Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58427 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
3 watt LED Baterye en dinge wessels -1 hour ago
Stoffel, netjies en prakties👍 Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Ek het sommer rond gespeel… Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Stem saam met Willem, daai… 210 lt Model BS213 Bauer… Johann L -2 hours ago
Ek het n "smart charger" op… Baterye en dinge Harry Du Randt -2 hours ago
Dit is soos wat dit lyk… Baterye en dinge Dusty -3 hours ago
Ek het weer my eie volt… Baterye en dinge Dusty -3 hours ago

Amateur kan

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Mon, 13/05/2019 - 18:56
Forums

Dagse maters.

Synde ons nie juis kan wegkom vir n langerige kamp nie, moet neef hom maar besig hou. Hier is n harde kappie vir die Triumph wat seker al twee jaar gelede as geskenk ontvang het. Die dakkies is vreeslik skaars, jy sit dit op as nodig, en haal weer af as jy wil. Onthou nou dat daar 40 jaar verloop het sedert die vervaardig is, en die Engelse staal was maar bra goor gehalte, dus is die wat buite gele het vrot geroes.

So besluit ek dat dit nou tyd raak, seker al n maand gelede, en na n dag of twee se staar, en staar, is daar begin. Vandag die eerste laag swart opgesit, die dakkies het swart van die fabriek gekom.

Kappie

Redelik roes op, kyk die teenoorste kant binne. 

Kappie1

Sweis stukkies in waar nodig.

Kappie 2

Die dak het duidelik buite gele, lyk of dit hael gekry het van bo en onder.  Nadat die duikies uitgetik is, word onderlaag gespuit en dan n lagie swart. Sodra mens skuur totdat metaal begin deurkom, sal die swart die lae gedeeltes uitwys. Ons praat nou van regtig klein depressies. Hier is helfte geskuur. Die proses word herhaal totdat die skuur nie meer swart wys nie, en net n konstante onderlaag kleur.

Kappie 4

Volgende soek mens die klein merkies en vul dit met n baie fyn vuller. 

Kappie 5

En daar lyk dit sommer spiekeries. Dit blink so mooi die berg se refleksie wys .

Kappie 5

Volgende moet daar n voorbeeld gemaak word vir die ruit, dit gaan ook n rukkie se staar wees.......

Groetnis.

 

 

 

Middelburg

Noel

Wed, 15/05/2019 - 10:01

Neefm baie sterkte met jou projekte. Sien jy het groot liefde vir restaurasies en daai bakkie sal smart wees saam met die Jurgie. Jy doen baie netjiese jop yes

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/05/2019 - 13:48

Willem , nog nie seker oor kleur nie. Vir nou word dit geskuur met rubbing compound en dan n helder laag gespuit, bo-oor die roeskolle. Soos gese, wil eers meganies regmaak, en bietjie geniet. Sal ougat wees wees om Jurgie te sleep, gaan verseker n paar koppe laat draai.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 15/05/2019 - 18:49

De Soto by die skuur onder n afdakkie. Bietjie gewas, wiele afgehaal, die remme is vreeslik vas.  Enjin gedraai met slinger, loop glad, dit is goeie nuus. Vanaand so opgewonde soos n laaitie met n nuwe bicycle.

De Soto