Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53669 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -8 minutes ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -36 minutes ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -3 hours ago
Len---'n liedjie vir jou Aasvoëlkrans "Predator… wessels -3 hours ago
sien ek die ongelukkigheid… Aasvoëlkrans "Predator… Voortrekker -3 hours ago

Januarie 2019 Koffiekroeg!

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 01/01/2019 - 00:19
Forums

Daarshy!  Mag julle almal 'n baie voorspoedige 2019 hé!    Koffie vir enigiemand?  Ek kook solank die water smiley

Centurion

Dusty

Tue, 01/01/2019 - 05:06

Goeie more.

n Voorspoedige jaar word vir ieder en elk toegewens.

Dit reen nog steeds so deur die nag. Het vanmiddag n braai. Sal maar sien of daar plek onder dak is waar ons gaan wees

Koffie gaan nou lekker wees. 

Lekker dag

Secunda

Sleep nou

Tue, 01/01/2019 - 06:51

Die koffie loop soos stroop gister nuwe jaar ingegaan met n kerk diens wow dit reen nog steeds hier in petrol dorp en vanoggend 18 mm reen uitgegooi uit meter julle moet n gatskop dag he vrede

Port Elizabeth

Antie

Tue, 01/01/2019 - 07:32

Wat van tee, Voories?    Hier by ons waai die Westewind die nuwe jaar in.   Ek het gaan stap, was nie juis aangenaam nie, so met die wind saam.   Lyk my die mense het almal laat gaan slaap gisteraand.  Ek het nie een enkele kar of mens gesien nie.

Ek raak jaloers as ek hoor hoe lekker dit daar bo in die land reën.   Die Westewind is veronderstel om reën te bring.   Maar dit lyk my hy waai dit met een helse spoed regoor die Baai daar na julle toe.

Ek het groot T-bones in die vrieskas.   Dink dit kan vandag oor die kole gaan!!

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 01/01/2019 - 07:43

Waar is die water, ek soek net water vanoggend.

Ek, Anton en Gees moes die forum deur die ou jaar in die nuwejaar insleep op ons eie sonder die ander se hulp. smiley

Geniet julle dag en wees veilig.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 01/01/2019 - 07:44

More more, graag deel ek met julle dat ek nooit weer in my lewe my lippe aan drank gaan sit nie. Het iemand dalk n paar spaar panados, groot seblief. 😯

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 01/01/2019 - 08:11

In die Kaap kry hulle die 2 de ook af.

Seker omdat die meeste van die wyn daar vandaan kom. smiley

Middelburg

Noel

Tue, 01/01/2019 - 08:15

Goeie more maters. Happy New Year laugh.  Dankie vir lekker koppie koffie.  Dit reen nog steeds lekker by ons en sien deur die venster die reenmeter is al half vol. Gaan netnou my reenjas aantrek en die grasperk kunsmis strooi met kunsmis strooier.

Geniet jul heerlike rustige dag !!

Centurion

Voortrekker

Tue, 01/01/2019 - 08:19

Goeiemôre Noel!    Ja hier by ons reën dit nog sonder ophou, ek sien my meter is al naby aan vol, maar ek is te lui om uit te gaan en hom leeg te maak.smiley

Voorspoed vir julle! yes