Forums
So het 'n jaar waarna ek baie uitsien aangebreek vir vir een groot rede: die einde van ons kampdroogte is in sig!
Dan ook wens ek aan al my forumvriende net die beste vir die jaar wat voorlê met goeie gesondheid en vele heerlike kampe. Mag 2025 al julle stoutste verwagtinge oortref. Julle verdien dit
Jan, roei in die omgwing…
Jan, roei in die omgwing daar is puik. Jy moet by Plett in die Keurboomsrivier oproei. So 7km op is ń oornaghut van bosbou wat lekker oorslaap plek is. Maar o jinne, die muskiete dra jou weg.
Herman …
Herman wil nog die Keursboom gaan roei. Toe ons in Desember 2023 daar gekamp het was ons sonder 'n waterry ding.
Het toe al gesê ons sal terug kom. Sal net nie oor naweke nie want op die Keursboom kan jy met bote met brandstof engins ry.
Naweke kan die windgatte erg raak. Daar is parke raad patrollies op die water maar nie altyd nie.
Daarom hou ons van Touwsrivier by EBB and Flow Wilderness want daar mag jy net battery motors gebruik.
Jan, by Keurbooms is…
Jan, by Keurbooms is beperking op enjins., ja by die mond is dit woelig. Of dit die brug is, kan ek nie onthou nie, maar beslis word hulle nie rivier- op toegelaat nie.
Jan....
....sal jy asb. by jou vriende navraag doen oor Bosbokstrand.
Is dit stap afstand van woonwapark na die strand/riviermond toe.?
Mag mens met eie voertuig in reservaat/park ry en wils kyk?
Jan...
....waar los jy jou voertuig [Ranger] as julle so op die riviere roei??? Los jy dit langs 'n pad, in 'n parkeerterrein met sekuriteit??
Ek wonder altyd hoeveel voertuie word in Du Toitskloof gesteel, as die mense daar parkeer om te gaan stap of roei langs die Molenaarsrivier.
Kaaiman Rivier
Is dit die een wat verby "Map of Africa " gaan?
Map of Africa
Dit is die Kaaimansrivier wat aan die uitkykpunt sy naam gegee het - dit vorm mooi die buitelyne van die Afrika-kaart. Asemrowende uitsigte.
Sjoe, wens ek was nou daar.
Wessel en Geert …
Wessel en Geert
Wessel ek sal uitvind by ons vriende oor Bosbokstrand.
Daar is parkering by die plekke waar ons roei en die kanoe kan insit. Kaaimans het nie sekuriteit nie maar daar is soveel beweging van besoekers wat kayaks huur en die mense sê hulle weet nie van enige voorval nie maar dit sê niks.
Keurboom en hier in Sedgfield is daar sekuriteit. Ebb and flow gebruik ons, ons wildcard en Parkeraad sê dagbesoeker piekniek plek. Maak sommer 'n dag van dit. Daar is sekuriteit. Foto van hulle piekniek plek.
Geert - die Kaaimans gaan verby Map of Africa. Jy moet net die gety hoog kry om deur die rapids te kom.
Ebb and flow....
....lyk na my tipe plek. Geheel netjies soos wat mens van parkeraad verwag!!!
Net te veel mense volgens foto
Vlieg
Diè wat beplan om te vlieg....miskien help hierdie
Wessel- Bosbokstrand …
Wessel- Bosbokstrand is volgens ons vriende so 500m se stap tot by die lagoon en entjie verder tot onder by die see. Jy mag ry in die park en eienaar/boer sal jou die pad verduidelik.
Daar is 'n snoepie op die perseel met noodsaaklikhede en Morgan bay met klein winkeltjie is so 45m se ry. Oos London 'n uur weg.
Jy hoef nie lid te wees nie.
Jan---Bosbokstrand
Dankie vir jou moeite.
Ek en beterhelfte behoort darem daai 500m stappie te oorleef. Dis net die dra van koelerboks en sonsambreel wat negatief kan inwerk.
Ek wil hulle môre bel om te hoor of hulle buite seisoen tariewe het. Die webblad is redelik vaag daaromtrent. Daar word net tariewe vir Desember vakansie en skoolvakansies getoon.
Fly SAFair
Ons het hulle bespreek vir volgende maand se Stanford kuier.
As ek egter na die nuus luister, oor die bollie aanklag teen hulle oor te veel internasionale aandeelhouding, raak ek baie bekommerd. Dit klink of hulle vlugte enige oomblik opgeskort kan word, totdat hulle voldoen aan plaaslike lugvaart regulasies.
As dit gebeur, wil ek maar my geld terug hê, en vlieg dan Pad-Hilux diens hier af. Ten minste kan ek my vrieskas met eie vleis goete saamneem.
Klaar gepak
Môre net gou 'n koffietjie drink, water oor die lyf gooi in die stort, die koue goedjies in die Coleman pak, die Ou Lady haak - en voila die N2 wag vir ons.
Chris
Veilig ry môre. Geniet die vakansie waarna julle so baie uitsien.
Chris B
Alles wel met die oogtoets en besoek by oogarts??
Hou ons ophoogte met julle niksdoen by DWS, en hoe julle die staning vind. Neem jy 'n visstok saam vir tydverdryf, of word dit as werk gereken??
Lekker en veilig sleep.
Wessel ...
... ek sukkel met 'n "dowwe" linkeroog. Dit word veroorsaak deur 'n katarak wat maar verwyder moet word. Maar die beplande reisprogram is 'n bietjie vol om dit voor Junie ingepas te kry.
Nee - hengelgerei bly by die huis. Môre oor 5 weke begin die visvang wanneer ons Hentiesbaai toe vertrek vir 2 weke. Hierdie komende 10 dae word net vir rustigheid beplan. Ek sit nou hier met my oggendkoffie, dan gou stort, die laaste paar dingetjies inpak, haak en laat waai.
Vroeg ingaan
Het julle gereël om vroeg in te klok? Skakel liewers die kantoor later en maak seker dis reg. Ry veilig en geniet die leeglê.
Chris
Geniet dit.
Veilig sleep
Veilig sleep ChrisB