Forums
Dankie Len vir jou "Vintage foto's"
Nuutste Forum Insette | onderwerp | deur: |
---|---|---|
Pretoriuskop is tops ! | Kruger Wildtuin-stories | Len Loader -8 hours ago |
Nou glo ek jou. Gepraat van… |
Strydoms in Pilansberg | Chris Boucher -8 hours ago |
Pretoriuskop | Kruger Wildtuin-stories | Chris Boucher -8 hours ago |
Tent Aircon AREA Boksburg … |
te koop Jurgens 1993… | Steven -9 hours ago |
Pierre, | "Isocharger" 94… | Johann L -9 hours ago |
Ongesien, | te koop Jurgens 1993… | Johann L -10 hours ago |
Dankie Len vir jou "Vintage foto's"
Bethlehem iewers in die 70's
Goed, ek sal lostrek. Almal ken teen hierdie tyd my 1968 Ford Anglia met die 1969 klein Sprite GT en ek sal dit maar oorslaan. Hieronder is ons tweede karavaan, 'n 1971 Gypsey Bluebird by Bethlehemse destydse prestige karavaanpark, Loch Athlone wat deesdae tot niet gegaan het. Ons het die Gypsey met ons 1968 Mercedes 280S gesleep.
Gypsey II
Hier is ons derde karavaan, 'n Gypsey II van iewers in die 80's. Die foto is by Shingwedzi in die Kruger Wildtuin geneem en dit was ons eerste sleeprit met 'n splinternuwe, rooi Toyota Cressida !
Lennie
Ek het sommer geweet jy gaan vir ons 'n foto of twee kan wys. Jy het mos baie sulke interessante foto's in jou argiewe. Dit lyk of julle in die sneeu kamp daar.
Santos Mosselbaai
En hier is ons vierde karavaan, 'n 1984 Gypsey Caravette 6 wat ons met 'n Toyota Cressida stasiewa gesleep het. Die foto is by Santos in Mosselbaai geneem.
Baie Dankie Len! Waar is…
Baie Dankie Len! Waar is die bell bottom en beehive kiekies?
die 5de een !
Hier is ons 5de karavaan, weer 'n Gypsey Caravette 6, 1990 model wat ons met 'n Mercedes 230 gesleep het. Die foto is by Frankfort langs die viswaters geneem. Nie dat ek 'n hengelaar is nie, maar my drie laerskool-kinders het hul lyne natgemaak en vis gevang wat ek nie geweet het hoe om skoon te maak nie !
Die foto is iewers in 1991 geneem.
Stove pipes
Anton, ek het ongelukkig nie 'n foto van my bell bottom dae nie, maar hier is 'n 46 jaar oue foto van my in die "stove pipe" dae toe ek 24 jaar oud was - ek is nou 70 !
Baie Handsome! waar is die…
Baie Handsome! waar is die foto geneem?
Len se Vintage Kamp foto's
Wens ek het ook nog foto's van die begin dae.
Foto gehalte
Willem, julle het seker opgemerk die gehalte is maar swakkerig. Ek het ou fotos uitgekrap waarvan ek 'n elektroniese kamera foto geneem het, dus 'n foto van 'n foto. Hier en daar het ek nog 'n 25mm negatief of kleurskyfie waarmee ek tog 'n eletroniese foto kon scan.
Puik
Ja n ou moes meer fotos geneem het dankie vir deel awesome draad hoop die draad gaan loop soos stroop
die 6de een !
In 1997 koop ons 'n Jurgens Penta wat ons met 'n Nissan Sani V6 3 liter gesleep het. Met hierdie kombinasie het ons vir 7 jaar elke jaar tussen Harare (Zim), die Kruger Wildtuin en Pretoria gesleep. Beide fantasties !
Len dit is baie nice dat jy…
Len dit is baie nice dat jy hierdie foto's met ons deel! Dis darem lekker om soms so bietjie terug te gaan in tyd in.
Die 7de en laaste een....................
Hier is ons ou staatmaker (ook al amper 'n "vintage" op 12 jaar oud) ons 2005 Jurgens Exclusive wat ons eers met 'n 2006 Nissan Patfinder gesleep het en deesdae sleep ons hom met 'n 2013 Nissan Pathfinder.
In Desember 2006 kamp ons met die Penta by ATKV Hartenbos en op die ingewing van die oomblik ruil ons die Penta in op die Exclusive, sommer in die middel van ons vakansie ! Toe Tuinroete Woonwaens die Penta kom haal, moes ons al ons besittings op ons staanplek uitpak in afwagting van die Exclusive wat 'n uur of later afgelewer sou word. Ons bure in Kamp E was onder die indruk dat die balju ons Penta kom haal het !
Hier is 'n beter foto van die Exclusive.
Baie mooi, Len
Dit is baie interessant om te sien. Ek dink nie baie mense het sulke foto's van hul karavane oor die jare nie.
Ek kan glo jul bure het gedink die balju het jul karavaan kom opeis. Maar hul het seker anders opgekyk toe hul sien hier word 'n splinternuwe Exclusive afgelewer.
Nice man
Lekker foto's Len!!
Vintage ...
Sommer so 'n klompie foto's wat ek op FB gekry het ...
My ou Gypsey 2
My ou Gypsey 2
My Gazelle 610, voor Froggy
My Gazelle 610, voor Froggy
'n Lekker Gazelle daai
'n Lekker Gazelle daai