TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62606 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann, die "payslip" laat… Lag 'n slag Dusty -46 minutes ago
Arie, hoe gaan dit daar by… Geduld. Dusty -52 minutes ago
Goeie môre almal. 
Desember 2019 - Koffiekroeg Dusty -57 minutes ago
Vat hom Kamp met.....reen.. Sleep nou -1 hour ago
Warren gaan groot Silly season again... I'… Sleep nou -1 hour ago
Petrol dorp Reën.............. Sleep nou -1 hour ago
Ek sien dit Ontgroening? Sleep nou -1 hour ago

Jurgens Explorer 2002 Ja of Nee?

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 31/07/2019 - 12:37
Forums

Ons kampeer gewoonlik met ons Venter Bushbaby met sy daktent. Dis vir my en die gesin heel lekker maar soms jeuk mens se agterstewe mos. 

Ek kan nie ‘n R300k karavaan bekostig nie (ek kan skaars ‘n R100k ou 2de handse een bekostig) en het ‘n boswa nodig agv die soort plekke waarheen ons graag gaan. So snuffel ek rond en sien ‘n 2002 Jurgens Explorer met tent by wat ek amper kan bekostig. 

Nou wil ek weet; is hier van julle wat ervaring het met die wa, en veral so ou een? Ons is ‘n gesin van 4; ek en mamma (albei aan die langer kant) en boetie (4,5 jaar) en sussie (2,5 jaar). Ek soek nie ‘n huis op wiele met 2 slaapkamers, ‘n vol kombuis en en suite geriewe nie en soos genoem moet ek Kgalagadi toe kan gaan. Kan (so ou) Explorer werk vir ons? Ek sleep met ‘n 2011 Everest 3,0 TDI 4x4 auto. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 10/08/2019 - 07:43

Chris, dit gebeur baie, moet nooit enige geld oor betaal vior jy nie 100% seker is nie, ai so baie mense verloor so baie geld en daar is niks wat wat hierdie boewe gaan keer nie.

 

Worcester

Wildehont

Sat, 10/08/2019 - 08:57

Hulle sal my nie vang nie. Ek betaal nie ‘n sent voor ek die voertuig gesien en getoets het nie. Ek is net die hel in dat ek onnodig opgewonde geraak het. 

Middag Chris

Nou dat ek weer na die foto kyk, besef ek dat dieselfde wa al van verlede jaar Maart 2018 adverteer word. Ek het daardie tyd ook ernstig gesoek na 'n Kavango. 

Dit is veral die huis en garages in die agtergrond wat bekend lyk vir my.

Hou moed, die regte wa sal op jou pad kom.

Groete

 

Die naweek met my geligte Rapier en sy 14" bande n boskamp besoek saam met my swaer se Jurgens Explorer.

Die Rapier her elke donga met gemak gevat en kon presies kom waar die Explorer gaan.

Hy is self hoer as die Explorer, ek moes voor die tys net al die kassies versterk en na die grondpad was alles in plek, niks gebreek nie en die wa in 100% kondusie.

Natuurlik baie mooi gery en daar was geen stof in die wa nie.

Vir die prys, gerief en veiligheid, 100%

Worcester

Wildehont

Mon, 12/08/2019 - 22:19

Wat van die Imagine Comfortvan? Dit lyk vir my na 'n oulike wa. Ek hou van die stort wat ingebou is (nie uitskuif soos die Kavango nie), dit lyk of dit meer pakplek (kompartemente) het en dit is aansienlik ligter as die Kavango. Is hier iemand wat een het of iemand ken wat een het en 'n mening kan gee?

Môre Wildehont[ Chris?]

Nou kom jy reg, ek kan aflei dat julle nou ernstig begin soek en al die tipe waens se voor-en nadele opweeg. Ek het deur dieselfde oefening gegaan en dit het my ongeveer 3 jaar gevat. Hoofsaaklik om iets te vind wat ook in my beursie sou pas.

Jy moet gerus ook na die Bush Lapa produkte gaan kyk. Indien jy ook so effe onhandig soos ek is, is dit baie voordelig om naby die verskaffer/agente te wees. Bush Lapa het verskeie produkte wat met die vele slaapplek opsies jou behoefte kan bevredig---slaapplek vir kinders binne, totdat hulle kan uitskuif na buite tente. .

Lekker rondsnuffel, dit is ook 'n lekker periode om mens se wa te soek.