Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 20/03/2019 - 08:36

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 23/03/2019 - 15:07

..............dié wat ek pas gemonteer het, het nie 'n solar-sok nie, maar Mecer voorsien wel sulke inverters op aanvraag. Hierdie inverters wat ek pas gemonteer het, is bedoel vir huishoudings en kleinsake-ondernemings wat net beurtkrag wil oorbrug en het dus nie die nodigheid vir 'n solar-sok nie.

Hennie, ek is maar net die handlanger wat die goed inmekaar sit.  My seun het 'n rekenaar-ondersteuning besigheid en is nie eintlik in die inverter-bedryf nie.  Hy het 5 jaar gelede net begin om sy rekenaar-kliënte van inverters te voorsien omdat hulle legio probleme gehad het met kragonderbrekings en die verkryging van volledige eenhede was baie skaars.  Sy verskaffers voorsien hom net van volledige eenhede, alhoewel nie altyd ten volle gemonteer nie.

Ek kan nie meer 'n foto neem nie want die twee eenhede is reeds weg na hulle nuwe eienaars.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/03/2019 - 06:41

Hennie, kyk op bl. 1 van hierdie draad, daar het ek reeds 'n foto van my kragboksie geplaas.  Daar is niks noemenwaardig binne-in nie.  Daar is bloot twee 12V batterye langs mekaar in serie gekoppel met 'n Mecer inverter horisontaal op 'n rakkie bo-op dit. Twee 24V kabels uit die inverter is gekoppel aan 'n positiewe en negatiewe pool  op die batterye wat in series gekoppel is  -  ek het die negatiewe pool van die een battery met die positiewe pool van die ander battery verbind.  Die oorblywende pole op die batterye (een met 'n positiewe pool en een met 'n negatiewe pool) is gekoppel aan die drade uit die inverter.

In die nuwe, swart Mecer kaste (foto op bl. 2 waar twee kaste op 'n tafel staan) staan die inverter vertikaal, dus regop aan die voorkant.  Ek hou meer hiervan want nou is die digitale skermpie van bo-af sigbaar met die drie 220V-sokke aan die voorkant.

Centurion

Voortrekker

Mon, 25/03/2019 - 07:52

Dankie Neef Herman, ek het die groter solar opsie se PDF wat jy vir my aangestuur sommer hierbo op die oorspronklike onderwerp aangeheg waar almal dit kan kry.yes

Ek begin ook kyk na so 'n tipe sisteem, om en by 3KW met 2 of 3 X 330Watt panele om hele huis (alles behalwe geyser en stoof) te voorsien.

Worcester

Wildehont

Mon, 25/03/2019 - 14:56

National blackout planning

Ek was vanoggend by 'n aanbieding deur die Western Cape Disaster Management Centre oor beplanning deur die provinsiale regering en munisipaliteite vir 'n national blackout. Ek som dit kortliks op hier onder:

  • 'n National blackout is onwaarskynlik, maar indien dit sou gebeur sou daar waarskynlik min tot geen vooraf waarskuwing wees dat dit gaan gebeur nie en dit kan tussen 4 ure en 3 weke neem om die kragvoorsieningsnetwerk weer funksioneel te kry. Lg. sal begin in Gaunteng, Mpumalanga en KZN aangesien dit is waar die meeste steenkool kragstasies is. Dit kan dus langer neem om terug na "normaal" te keer in die Wes-Kaap
  • Om 'n national blackout te voorkom,  word beheerde beurtkrag toegepas om te voorkom dat die frekwensie (veronderstel om 50Hz te wees) te laag raak en dat die netwerk uiteindelik in duie stort
  • Die aanduidings is dat dit vir ten minste die res van 2019 nodig kan wees om meer, en meer gereelde beurtkrag toe te pas ten einde 'n national blackout te voorkom
  • Die gevolge van 'n national blackout is skrikwekkend. OTM's petrolpompe, straatligte en verkeersligte sal binne die eerste 12 uur ophou werk. Telekommunikasie netwerke sal binne die volgende 12 uur in duie stort. Dit sluit landlyne, selfone en die internet in. Binne 48 uur sal kos begin afgaan, winkels leeg raak en die watervoorsiening ophou werk. Binne 3 dae sal ons skuif na 'n kontant ekonomie (die wat kontant het) en sal sekuriteit 'n probleem raak. Binne 4 dae sal die skole, openbare vervoer en vervaardiging stop. Daarna sal die dodetal styg vanwee toenemende misdaad en gesondheidsorg wat in duie sal stort.

