. Basiliekruid-plantjie wat alpad saamry en getroetel word, ai!
Klaar gepak
Môre net gou 'n koffietjie drink, water oor die lyf gooi in die stort, die koue goedjies in die Coleman pak, die Ou Lady haak - en voila die N2 wag vir ons.
Ek moet darem ...
... vir Food Lovers in Hermanus opkom wat sekere vleissnitte aanbetref. Ek beplan om juis oormôre-aand by Dwarswegstrand uitstekende sirloin steaks, wat ek by Food Lovers gekoop het, te braai - murgsag dié wat ek reeds gebraai het.
Fly SAFair
Ons het hulle bespreek vir volgende maand se Stanford kuier.
As ek egter na die nuus luister, oor die bollie aanklag teen hulle oor te veel internasionale aandeelhouding, raak ek baie bekommerd. Dit klink of hulle vlugte enige oomblik opgeskort kan word, totdat hulle voldoen aan plaaslike lugvaart regulasies.
As dit gebeur, wil ek maar my geld terug hê, en vlieg dan Pad-Hilux diens hier af. Ten minste kan ek my vrieskas met eie vleis goete saamneem.
Jan---Bosbokstrand
Dankie vir jou moeite.
Ek en beterhelfte behoort darem daai 500m stappie te oorleef. Dis net die dra van koelerboks en sonsambreel wat negatief kan inwerk.
Ek wil hulle môre bel om te hoor of hulle buite seisoen tariewe het. Die webblad is redelik vaag daaromtrent. Daar word net tariewe vir Desember vakansie en skoolvakansies getoon.
Wessel- Bosbokstrand …
Wessel- Bosbokstrand is volgens ons vriende so 500m se stap tot by die lagoon en entjie verder tot onder by die see. Jy mag ry in die park en eienaar/boer sal jou die pad verduidelik.
Daar is 'n snoepie op die perseel met noodsaaklikhede en Morgan bay met klein winkeltjie is so 45m se ry. Oos London 'n uur weg.
Jy hoef nie lid te wees nie.
Ebb and flow....
....lyk na my tipe plek. Geheel netjies soos wat mens van parkeraad verwag!!!
Net te veel mense volgens foto
Hallo Julle
Jip ek is eens met julle. Sy produkte staan my nie aan nie. Sy potjiekos souse het te veel tamaties in as basis.
Dan het ek n paar goeters gekoop by Foodlovers in Goodwood om te nuttig op kole by Onrus. Steak en wors. O genade die steak en die wors het n KLANKIE aangehad.
So my navigator en vrou het my verbied om daar te gaan koop.
Mooi loop julle.
Wessel en Geert …
Wessel en Geert
Wessel ek sal uitvind by ons vriende oor Bosbokstrand.
Daar is parkering by die plekke waar ons roei en die kanoe kan insit. Kaaimans het nie sekuriteit nie maar daar is soveel beweging van besoekers wat kayaks huur en die mense sê hulle weet nie van enige voorval nie maar dit sê niks.
Keurboom en hier in Sedgfield is daar sekuriteit. Ebb and flow gebruik ons, ons wildcard en Parkeraad sê dagbesoeker piekniek plek. Maak sommer 'n dag van dit. Daar is sekuriteit. Foto van hulle piekniek plek.
Geert - die Kaaimans gaan verby Map of Africa. Jy moet net die gety hoog kry om deur die rapids te kom.
Map of Africa
Dit is die Kaaimansrivier wat aan die uitkykpunt sy naam gegee het - dit vorm mooi die buitelyne van die Afrika-kaart. Asemrowende uitsigte.
Sjoe, wens ek was nou daar.
Jan...
....waar los jy jou voertuig [Ranger] as julle so op die riviere roei??? Los jy dit langs 'n pad, in 'n parkeerterrein met sekuriteit??
Ek wonder altyd hoeveel voertuie word in Du Toitskloof gesteel, as die mense daar parkeer om te gaan stap of roei langs die Molenaarsrivier.
Kans dat SA’ner kan wen
Ek volg nie die Dakar so getrou nie. Tog snaaks dat die naam bly al ry hulle nie eers meer in Afrika nie. Ek was nog nie in Dakar self nie, maar het een keer daar geland oppad terug van die VSA af. Die lughawe het my nie beïndruk nie. Maar die naam het ‘n soort van status vanwee die tydren en die prentjie van ‘n Berber (of so iets).
Terug na die huidige tydren. Ek sien Henk Lategan is nog net-net voor gewees toe ek laas gekyk het. Hoekom is hier nie meer opwinding omdat ‘n landsgenoot moontlik kan wen nie?
Ek sal graag so tydren met produksiemotors wil sien. Ek wonder hoe ver sal ‘n standaard Raptor kom?
Sien, tot by Marie biscuits…
Sien, tot by Marie biscuits kry jy Chinese kopieë.
Jan, by Keurbooms is…
Jan, by Keurbooms is beperking op enjins., ja by die mond is dit woelig. Of dit die brug is, kan ek nie onthou nie, maar beslis word hulle nie rivier- op toegelaat nie.
Bakers Blue Label
Ek hoop maar die ene was 'n goeie gehalte filter wat hy ingesit het
Hopelik bevat dit nie no name brand koekies nie.
Die Cruiser se filter is so dig geweefde konsertina cartridge en so groot as 10 Marie biscuits op mekaar.
Herman …
Herman wil nog die Keursboom gaan roei. Toe ons in Desember 2023 daar gekamp het was ons sonder 'n waterry ding.
Het toe al gesê ons sal terug kom. Sal net nie oor naweke nie want op die Keursboom kan jy met bote met brandstof engins ry.
Naweke kan die windgatte erg raak. Daar is parke raad patrollies op die water maar nie altyd nie.
Daarom hou ons van Touwsrivier by EBB and Flow Wilderness want daar mag jy net battery motors gebruik.
Jan, roei in die omgwing…
Jan, roei in die omgwing daar is puik. Jy moet by Plett in die Keurboomsrivier oproei. So 7km op is ń oornaghut van bosbou wat lekker oorslaap plek is. Maar o jinne, die muskiete dra jou weg.
Donker rivier
Toe ons in die Suid-Kaap gewoon het, het ons ook navraag gedoen oor die donker kleur van die Kaaimans. Daar is aan ons verduidelik dat dit verrotte/ontbinde plantreste is wat die kleur veroorsaak soos wat Wildehont ook noem.
Mooi foto's Jan en dit lyk na 'n ideale dag wat julle gekies het vir die uitstappie. Ek onthou ook die huise (dink dit was 2?) aan die oorkant van die rivier. Aan die agterkant was dit omring met bosse en voor kon hulle met bote die water in vaar. Daar was geen pad sigbaar nie, so het ek altyd gewonder hoe die mense daar kom. Sal weer moet gaan kyk...
Chris
Geniet dit.