Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41051 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oom Len... ATKV Eiland 2018 GerhardM -24 minutes ago
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -2 hours ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -2 hours ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -2 hours ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -2 hours ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -2 hours ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago

Padkos of Take Aways?

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 19/09/2017 - 06:07
Forums

Een van my eerste, wel eintlik my eerste "road trip" wat ek kan onthou was toe ek 4jr oud was.  My Pa het 'n Citroen stasiewa gery en so was ons oppad Nieuwoudtvile toe vir 'n vakansie by Ouma se huis, die groot wit een wat aan die einde van die hoofstraat staan, die ark.

Dit is nogal 'n entjie van Somerset Wes af, teen die weskus op en dan by Vanrhynsdorp op teen die berg.  Die pad maak voorsiening vir genoeg tyd om 'n bietjie te stop en padkos uit te pak. 

Ek onthou dit so goed, en hoe my liefde vir langs die lang pad stop en padkos eet al daar begin het.

So kom die gesprek toe op by my oudste seun wie nou 4jr oud is oor ons komende kamp in Bloemfontein.   Ek vertel toe vir hom dat ons vroeg gaan ry en dat die pad lank is en ons halfpad gaan stop om padkos te eet.    Jnr wil van niks weet nie en dring aan ons moet glad nie stop nie want ons moet by die kamp uitkom -  op die wat Ma toe by die gesprek inknoop en noem dat ons by 'n petrolstasie sal stop om takeaways te kry!

My vraag is, hoe voel jy oor die saak?   Dit is darem lekker as daai padkos met toebroodjies en koue vleis en eiers en frikadelle ens. so reg is vir die etery en ryery.  Wat vir my nog lekkerder is, is om langs 'n lang hoofroete in die middel van nerens te stop en padkos uit te pak, en dan te kyk en luister hoe ander voertuie verbykom - partykeer sommer nog 'n toeter of 2 wat geblaas word.

Of het jy nie tyd vir sulke dinge nie, verkies jy om Take Aways daar by One Stop of Ultra City te koop so met die voertuig opvul slag?

Brits

wessels

Fri, 07/12/2018 - 13:51

Middag kampers

Vir my was dit nog altyd eie kos langs die pad.

Uit veiligheidsoogpunt verkieslik by 'n vulstasie met ablusies, soos byvoorbeeld MILLY'S oppad na die Laeveld [ag OK die wildtuin].

Tog eienaardig dat mens op afgeleë paaie deur Karoo/Vrystaat sal waag om langs pad by koelteboom te stop vir bene rek en eet. Net nie van vuil tafeltjie af nie. Sommer so uit die Coleman uit, vanaf Hilux se agterklap.

 

Groete

Wessel

Port Elizabeth

Antie

Fri, 07/12/2018 - 14:27

Ja, Wessels, die dae wat jy by 'n tafeltjie langs die pad kon stop, is verby.   Ek is hopeloos te op my senuwees om dit te doen en sal niks proe wat ek eet nie.  Die kos heel afsluk en die res van die reis sooibrand hê.laugh

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 15:11

Ja, Wessels, die dae wat jy by 'n tafeltjie langs die pad kon stop, is verby.

 Behalwe in die Noord Kaap?   Laas toe ek daar deur is het dit nog baie goed en bruikbaar gelyk.

Port Elizabeth

Antie

Fri, 07/12/2018 - 16:59

Ja, Voories, die omgewing mag veilig lyk en die tafeltjies mag bruikbaar lyk, maar jy weet nie wie kom aangery met die pad nie.   Of kom deur die bosse nie. laugh

Harry Du Randt

Fri, 07/12/2018 - 17:53

Vandat dit so gevaarlik geraak het om langs die pad te eet is die padkos ding uit vir ons.

Ons eet by n Wimpy, Steers, ens. ( Glad nie meer by die Spur nie, persoonlike redes)

Ons vat wel bakkies kos in die voertuig om aan te peusel. Biltong, droe wors , lekkergoed, ens. Daar is ook n klein cooler box met ys en koeldrank asook n fles met koffie of tee.

Die stop by eetplek is ook vir bene rek.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 22:47

Een van die lekkerste vir my van daai padkos happies was gewees waar my ma n gekookte eier se geel uithaal en meng met iets, dan terug sit in die halwe wit, kon nie genoeg eet daar van.

Harry Du Randt

Fri, 07/12/2018 - 22:55

Toe ek n kind was, het my ouers altyd die padkos ding gedoen.

Het so groot geword en by pad tafels langs pad gestop om te eet.

Gees Yvonne doen ook die eier ding, weet nie wat sy in daai eier geel sit nie. Dink daar kom ook mayonaise in.

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 03:30

Dis waar wat julle se dis gevaarlik om net te stop en te eet maar kyk mooi hier en daar is daar nog netjies stop plekke en ja in ons land waar is jy veilig geniet daai volgende stop of dit by n ultracity is of net hier langs die pad is lekke eet 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 06:38

Stop by die vulstasies langs die paaie, dan kan almal ablusie gebruik, en  jy sit en eet daai eie padkos in die koelte. Daar kan jy ook lekker bene rek, en is redelik veilig, so ver.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 08/12/2018 - 06:44

Padkos, en eet meestal so in die ry. Eertse kookeier wat ouma se dop teen die dashboard tik binne die eerste uur. Frikadelle, kaasbroodjies, stukkies wors waarvan die velletjie taai geraak het. Lekker sterk moerkoffie in die vles.

Sal n wegneem braaibroodjie kry by die vulstasie,  met n cuppochino, maar nooit aansit om te eet nie. Geniet dit om so rustig te kou in die ry.

Port Elizabeth

Antie

Sat, 08/12/2018 - 07:34

Die heel lekkerste in 'n padkosmandjie is lekker saggekookte skinkelbene, sommer 'n groot tupperware bak vol.   Jy eet daai beentjie silwerskoon.    Hoender mayonaise toebroodjie, frikadelle en gekookte eiers.  Maar die Fees was in die dae toe my kinders nog saamgery het.   Hulle het drie keer die normale hoeveelheid geëet langs die pad.   

Waar my wa staan

Arie

Sat, 08/12/2018 - 11:23

As ons lang pad ry het ons altyd 'n sak gekerfde nat bees biltong met lekker vet aan.

En met lang pad sluit dit die pad van Bela Bela tot Pta in.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 12:30

Ons doen ook die take away ding, my vrou maak padkos by die huis, dan take away ons dit. Niks so lekker soos om so paar stukke koue wors te sit en knaag nie, dan 'n lang sluk Coke om 'n gehuk te voorkom.