Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58553 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Soos julle kan sien is die… 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -3 minutes ago
Daisy is weer terug. 1966 Jurgens opknap Miss Daisy -14 minutes ago
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -4 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -4 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -5 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -6 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -6 hours ago

Jurgens Explorer 2002 Ja of Nee?

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 31/07/2019 - 12:37
Forums

Ons kampeer gewoonlik met ons Venter Bushbaby met sy daktent. Dis vir my en die gesin heel lekker maar soms jeuk mens se agterstewe mos. 

Ek kan nie ‘n R300k karavaan bekostig nie (ek kan skaars ‘n R100k ou 2de handse een bekostig) en het ‘n boswa nodig agv die soort plekke waarheen ons graag gaan. So snuffel ek rond en sien ‘n 2002 Jurgens Explorer met tent by wat ek amper kan bekostig. 

Nou wil ek weet; is hier van julle wat ervaring het met die wa, en veral so ou een? Ons is ‘n gesin van 4; ek en mamma (albei aan die langer kant) en boetie (4,5 jaar) en sussie (2,5 jaar). Ek soek nie ‘n huis op wiele met 2 slaapkamers, ‘n vol kombuis en en suite geriewe nie en soos genoem moet ek Kgalagadi toe kan gaan. Kan (so ou) Explorer werk vir ons? Ek sleep met ‘n 2011 Everest 3,0 TDI 4x4 auto. 

Kyk ook na Afrispoor Serval

Lyk netjies maar volgens hulle webwerf is dit net 'n 2-bed. Die Cheetah is beskikbaar as 'n 4-bed. Ek kan nie sien wat dit weeg nie maar dis van vlekvrye staal so ek dink dit kan dalk aan die swaar kant wees. 

Uit my navorsing sover lyk die Imagine Comfortvan vir my die mees aanloklike opsie want dit weeg leeg net 860kg. Daar is egter baie min van hulle beskikbaar 2de hands. Die Echo Kavango is baie meer geredelik beskikbaar 2de hands maar dit weeg 200kg meer as die Comfortvan leeg en die stort skuif uit. Die Comfortvan s'n is ingebou en dit het meer pakplek binne en in die kombuis. My idee is om ligter goed soos klere in die wa te pak sover moontlik om plek in my Everest te maak, want dis altyd tot teen die dak gepak agter.

Die enigste probleem met al die goeie raad hierbo is dat die raad om en by verby die R 200 000 kerf is.

Die Hont soek juis iets wat nie n besoek aan die bankbestuurder regverdig nie.

Môre Chris

As ek reg onthou, is die Afrispoor Cheetah en die Kavango se massas baie naby. Kontak gerus die eienaar en vra die ontbrekende info aan. Ek het dit gedoen en hom baie behulpsaam gevind. 

Ek wil jou aanraai om na waens te kyk wat steeds gerugsteun kan word deur verskaffers. Word die Comfortvan steeds vervaardig, ek weet nie.

Wessel