Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -1 hour ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -1 hour ago
Ek glo nie jou wa se BVM is… Sleep in 5de rat Wildehont -1 hour ago
Dis nou waar die probleem inkom WilSur se 2011 Exclusive Krag… Willem Brits -4 hours ago
Kruger wildtuin staking WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -4 hours ago
Dankie Noel. Dis nou waar… WilSur se 2011 Exclusive Krag… leeu -4 hours ago
Tesla. Ombou van jou bakkie van… Leeutemmer -4 hours ago

Junie 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Sat, 01/06/2019 - 05:23
Forums

Goeie môre almal. 

Eerste winter maand het aangebreek. Gaan nou koffie maak. Is nou terug by die huis. Week het verby gevlieg. 

Lekker koelerige dag vir elkeen. 

Port Elizabeth

Antie

Thu, 13/06/2019 - 11:08

Hello, almal op die forum.   Dit is lekker koud in die Baai.  Behoorlik winter.  

Voories, jy sien omtrent uit na die kamp die naweek.   Ek hoop julle gaan nie vreeslik koud kry nie.  Geniet dit en veilig ry.

'n Vriend van ons word 60 vandag en ons genooi vir 'n braai vanaand.  Sal maar dik klere aantrek.

Geniet julle dag, vol liefde.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Thu, 13/06/2019 - 12:48

Hoop julle het 'n heerlike dag. 

Freda, hier by ons ook baie koud. En hierdie bors wil nie beter nie. Ons was van plan om Sondag Baai toe te gaan en saam met my swaer- hulle Vadersdag te vier, maar as hierdie slegte hoes aanhou weet ek nie.

Suzette vra wat sy vir my kan gee vir vadersdag. Ek sê niks dankie, ek is mos nie jou pa nie. Ek vermoed sy het nie my antwoord waardeer nie...

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 13/06/2019 - 16:27

Goeie middag almal, hoop julle het 'n lekket dag agter die rug.

Sarel, klink jy jy het my aan gesteek, was gister heeldag plat,  vandag dokter toe, blykbaar het hy onthou van my vrees vir inspuitings, toe ek weer kyk, het so kort sustertjie my daar beet, die res is geskiedenis. 😰

 

Secunda

Sleep nou

Fri, 14/06/2019 - 03:06

Koffie loop soos stroop dis lekke koud Johan sterkte met die verkoue ding die wat  gaan kamp geniet hom die wat reeds kamp lekke vrede

Centurion

Dusty

Fri, 14/06/2019 - 04:11

Goeie môre almal. 

Shaun, is nou weer jou beurt vir staarsiekte.

Al die kampers moet veilig en versigtig ry. Geniet die kamp baie.

Vandag die roudiens van vriend/kollega. Ons het vir 30 jaar saam gewerk. Dit was by vorige firma en ook by die huidige een. 

Lekker Vrydag vir elkeen. 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 14/06/2019 - 04:24

en al die ander lede wat nog moet wakker word.

Ons lê alweer van net na 3 af wakker agv hierdie blerrie gehoes van my. Drink nou maar koffie. Moet sê, ek voel darem nou so 'n bietjie beter.

Dis hier net so dêm koud - maar die reën bly weg.

Lekker dag vir almal

Centurion

Dusty

Fri, 14/06/2019 - 04:29

Môre Sarel. Ek het ook so van net voor 3 uur wakker gelê en wag vir die tyd om op te staan.

Ek drink gewoonlik koue water net voor ek uit die huis uitgaan. Dit koel my lugpyp af. Ek glo dat dit my gesond hou. 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 14/06/2019 - 04:34

Jammer om te verneem van jou kollega. 30 jaar is 'n lang tyd...

Middelburg

Noel

Fri, 14/06/2019 - 06:16

Goeie more Stoffel, Sarel en Shaun en ander maters. Sarel, klink amper jy het kwaai brongitis en baie sterkte met jou beterskap. Stoffel, ek drink ook elke oggend voor ek werk toe gaan 2 glase water en dit hou my liggaam temperatuur konstant met buite se temperatuur. Dit is nou tyd om gereed te maak om die karavaan te hak en op die pad val. Nog 280km om te ry na Aasvoelkrans toe. Hopenlik sal ons teen 11uur daar aankom. Besig om padkos te maak laugh​​​​​​.  Sien julle by Aasvoelkrans yes

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 14/06/2019 - 06:48

Goeie môre almal, geniet die dag en lang naweek.

Julle mense wat die saamtrek gaan bekruip, wees veilig, en geniet elke oomblik, dit beloof om 'n baie lekker kuier te wees👍

Almal wat gaan kamp, of net op die pad gaan, ry versigtig.

Sarel, stetkte met daai honde siekte, ek is gelukkig, na daai inspuiting, is ek van more perdfris en gesond. My liggaam is nie gewoont aan medikasie nie, dus reageer dit blits vinnig op dit, of ek is so bang vir nog een, ek het my gesond geskrik😂

Môre mense. Sterkte vir al die siekes.

Hoop die wat kamp geniet dit!! Ry veilig.

Ek gaan nou wel nie kamp met my wa nie maar gaan môre bietjie daar by die Capital Craft bier fees "uitkamp" 

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 14/06/2019 - 07:41

Dit is naweek.

Die mense wat gaan kamp, julle moet veilig ry en geniet.

Ander wees veilig en geniet julle lang naweek.

Centurion

Dusty

Fri, 14/06/2019 - 07:55

Hier in Kempton is vanoggend  baie mis in die lug Mis soos in vogtigheid. Kan nie ver sien nie. Vanoggend toe ons gery het was hier geen mis gewees nie. Dit het so vanaf half ses begin mistig raak

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 15/06/2019 - 02:05

Goeie more Kampforum.co.za, ek sit nou weer vir die tweede nag in 'n ry met staarsiekte.

Beker tee in die hand,en gaan nou mar 'n Deon Meyer lees.

Julle moet die nag geniet.