Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58199 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lank lewe padkos!  Padkos of Take Aways? Voortrekker -53 minutes ago
Johann, dit is baie nice… Inverters ... Noel -53 minutes ago
Willem, jy is baie fluks… Willem en Verf Noel -1 hour ago
Martina Martinlova (… Tennis Noel -1 hour ago
Goeie dag maters. Geniet… Augustus 2019 Koffiekroeg Noel -1 hour ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago
Nee gesie Augustus 2019 Koffiekroeg Sleep nou -3 hours ago

Mei 2019 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Wed, 01/05/2019 - 03:46
Forums

Goeie môre Kampvrinne. 

Die 5 de maand het aan gebreek.

Mag elkeen n heerlike vakansie dag geniet 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 15/05/2019 - 07:13

Goeie môre Stoffel, Hennie, Anton, en almal wat nog gaan kom inloer, julle moet jul dag geniet.👍 

Hier is dit effens koel vanoggend, klink my die winter steek nou sy kop uit.

Secunda

Sleep nou

Wed, 15/05/2019 - 07:16

More almal laat loop met die koffie /tee ja die winter steek sy kop uit julle moet n gatskop dag he vrede

Middelburg

Noel

Wed, 15/05/2019 - 09:16

Goeie more almal. Bly dit gaan goed met almal en dit gaan ook goed met my dankie. Sterkte Stoffel en hoop dat dokter sal se dat jy gereed is om te bestuur. Mag julle n wonderlike dag sal he !!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 15/05/2019 - 10:59

Goeie môre ook uit Brackenfell !

Lekker herfsoggend hier met 'n effense lastige luggie wat waai.

Lekker dag aan almal  -  dis darem al afdraende naweek toe !

Port Elizabeth

Antie

Wed, 15/05/2019 - 13:09

Ek hoop almal het 'n lekker dag sovêr.   Hier by ons roer die wind vandag.   Ons het egter nie tans 'n winter koue nie, selfs snags het jy nie daai ekstra kombers nodig nie.

Mooi loop die res van die dag!

Centurion

Dusty

Wed, 15/05/2019 - 19:53

Naand mede kampers. 

Spesialis en fisio is baie tevrede met my herstel na die operasie. Dus, operasie was 'n sukses. Kan binnekort weer aan kamp begin dink. 

Rustige aand vir elkeen

Centurion

Dusty

Thu, 16/05/2019 - 04:19

Goeie môre almal. 

Amper weer naweek. Nog 'n week wat besig is om verby te vlieg. 

Sal die koffie aan die gang kry sodra ek op kantoor kom. 

Lekker dag vir elkeen.

Roodepoort

HennieBo

Thu, 16/05/2019 - 05:55

Goeie môre Stoffel. Ek drink saam.

Baie bly oor die vordering na jou rug operasie. Jy moet dit maar nogsteeds rustig vat.

Mag almal 'n lieflike dag hê.

 

Port Elizabeth

Antie

Thu, 16/05/2019 - 06:47

Ek slaap deesdae later maar is vanoggend weer vroeër op.  Nou wag ek dat dit moet lig word, dan gaan ek stap.   Ek het inkopies om te gaan doen vandag en wil hare laat sny.   Julle moet jul dag geniet en hoop dit is so rustig moontlik vir almal.