Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

50684 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kaapse paaie Paas naweek kamp wessels -1 hour ago
Stene en plankies Ongelyk kampplek wessels -1 hour ago
Nou wat nou... Paas naweek kamp Lapskag -1 hour ago
Sien nuwe penta by goefy… Jurgens Ci- DIE WAARHEID ski -1 hour ago
Dinokeng Willem by Dinokeng Resort wessels -1 hour ago
Dinokeng Resort Willem by Dinokeng Resort Willem Brits -1 hour ago
Julle moet dit geniet!!! Namibië en Botswana Toer HennieBo -1 hour ago

Kan 'n mens ooit so stupid wees ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Tue, 09/04/2019 - 14:41

Nouja, terwyl dit maar sukkel om geselskap op die forum aan die gang te kry, gaan ek 'n bietjie politiek probeer.

Alexandria (Alex) is mos 'n woonbuurt in Johannesburg waar inwoners betoog teen die vlaag van onwettige woonstrukture wat daagliks onbeheersd opskied en tot gevolg het dat die infrastrutuur nie daarmee kan byhou nie. Dis natuurlik een van die gevolge van die regerende party se oopdeur beleid dat mense noord van SA onbeheersd na ons land kan toestroom.

Ek het nogal simpatie met die betogers se beswaar wat Santon en Alex tot stilstand wil dwing totdat daar na hulle geluister word.  Hulle wou hulle beswaarskrif aan die DA-burgemeester, Herman Mashaba oorhandig en gevra dat hy hulle moet toespreek.  Hy weier en daag nie op nie "omdat sy dagboek vol met afsprake is".  Die ANC sien dadelik die gaping en David Makhura, Gauteng Premier, spring in en spreek die betogers toe.  Hy ontvang ook die griefskrif en spreek dadelik af dat die President, Cyril Ramaphosa hulle Donderdag sal kom toespreek.  Slim skuif van die ANC, die land se President en Gauteng se premier luister na die mense van Alex terwyl die DA burgemeestertjie se dagboek "te vol is".  Nou krabbel Mashaba terug hy wil ook Donderdag saam met die President vergader. "Mark my words", hulle gaan hom uitjou.

Wat gebeur oor 'n maand by die stembus ?  Alex se mense gaan stem vir die party wat na hulle luister, of hierdie party iets aan hulle griewe gaan doen, is 'n klagte vir 'n ander dag.

Hierdie tipe onbeholpenheid gaan die DA baie stemme kos.  Kan 'n mens so stupid wees om 'n geleentheid vir guns wen, so deur jou vingers te laat glip ?

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/04/2019 - 14:58

Nouja, terwyl dit maar sukkel om geselskap op die forum aan die gang te kry, gaan ek 'n bietjie politiek probeer.

 Ja, gedink ek moet dalk weer 'n godsdiens draad begin devil

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/04/2019 - 14:59

Alexandria (Alex) is mos 'n woonbuurt in Johannesburg

 Ek ken die plek baie goed.  Het gereeld daar in shebeens gaan musiek maak toe ek vroeg 2000's nog baie house vinyl gespin het smiley

Waar my wa staan

Arie

Tue, 09/04/2019 - 15:59

Len, ja wat kan mens se??

Die DA is [ongelukig] baie vinnig besig om agteruit te boer, nie lank nie dan is dit ook maar een van die afgewaterte partye.

Ek wens so dat die politici en die staats amptenare 'n slag wil besef dat hulle eintlik in ons diens is. Hulle glo hulle doen jou 'n moewiese guns om na jou te luister, of hemele behoed jou dalkies moet help????

Ek ken Alex ook redelik goed het so 10 jaar terug so 15 maande daar spandeer om eiendomme op te spoor wat deur die vorige regering onteien was - sonder vergoeding, ja dit is reg onteiening sonder vergoeding is 'n stok ou ding wat deur die destydse Nationale Regering begin was.  Sekere regs maatskappy wou 'n klas aksie begin om of die eiendom terug te kry of vergoeding te kry. Omtrent meeste van die ou titelaktes was vernietig of kon nie gevind word nie.

Voor 1948 het daar heelwat nie blankes grond besit met titelaktes. Wat van die saak geword het weet ek nie, ek het kop uitgetrek toe dit my te veel tyd in beslag geneem het en ek teen 'n verlies begin werk het.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 09/04/2019 - 16:04

Ja, gedink ek moet dalk weer 'n godsdiens draad begin 

Dan pokkof ek vir goed. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 09/04/2019 - 16:13

... ek deel jou standpunte 100%. Ek is egter lugtig om politiek op hierdie forum te praat (soos wat ek is met enige verdere deelname aan godsdiens of ander riskante onderwerpe is). Dalk is ek te lig in die broek vir sulke ernstig-aktuele onderwerpe. Stem gaan ek stem. Maar ek verskil van opinie om my stem uit te bring vir die sterkste opposisieparty. Met ons huidige kiesstelsel is jou stem beslis nie "gemors" as jy vir 'n kleiner party stem nie. En daarmee volstaan ek wat my kommentaar op politiek aanbetref.

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 09/04/2019 - 16:27

Ek sal my nie weer blootstel aan n gods diens draad nie. smiley Sal maar my bek hou. devil

Met dit die vorrige een is ek afgegooi as admin lid en is ook verwyder van die Facebook groep. Vriend of vyand? 

