Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -35 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

So bietjie nostalgie

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Tue, 06/02/2018 - 19:22
Forums

Lank, lank gelede......

Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinders..  'alie'-tyd by die skool met n ghoen.... touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, dan swem in die sinkdam of skoon riviere.  Kamp op die stand was nie taboe, 'n swaai gemaak van tou met tamatie kasplank vir sitplek aan die groot appelkoos-boom; foefie slide se seer boude. Rugby op die oop stuk veld; tennis en spoorsny in die grond strate.

Die reuk van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie??"gues who dies on the bus today?

Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek vêr was; toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan. Husse met lang ore!!

Honderde muskietbyte toe jy met oop vensters kon slaap, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. In winter is dit op mielieblare speel, ai ai daai aand as jy bad die brand!  Taaitoffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' en boomklim; modderkoekies bak.

Skooltoe loop sonskyn of reen. Ringe ring a rosy speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Onder die hande klap, wolf wolf hoe laat is dit? Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...
Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.

Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë sjokolade poeier met suiker vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaak koeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en Sharps taai toffies;  malvalekkers, vissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'

Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT of netbal wedstryd.

Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 10 tot 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.

Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.

Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.

Die lekkerte van by die padkafee of drive-in gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.

Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk gesteek was en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.

Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.

Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......

Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo." Olka bolka riebietjie stolka om te besluit wie gaan toehou! Foute was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."
Geldsake was net in 'Monopoly."
Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.
Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.

'Verdowingsmiddel' het beteken "Milk van Magnesia" of Lewensessens.
Moed is ontdek as iemand jou "dare".
Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.

As jy meeste van die dinge onthou, dan het jy  G E L E W E!

Geniet en vertroetel die nagedagtes. Dit was wonderlike tye!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 17/05/2019 - 18:44

Wildehont, julle moet dit geniet.👍 

Ook juis om daai rede vat ek my kleinkinders hier in SA gereeld om te gaan kampeer, hulle geniet die buite lewe verskriklik,  Adriaantjie het sy take wat hy moet verig as ons opslaan, en klein Armand, hy begin ook nou sy takies te kry. Dit is deel van die pret.

Mens moet die lewe vat soos hy kom, en die beste van elke situasie maak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 04/06/2019 - 17:31

.................was dit nog tweetalig en deesdae is dit net SABC !

Port Elizabeth

Antie

Wed, 26/06/2019 - 07:23

Voories, dit is omtrent nostalgie.   Ek onthou presies toe KFC in ons land begin het.  Ek het 'n kantoorwerk gehad en 'n KFC het oorkant ons gebou oopgemaak.    Nou onthou ek toevallig wat my salaris daar was, daai tyd: R180.00 per maand.   Dan val daai pryse in plek, né?laugh   

Daai LM Radio aanbieders het ek almal geken, veral Evelyn Martin was baie gewild.  Dit is skoon hartseer om hulle te sien.   Ja, en sulke treinritte sal daar seker nooit weer in ons land wees nie.crying