Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48775 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
nou koop ek R400.00 se krag… Huiskrag tydens beurtkrag Wildehont -1 hour ago
Dankie Len, jy kan dalk net… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Johann, ek glo jy is veilig… Maart 2019 Koffiekroeg HennieBo -1 hour ago
Baie welkom by kampforum… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dankie Anton Jurgens Ci- DIE WAARHEID NeelsM -1 hour ago
Welkom terug Willem.  En so… Maart 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Ek het net 1 uit 7  Kampforum SuperBru Willem Brits -5 hours ago

Net vir ouens wat by voertuigagente laat diens

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Thu, 18/10/2018 - 06:07
Forums

Ek weet die diens van voertuie by die voertuig-agente, of by die ou om die draai wat "regte, goed gekwalifiseerde werktuigkundige" is of by die algemene werkswinkel is al holrug gery.  En dis nie die punt in hierdie draad nie.

Ek is 'n knaap wat my voertuie by die amptelike agente laat diens en ek stel belang om die volgende by mede-forumgebruikers te verneem as jou voertuig nie meer onder waarborg is nie en ook nie meer gedek word deur 'n diensplan nie  :-

Terwyl jy jou geskeduleerde dienste by die agente laat diens, laat jy die agente ook sekere spesialis-probleme herstel ? Soos byvoorbeeld :-

  • Bande, batterye, uitlaatpype, skokbrekers
  • Turbo-aanjaer probleme
  • Remme

Met my vorige Pathfinder het ek en my Nissan-agent vermoed ek het 'n turbo-probleem (wat toe nooit die geval was nie) en die agent het my aanbeveel om direk met Bosch Diesel te onderhandel want as Nissan die werk doen verwyder hulle die komponente en stuur dit buitendien na Bosch Diesel vir toets en reparasies.  By Bosch Diesel het ek met een van die direkteure gepraat wat aan my bevestig het dat hulle optree namens verskeie amptelike voertuig-agente as dit kom by diesel-verwante probleme.

My 2010 Mercedes het begin lek by die linker "steering rack" en dan en wan het ek kragstuur begin verloor.  Die kar is op die oomblik by Power Steering Solutions vir herstelwerk en daar het ek agtergekom hulle is ook die herstellers van groot trokke se kragsture, ook Mercedes se trokafdeling stuur trokke daarheen.

As jy in hierdie kategorie val, hoe maak jy met sulke spesialis-onderdele se herstel, gebruik jy maar eerder altyd die voertuig-agent ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 11/01/2019 - 17:09

My Kia se 120 000 Km dien was verlede Donderdag gedoen (op 92300 Km), en die koste sou my R13 000+ uit die sak gejaag het. Gelukkig is dit nog onder waarborg, en diens plan.

Die diens plan het nou verval, maar die waarborg loop nog tot Desember 2020 (ek het die kar Jan 2011 geregistreer). Ek is dus nog vir twee jaar verplig om van Kia te gebruik.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/01/2019 - 18:07

Handelaars gaan meer vra vir hulle werk. Gebruik oorspronlike onderdele waarmee voertuig gebou was, werkswinkel is verplig om sekere diagnostiese toerusting te gebruik wat glo peperduur is, en elke model het sy eie. Werktuigkindiges moet vir elke model deur n kursus gaan om dit te kan diens etc. En dan word arbeid vasgestel in n handleiding wat al die agente gebruik vir eenvormigheid tussen agente. Ek vra altyd vir n kwotasie vir n spesifieke diens, en dit word uitgedruk sonder moeite, met die voorbehoud dat dit slegs items soos voorgeskryf word dek.

Mens kan baie spaar deur bv skokbrekers, batterye wielsporing, verkoelers diens etc by ander te laat doen, maar filters ens, is die regte maar die beste. Neef karring aan sy ou voertuie, en kan die verskil sien van n balljoint wat halfprys uit Indie kom, hy gaan jou verongeluk.

Arie, dit klink baie goedkoop. My Landrover kry elke 80 000km n belt, dan word daar pullys en allerhande kleinigheid saam vervang,  die handelaar sal daarvoor toelaat en so doen, die privaat man gaan dalk net n nuwe belt opsit.

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 18:12

dan word daar pullys en allerhande kleinigheid saam vervang,

 Soos ek nou vandag met 'n paar ander mense gesels het net oor die Belt gedeelte vertel hulle my dit is 'n hele kit wat so R 3500 kos en sluit dan tensioners en 'n water pomp ook in?

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/01/2019 - 18:20

Jy sien Voorie, dit hoort so. Daai waterpomp het n beperkte lewensduur en nou tyd om te vervang. Doen dit nie, en hy gaan jou op n slegte dag n hele enjin kos.

Centurion

Voortrekker

Wed, 23/01/2019 - 07:53

So my Volksie is vandag in na SOJO - Michael wie die Nissan Patrols se turbo conversions ens. doen -  het ook vir lank op die Tdi Caddy's gewerk en hy was aanbeveel deur Chrisbeachbum wie ook 'n Tdi Caddy ry en hom daar laat diens.   R7 500.00   smiley  Major Service.

R7 500.00   smiley  Major Service.

 

Dit bly nog steeds n klein huisie vol geld!!