Was dit nie vir my sterk onderbroek rek nie, was ek seker ook hier weg. smiley​​​​​​

Gelukkig het ek vas gebyt en besef kamp is koning en kamp vriende is egte vriende. 

Ek is deur die meeste aanvaar soos ek is. Net soos ek almal aanvaar met hulle foute.

Oor die politiek kan ek ook nie saam praat nie, want ek weet nie vir wie om te stem nie. 

Vrede vir almal. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/04/2019 - 16:42

Dan pokkof ek vir goed. 

 Ek sal vir Harry vra om vir jou 'n paar van sy onderbroeke te stuur cheeky

verwyder van die Facebook groep

Harry jy moet maar by Deon gaan kla daaroor? wink

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 09/04/2019 - 18:35

Neef is so gatvol vir die onbeholpe politici dat ek kan kots. Totale klomp idiote wat nie die vaagste benul van wat hul werksbeskrywing is, of hoe om dit te probeer uitvoer nie.   n Totale gekkeparadys waar een oog werklik die koning is.

Iemand het al hier genoem dat die poltiek in ons land soos godsdiens is vir die groot meerderheid, ek stem volkome saam. So Lennie, dan sal ek my nie te veel steur dat die klomp gaan oorloop nie. Op die manier sal die ANC ook aan bewind bly tot aan die einde van dae. Ek meen, hulle foute is heeltemal aanvaarbaar vir hul kiesers, en al is munisipaliteite bankrot, infrastruktuur vernietig, pensioengeld gesteel, laat ek liefs ophou raak net verder ontstel, gaan die kiesers lojaal bly. 

Ek sou graag wou stem waar ek werklik tuis voel, maar weet regtig nie waar nie.

Genoeg gesé.

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 09/04/2019 - 18:49

Anton, ek kla nie, ek weet Deon het my verwyder sonder om my te vra of te sê.

Ek het dit nie ge like nie, hy het my ook nie gevra nie. Was admin daar ook. Nie eers besef ek is af, tot ek agter gekom het ek kry nie meer navraag oor mense wat wil aan sluit nie. Het maar besluit om af te bly van FB. Sien nie nut nie.

Weet nie of hy my ook afgehaal het as admin op die KampForum groep nie. 

Klink of hy baie dinge aan gevang het uit woede. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/04/2019 - 20:08

................so tussen die lyne dat ons almal soos Neef gatvol is vir die politici, vir die hele lot van hulle !

My onderwerp het gelukkig die teiken getref, net om 'n bietjie gesels-reaksie te kry ! Natuurlik propageer ek nie 'n stem vir 'n spesifieke party nie, my punt was net eintlik om te wys hoe dom kan 'n politieke party  (of indiwidu) wees om die bal direk in die hande van hul teenstander te speel !

Ek sou graag wou stem waar ek werklik tuis voel, maar weet regtig nie waar nie.

Ek voel presies dieselfde, maar iewers sal ek my kruisie moet trek, al is dit dan net om myself  tevrede te stel dat ek teen die huidige bestel gestem het. indecision 

Worcester

Wildehont

Wed, 10/04/2019 - 08:26

Die probleem met politici is dat daar nie minimum vereistes gestel word om 'n politikus te word nie. Verder is daar cadre deployment of soos ons dit voor '94 genoem het "baantjies vir boeties". Laastens sal 'n politikus enigiets doen of belowe net om verkies te word want anders is hulle oor 5 jaar sonder werk en 'n (helse) inkomste.

Jy kan dus nie 'n woord glo wat uit hulle monde kom nie en moet hulle maar takseer op hulle werksverrigting. Ek werk self in plaaslike regering en die voormalige ANC regering en huidige DA regering verskil soos dag en nag in ons dorp en provinsie. Ek gooi dus my stem by die laasgenoemde want ek is tevrede met hulle werkverrigting.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/04/2019 - 08:21

Nouja, ou Herman Mashaba (Johannesburg burgemeester) het nou uiteindelik 'n tydjie in sy vol dagboek gevind en gaan vandag na die mense van Alexandra luister.  Of hulle gaan praat is 'n ander storie, want die ANC President en die ANC premier het klaar na hulle geluister.  Ek glo die president en premier het oulike beloftes gemaak (soos gewoonlik), maar die uitvoering daarvan sal soos in talle ander gevalle faal.

Luister/kyk gerus na vanaand se nuus, die grootste praat van Hermantjie gaan die "blaming game" wees  -  hy sal net die skuld vir Alex se probleme op die ANC pak en niks meer nie.  En dan sit die Alex mense net waar hulle was !

Secunda

Sleep nou

Mon, 15/04/2019 - 17:54

Die manne met die dik brille word betaal (steel ook ) om land aan die gang te hou wat gebeur alles stort in duie geen respek vir mede mens nie party mense kla en kla maar betaal nie vir die diens wat gelewer word nie sodra hulle sin nie kry plunder en brand hulle af en more toi toi hulle want dit wat afgebrand is is nou weg my 2c

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/04/2019 - 21:19

................soos 'n mens kon verwag is die burgemeester toe weggejaag deur Alex inwoners en hy het nie eers die geleentheid gehad om die blaam voor die deur van die ANC te lê nie.

En soos Voorie se foto hierbo sê, Prez se beloftes totaal onmoontlik !

Weer net 'n verkiesing foefie.

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 16/04/2019 - 07:11

Ons het afspraak met burgermeester gehad oor dienste.

Hy was amper n uur laat. 

Baie mense het toe al huistoe gegaan.