Forums
Môre vriende
Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.
Len...
....dankie, dus kan ek ook 'n Exclusive wettiglik sleep met Grompie, maar met vreeslike ompaaie, om die weegbruê.
Hartseer maar waar
Dis darem sleg dat mens nou op jou senuwees moet wees wanneer jy met die Hilux (of Ranger) waarvoor jy so duur betaal het ry. Ek sien op die 4x4 forum ook mense wat reeds hulle Hilux of Fortuner verkoop het en ‘n Isuzu gekoop het, juis omdat hulle te bang is om langer met ‘n Toyota te ry.
Hier waar ek woon gaan dit nog nie so rof nie, maar ‘n sleepvoertuig word tog gebruik om in verskillende dele van die land te ry. Ek wonder wat die statistiek is vir bakkies en SNV’e met ‘n karavaan op sleeptou wat gekaap word. Hopelik gaan dit as ‘n las gesien word vir vinnige ontsnapping.
Ons is tawwe manne.....
.....maar eintlik jok ek. Ons is deesdae hiper versigtig.
Ons ry darem in daglig nog rond met Grompie, en selfs na selektiewe plekke in die dorp. My risiko is nie soseer steel nie, maar "beroof" terwyl ek in voertuig is. Gelukkig is my lewe mos nou pensioenaris vaal, en hoef nie in die donker te beweeg nie.
Ek voel veilig met die Kavango gehak, dan gaan ontsnapping nog stadiger plaasvind
Nou die dag 'n opgedateerde…
Nou die dag 'n opgedateerde lys van die Top 10 voertuie wat diefstal en kapings aanbetref, as ek reg onthou is iets soos 6 of 7 op daai lys almal Toyota's. Ford was ook altyd lae risiko, totdat Ford begin het om die Ranger ook vir uitvoer na Afrika begin vervaardig het...skielik is daar onderdele en diens geredelik beskikbaar Noord van die Limpopo...die res is geskiedenis Die Territory destyds kon ek amper met sy sleutels en enjin wat luier los met niemand wat hom wou steel nie (dalk was die petrol verbruik deel van die afskrikking! Ek sou raai dat sodra Mahindra en GWM, ook vir Afrika hier begin vervaardig is hulle voertuie ook "op die lys" "Stadiger" wegkom met 'n karavaan op die haak? Dink weer. Nie net wen die skaker/dief ', voertuig nie maar sommer 'n luukse toevoeging tot sy sink pondok! Andersins, neem dit net 'n paar sekondes om die wa af te haak...hulle gaan dit sekerlik nie mooi en versigtig doen nie!
Territory drankverbruik
Soos jy sê Grootwind, ek het ook sommer die verbruik op voorste ruit geplak, niemand wou eers 2 keer kyk nie.
Verlang ek nou na daai straight 6, skip!!
Probeer julle my nou…
Probeer julle my nou bangpraat vir die trip wildtuin toe volgende jaar?
Chris B
Nee glad nie. Ek sit sommer en deel my gedagtes en denkwyses omtrent my persoonlike situasie.
Soos genoem, ons ry net nie in die aand nie, dan nog die probleem van spykers ook.
Dit is ongelukkig die realiteit, en tog in die dag op die oop pad, voel ek veilig. Meeste diefstalle gebeur by kinder sportbyeenkomste, skoolfunksies , kerke.
Onthou ek sleep meer gereeld hier as julle. Dis Pilansberg toe, Kruger toe, met N4 of N1, by Soweto verby as dit Kaap se kant toe is. Ons ry in geloof !!!
My Prado
Ek vat vanoggend die Prado na Pierre Nolte toe vir die jaarlikse diens. Gewoonlik laai sy seun wat by hom werk my dan by die werk af met my eie voertuig, maar hy het toe net gery om iemand anders te gaan aflaai. Toe vat Pierre my self. Terwyl ons ry (hy bestuur) val hy homself in die rede en sê hoe lekker die kar ry. Toe hy by my werk se parkering indraai sê hy dit weer, en vertel toe dat al die ander 120 Prado’s waaraan hy werk probleme met hulle stuur het. Dit maak so klapgeluid as jy die stuurwiel heen en weer draai (wat myne nie doen nie). Toe begin hy tegniese terme gebruik van wat dit veroorsaak. Nou het ek nog minder motivering om die voertuig te verkoop. Dit ry vrek lekker en ek het die een deeglik laat deurgaan. Daar is niks fout daarmee nie.