Wat ek hiervan weggeneem het, is dat mens moet voorsiening sal maak om selfonderhoudend te wees tydens beurtkrag. Kry 'n gasstoof en inverter met batterye. As die national blackout wel plaasvind gaan dit natuurlik nie meer werk tensy die batterye met sonkrag laai nie. 'n Kragopwekker werk net terwyl dit brandstof het en dit gaan vinnig opraak. Sodra die krag afgaan hou die raffinadery op met werk en die diesel kragsentrale in die Kaap wat as noodmaatreel ingespan word gebruik twee keer soveel diesel 'n dag as wat die raffinadery in total vervaardig per dag. Om 'n tenkskip met diesel hier te kry vat weke so dit gaan ook nie help nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 25/03/2019 - 18:21

Wildehont, sou dit gebeur dat SA n " blackout" ervaar, is ons land in anargie gedompel. Neef is nie n siener nie, maar die is bitter onwaarskynlik. 

Wat kommerwekkend is, is dat die twee " open end gas turbines" Ankerlig by Atlantis en Gourikwa by Mosselbaai al van verlede jaar af krag voorsien. Die is ontwerp om bystands generators te wees vir hoè aanvraag seinde hulle binne n halfuur vol vrag kan lewer van stilstaan. Dit is hoekom ons beurtkrak af is die week !!! Hulle loop volstoom en nie net vir piek aanvraag nie. 

Nou om diesel te brand, voltyds soos nou, is die koste per kwh baie meer as waarvoor dit verkoop word. So die gat raak al hoe dieper vir escom. Diesel word tans verskeep na die aanlegte, neem so week na bestelling om te land.

Als wat ek hier kwytraak, is gesprek die naweek met n ingeligte vriend. Hulle bou onder andere die solar aanlegte op die lughawens. 

As ek reg van hom verstaan, gaan wetgewing binnekort toelaat dat privaat persone terugvoer in die netwerk. Hy en vennote sit stelsels op hulle huise wat sowat R100k beloop wat netwerk gekoppel sal wees. Die metering is n ander storie, maar sowat 50sent per eenheid gaan betaal word aan eienaar.

Weet nie of  mense wat Seychelles al besoek het gesien het dat omtrent alle huise n paar panele op het, die UK is ook vol daarvan. Doen die som, as ons 1mil huise 5kva in netwerk instoot. Ja daar is faktore van maksimum aanvraag etc, etc maar dan pomp ons maar die reservoirs vol 12 uur in die dag.

Ek gaan vir my huis n 3kw stelsel insit, gaan miskien nie spaar eenhede het vir netwerk nie, maar gaan onafhanklik wees.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 25/03/2019 - 20:16

Willem, kyk na die pdf file wat Voortrekker by die heel eerste plasing van Wildehont gelas het. Die 3kva sal vir ons werk, het gas stoof, gas geiser en energie doeltreffende toerusting. Gemiddelde verbruik kon ons by sowat 5 eenhede per dag beperk vir al amper 20 jaar. Winter maak ons kaggel vuur en brand die AGA stoof in  vir hitte.

Batterye is n moet om die solar te stoor.  Ek wag vir pryse, sal laat weet wat dit gaan beloop. 

Neef is nie n siener nie, maar die is bitter onwaarskynlik. 

Neef, soos genoem in my opsomming was die mening van die Wes-Kaapse rampbestuur ook dat 'n national blackout hoogs onwaarskynlik is en nie voorsien word nie. Hulle beplan egter vir die worst case scenario en het deeglik navorsing gedoen. Soos 'n kollega van Overstrand vandag gesê het; as dit plaasvind gaan die hokke oopgmaak word (menende dat die barbare dan gaan uitkom en plunder vir 'n vale). 

Ankerlig by Atlantis

Dis Ankerlig wat in 24 uur twee keer soveel diesel gebruik as wat die Chevron (nou Astron) raffinadery in 'n dag kan produseer. Die verteenwoordiger van Astron wat vandag daar was het ook genoem dat die diesel wat verky word van skepe af weke neem om hier te kom so in die geval van 'n totale blackout gaan dit ook nie meer die probleem oplos nie. 

Ek wag vir pryse, sal laat weet wat dit gaan beloop. 

Die Wes-Kaapse regering het hieroor ook navorsing gedoen. Ek het 'n dokument Preparing for loadshedding bygevoeg aan die begin van die draad onder die oorspronklike plasing. Ek weet nie hoe akkuraat hulle kosteberamings daarin is nie maar dit help dalk 'n bietjie. Die dokument bevat wel belangrike inligting oor die wetlike aspekte rondom sulke stelsels vir ons wat elektrisiteit by munisipaliteite koop.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/03/2019 - 21:01

................nog by die oorspronklike onderwerp van beurtkrag ?

