Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -9 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -10 hours ago

Ford is en bly maar die beste!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Tue, 22/05/2018 - 15:26
Forums

Al die gepraat oor karre maak my baie nostalgies.

Soos party dalk al agter gekom het hier ek is nogal 'n groot FORD aanhanger, maar dit is maar net omdat Ford die beste is, behalwe as mens na eksotiese motors soos Ferrari, Lambo en sulke goed gaan kyk, ongelukig is daai motors so effens buite die gemidelde forum gebruiker se finansieele vermoens, altans ek dink so?

Ford het in 1958 begin om hulle enjins vir formule 1 wedrenne in te skryf. Keith Duckworth en Mike Costen het 'n maatskapy gestig genaamd Cosworth, hulle het onder leiding van Ford UK begin om die basiese Ford enjin so bietjie te toor.

Baie mense glo [verkeerdelik] dat ford die mees suksesvolle GP enjin was, maar nee Ferrari onder leiding van oubaas Enzo kry daai eer, 216 GP 1ste plekke vir Ferrari en 176 vir Ford, die twee oortref al die ander vervaardigers by ver, ek dink die een wat naaste kom is Mercedes met 95!

Ford het wel die GP heeltemaal oordonder in die jare 1968 tot 1982 met 12 uit 15 drywer  oorwinings en ook 10 vervaardiger wereld oorwinings, en 'n fantastiese 131 'pole positions" Verder het hulle ook heelwat Indy 500 oorwinings gehad met hul enjin.

Michael Schumacher het sy eerste oorwining in GP met 'n Ford behaal in 1992 en in 1994 sy eerste wereld titel nog steeds met Ford.

Die eerste ford GP enjins was 1500 cc 4 silinder van van 63 tot 66, 67 het hulle 'n 1600 enjin gebruik en toe einde 67 oorgegaan na die 3lit Essex motor, natuurlik met Cosworth ombouing.

Die basiese blok was maar presies soos die een in 'n standaard Cortina met net twee silinders aangelas.

1986 het hulle afgeskaal na 'n v6  1.5 lit turbo, maar in 87 het hulle terugegaan na die v8 3 lit, met een of twee jaar tussen in met 'n 3 lit v10. van daar het hulle 'n v10 3 lit gebruik maar in 2010 tot huidig weer afgegaan na v8 2.4 lit.

Die geskiedenis wys dat daar min vervaardigers is wat by Ford UK kon kers vas hou, so los maar al die Jap, Chinese, Indiese, koreaanse en wie weet wat nog se karretjies, dit is nie 'n patch teen Ford nie. Die Duitsers kan dalkies net moontlik naby kom maar ook nie heeltemaal nie.

So paar interesante feite; Die bestuurs posisie in 'n GP motor moet seker een van die mees ongemaklikste wees wat daar is, sien eerste foto.

Die sitplek is nie opgestop nie maar soliede Kevlar!

die laaste 3 fotos is maar net prenties van seker die mooiste gesig op aarde, daai enjins maak my [amper] meer opgewonde as 'n pragtige jong dame.Drivers position

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 23/07/2019 - 07:23

Jy het mos VW Amarok gery voor jy oorgeslaan het na HiLux. Wat was jou rede ?

Centurion

Voortrekker

Tue, 23/07/2019 - 07:52

Ek sal maar gaan vir die Mahindra.   Sien die Cruiser manne hou van veelwywery, die Hilux man slaap met sy sekretaresse en die Ford outjies ......

cool

Pretoria

Slowstrike

Tue, 23/07/2019 - 08:16

Ek ry nou ook `n Ford en was heel verbaas toe die verkoopsman wou weet watter kleur my plaveisel is. Toe ek die ding loop haal was daar 5 liter colour coded olie in die bak wat by my plaveisel se kleur pas.

Siedaar !!! Geen olie kolle in my driveway

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 23/07/2019 - 08:21

... soos met baie ingevoerde voertuie kan jy baie lank wag vir bakwerk-onderdele om ingevoer te word. Persoon wat Vrydag hier by Eiland Spa aangekom het, het in Magoebaskloof onder 'n stilstaande hout-lorrie ingery met sy Mahindra SUV (ek weerhou die detail wat daartoe aanleiding gegee het). Die enjinkap en verskeie ander bakwerkdele is inherstelbaar beskadig en moet noodwendig vervang word. Hy's gister meegedeel dat hy sowat 'n maand moet wag vir die betrokke onderdele alvorens herstelwerk kan begin.

Ek't al soortgelyke situasies van ander kompleet-vervaardigde ingevoerde voertuie gehoor. Daarom sal ek maar bly by plaaslik vervaardigde voertuie.

Môre vriende

Na aanleiding van Voortrekker se inset boontoe, het ek maar die gewigte besluit geneem om my sleepvoertuig van 'n eenvoudige Hilux na 'n veelwyfse Cruiser op te gradeer.

Dit lyk net na 'n pretteriger [inplaas van "tougherer" voertuig te wees.

Groete

Wessel

 

 

Waar my wa staan

Arie

Tue, 23/07/2019 - 16:41

Ok maar goet was nie ń Ford wat daai Cruisertjie gestamp het nie!

Anders was daar nog ń Cruisertjie op die scrapyard en ń Ford wat hoogstens ñ skrapie gehad het.

Soos Frik sê Toys is maar sag net soos hul eienaars.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 27/07/2019 - 14:17

Kyk nou na die nuwe Everest 2.0L bi-turbo.

.

.

.

Volgende VW Amarok gaan op die Ranger se onderstel gebou word ?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/07/2019 - 20:41

Gepraat van die Ford 'badge'. Ek verstaan dit was eers rond. Van al die frustrasie met die enjinkap se toeslaan, het die oorspronklike ronde 'badge' in 'n ovaal-vorm verander.

Centurion

Dusty

Sun, 28/07/2019 - 05:39

Chris, as jy wil sien dat 'n draadkar olie lek plak net 'n Ford "badge" op dit.

Ek dink weer 'n voertuig bly maar die beste. Die slim mense reken dat indien die voertuig nie ontwerp was nie dan sou die wêreld al onder 10 voet perdemis gewees het.

Na meer as 4 jaar sleep my brand kar nog lekker. Ek geniet dit nog steeds. Het nog net 3 probleme gehad. Eerste een was hael wat dit vol duike geslaan het by  'n kamp (Drakensville) . Tweede een was 'n vrou wat van agter in my vas gery het by 'n verkeerslig en derde een was toe ek 'n kraan by 'n kamp (Hartbeeshoek) gehaak het. 

Secunda

Sleep nou

Sun, 28/07/2019 - 06:26

Ja die Ford hou van hom haat hom hy al diep spore gelos in SA