Chris S....
...nee man jy dink verkeerd!!!! nou kan jy met 'n skoon gewete inruil op 'n nuwe, of uit die hand verkoop
Vra tog weer vir Pierre wat maak die klap geluid, seker iets te doene met die "steering rack"
Wessel
"Ek sit sommer en deel my gedagtes"
'n Baie goeie vriend van ons (ongelukkig lank reeds heen) het altyd gesê jy sit en vinkneste bou wanneer jy te veel tob oor 'n saak.
Dat daar baie gevare op die pad is (nie net in die noorde of ooste nie), is waar, maar wanneer ons eers op pad is (en wakker) besef ek dat 'n ongeluk mens nie om elke draai tref nie.
*Vir Chris: moenie jou wildtuinvakansie kanselleer oor bangmaak stories nie
Rona...
.... jy is 100% korrek, ek bedink scenario's vooruit. Sodoende kan ek voorsiening maak om indien dit gebeur, dit te kan hanteer. Veertig jare in die kernbedryf en omgewing, maak dit 2de natuur.
Dit weerhou my egter nie om die langpad aan te durf en te gaan kampeer nie.
Ek sal niemand afraai om enige vakansie te kanselleer nie, maar is van mening om tog die padgevare, eie aan ons omgewing, eerder bekend te maak. In dieselfde trant is dit soos om persone te waarsku teen die Bosbokrandpad, die Numbi hek en enige vrot stuk pad wat oneskik is vir woonwasleep..
Die voordeel van petrol
Die Prado se diens gister het net R1200 gekos. Die besparing op dienste word egter vinnig by die pomp opgevreet.
Prado diens
Chris, was die R1200 slegs die arbeid, of was filters, vonkproppe, olie ingesluit. Goedkoop rondte, ongeag die situasie.
Gister die Cruiser gediens,…
Gister die Cruiser gediens, self in my skuur. Olie, lug en diesel filter, paar sente onder R3000.00 by Toyota. Ek hou nie van die ander voorsieners se produkte nie. daar is ń rede dat dit so goedkoop is. Cheap and nasty.. Olie in 20l dromme. Petronas 15w40 semi synthetic. Gebruik 11liter . Kan nie prys onthou nie. Maandag moet die Tiffes help ghries.
Herman...
....gooi jy Petronas 15W-40 semi sinteties in, of beskou jy dit as "cheap and nasty" ??
Nou laat jy my dink, aan 1 van baie scenario's wat ek bedink, soos Rona seg--- vinkneste bou.
Auto spares se filters…
Auto spares se filters beskou ek as sub standaard. Die olie is 1ste klas vir die Cruiser. Vinkneste bou of aan ń tak hang, soos n vink
Prado diens
Wessel, dit was ‘n klein diens en sluit in ordentlike olie en filter, ‘n gloeilamp wat geblaas was waarvan ek nie eers geweet het nie en arbeid.
Chris Prado diens...
jis jy kom goedkoop oor die weg.
Klein diens beteken seker dat jy nie eers 10 000km laas laat diens het nie, en sekere onderdele nie nodig was om te vervang nie.
Deesdae se platinumpunt vonkproppe word mos nie so gereeld vervang nie.
My Kersfees wenslys…
My Kersfees wenslys.... Omskakeling kos blykbaar net sowat R265k, eintlik 'n winskopie as mens so daaraan dink! Spesiaal vir die maters wat daaraan dink om op te gradeer na 4x4, doen dit ordentlik en gradeer op na 6x6!
Grootwind...
....ai tog, ek het so gehoop jy oorweeg dit om 'n Prado of Everest op wenslys te sit
Ek is klaar deurmekaar met 4x2, 4x4, laestrek, sluitewenaars, nou nog 6 wiele wat kan pap word.