Lyk vir my ons is nou by totaal "off-grid" en gaan surplus krag terug verkoop aan Eskom soos wat die DA Provinsiale Regering graag wil hê.

"National blackout" :  Stem saam met Herman, hoogs, hoogs onwaarskynlik en ons moet waak om soos sommiges wat dekades gelede kos en ander goedere opgegaar het en toe gebeur niks nie.  Ek sê nie 'n mens moet onverantwoordelik wees om nie ag te slaan op gevaar-tekens nie, maar 'n ou moet ook rekening hou met werklikhede.  Geen land in die wêreld het al tot niet gegaan as gevolg van 'n "national blackout" nie.

Dus, as jou doel is om 'n vrag surplus geld te spandeer vir gemoedsrus en om nie ongerief te verduur met beurtkrag nie, "be my guest".  Maar om voorsiening te maak vir 'n moontlike "national blackout", mors jy jou geld en energie.

Maar om voorsiening te maak vir 'n moontlike "national blackout", mors jy jou geld en energie.

Len, ek het nie probeer om paniek te saai nie en vra om verskoning as dit so oorgekom het. Ek wou maar net 'n opsomming van 'n interessante en gebalanseerde aanbieding deel en soos ek genoem het was my gevoltrekking: "Wat ek hiervan weggeneem het, is dat mens moet voorsiening sal maak om selfonderhoudend te wees tydens beurtkrag. Kry 'n gasstoof en inverter met batterye."

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 26/03/2019 - 17:53

Ek sien dit so ...

Dit kan my help as die krag afgaan en dit kan my daagliks ook geld spaar deur van son krag gebruik te maak.

So al die inligting is vir my van belang.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 26/03/2019 - 18:34

Neef se laaste flentertjie. Die beplande netwerk-gekoppelde sisteem vir hier, gaan nie top of the range wees nie, hopelik sal R15k die ding doen. Maar... ek installeer en bedraad als self, koop teen handelaars prys. So ek skat dit sal seker so n  R25k+ wees as jy dit laat doen.

Dit beteken dat die sisteem, sou dit net die beplande 5 eenhede per dag opwek  in 5 jaar betaal wees met dieselfde fondse wat ek aan munisipaliteit sou oorbetaal. Maar as ons n eskalasie van 10% gaan kry, en dit is hoogs waarskynlik, heelwat gouer. Nou met n lewensverwagting van minstens 10 jaar, is daar n heel paar jaar se gratis elektrisiteit. So die som werk. Onthou, ek bly gekoppel, en sou ons n week bewolk is, gaan niks staan nie.

Waar ek dink mens moet versigtig wees is om n stelsel in te sit met die gedagte om terug te verkoop aan munisipaliteit, die eenheids prys gaan te laag wees.

 

.........is 'n wondelike ding. Sien die invertor is nou ('n week later) R2295! surprise 
 

R1518 (op Voorie se link) is 'n helse goeie prys vir 'n uitstekende produk.

Worcester

Wildehont

Fri, 29/03/2019 - 12:17

Sien die invertor is nou ('n week later) R2295!

Toe ek Maandag gekyk het was dit reeds! Nou-nou e-pos ontvang dat myne (teen die ou prys) oppad is van Johannesburg af, maar ek moet 3-4 weke wag vir my deep cycle batterye. 

Roodepoort

HennieBo

Fri, 12/04/2019 - 08:39

Ek het toe my inverter gekoop met die batterye. Ek het self 'n battery boks gebou met wiele en toe gisteraand net op my 1 yskas binne die huis gekoppel. 

Soos die geluk dit toe hê het ons 'n kragonderbreking sedert 1:30 vanoggend. My yskas het nog al die tyd op die inverter gehardloop en my vrou het dit nou so 10 min terug ontkoppel, aangesien ek nie die batterye te pap wil laat hardloop nie. (8 ure)

Ek het presies dieselfde inverter gekoop wat Len het (Mecer 1440W) wat aan 2  x 105AH batterye gekoppel is. Die hele setup het my net kort van R6000 gekos.

Centurion

Voortrekker

Fri, 12/04/2019 - 08:47

Nice Hennie.  Maar wonder ek nou, daai Inverter behoort self te ontkoppel as die battery spanning te laag is om hulle sodoende te  beskerm. Ek glo ook jy behoort baie meer as die 8 ure vir jou yskas te kry, yskas kompressors loop ook nie voltyds nje, maar seker net 50% van die tyd?