Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -53 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Lennie en Addo Olifantpark, Bergkwagga Nasionale Park & Karoo Nasionale Park

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Wed, 27/03/2019 - 20:29
Forums

Teen hierdie tyd weet almal seker dat my Kruger Wildtuin-trippie in Meimaand gesneuwel het om twee redes :- 

(1) Ons kampmaat het sy been gebreek met die val van sy bergfiets

(2) My annerhelfte moes 'n dringende rugoperasie ondergaan

Die twee pasiënte vorder tot dusver baie goed en ons het toe maar besluit om hierdie jaar se Kruger Wildtuin-trippie eerder te laat oorstaan tot Mei 2020 sodat die twee ou kranklikes behoorlik kan herstel.

Maar, en dit is nou die GROOT MAAR, ons gaan einde Augustus 'n draai maak by Addo, daarna by Bergkwagga Nas. Park en dan ook by Karoo Nasionale Park.  Die afstand om met die twee ou kranklikes te ry is darem nie sover soos Kruger toe en terug nie (± 5000km) teenoor die sirkel-trippie na hierdie drie wildtuine van omtrent 1800km.

Die besprekings is gedoen en ons sal op 26/8 ingaan by Addo  -  nog 152 dae !

Ns. Ek is nou besig om te beplan hoe ek Freda se blouaap en sy trawante gaan uitsorteer indien die Parkbestuur dit nog nie gedoen het nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/08/2019 - 09:33

Nog 'n opdatering :

Oor 6 dae, eerskomende Sondag, pak ons die pad van 900km aan na Addo Olifantpark, noord-oos van PE.  Maar hierdie oubaas sleep nie so ver op een dag nie en die plan is om na 500km by Keurbooms Karavaanpark, anderkant Pettenberbaai, te oornag.  Ons was nog nooit daar nie en hoor graag kommentaar oor die oord.

En dan, vandag oor 'n week sleep ons die laaste 400km om so teen middagete by Addo in te trek.

Dus, van vandag af is dit volstoom om dinge gereed te kry vir hierdie kort vakansietjie na drie Sanpark oorde.

Môre Len

Lekker om weer van jou 'n inset te sien.

Ek hoop jou sirkel-sleep deur die genoemde parke is net lekker, sonder enige peobleme.

Ek was nog nooit by enige van die drie nie, en sal jou terugvoer geniet. Dit sal ook interressant wees om te verneem van watter roetes jy gery het.

Groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 13:41

Len, ek voel sommer saam met jou opgewonde oor die toer, my hart brand om weer te haak, maar helaas, ek moet nog tot mid September wag.

Soos genoem, is ek ook in af wagting om van jou roete en ondervinding te lees, ons almal baat baie by jul deuglike terugvoering. Veral gesien in die lig dat ek DV 2021 van Sasol, Melkbosstrand tot Addo wil toer, en beplan om twee maande te gebruik vir so lang toer.  

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 13:48

Wessel, jy sal moet plan maak om Karoo Nationale Park te besoek, daai Klipspringer pas is asemrowend mooi. Ek is in twee geskeur sedert my eerste toer Kaap toe sowat vier jaar gelede, moeilik om te besluit tussen kaap,  noord Transvaal en oos Transvaal, die bosveld trek my soos 'n magneet en dit is naby,  maar kaap is so mooi, maar so ver. 

Middag Johann en ander vriende

Jammer dat ons nou Len se draad kaap, maar dit gebeur soms.

Daar is so baie plekke wat ek nog wil besoek, maar helaas ek is nog in staatsdiens. Ek sukkel om prioriteitslys van plekke op te stel, wat/waar eerste-- Richterseld, Namakwaland in blomme tyd, Karoo-parke, Beviaanskloof en so gaan lysie net aan en aan.

Dan skielik tref nog 'n realiteit--- as mens pensioenaris is, het mens baie tyd, hopenlik die gesondheid, MAAR gaan die belegging hou in vandag se swak politieke omgewing. 

Dan kom die groot Boek wat sê--- " wat kwel jy jou, kyk na ….

Groete

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/08/2019 - 18:50

Ons beplan nie 'n ingewikkelde roete nie en gaan maar op die nasionale- en hoofpaaie hou.

Ons ry 6vm uit Brackenfell op die N2 en draai dan by Worcester op die R60 verby Robertson en dan net na Ashton weer regs  na Swelledam (nog steeds op die R60) waar ons by Swellendam op die N2 klim.  Ons kampmaats ry van Somerset-wes oor Sir Lowry's Pas op die N2 en ontmoet ons by Swellendam.  As daar weer betogings by Sir Lowry's Pas is, sal hulle noodgedwonge Stellenbosch moet om ry tot by Worcester.

Vanaf Swelledam is dit penreguit op die N2 verby Mosselbaai, Hartenbos, Wildernis, Sedgefield en Knysna tot by Keurbooms, net anderkant Plettenbergbaai.  Ons gaan by Keurbooms oornag en die volgende dag is dit verder oos op die N2, verby PE en dan links (noord) op die N10 tot by Paterson.  Hier draai ons links (wes) op die R342 tot by Addo se ingang.  Om slegte paaie te vermy, ry ons anti-kloksgewys, reg rondom Addo om by hulle hoofhek aan die weste kant in te gaan.

Ek sal later ons roete verderaan vertel.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 19/08/2019 - 19:48

Ag dit is lekker om van plekke in die mooie kaap te lees, en dan te dink, "ek het daar gery,  of ek het ook daar gekamp" , naby Ashton is Montagu Guanu grotte oord, lieflike oord en omgewing.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/08/2019 - 19:51

Sal ek nou wat gee om so toer te doen... en eintlik is daar geen rede hoekom nie. Dalkies die twee weeskatjies wat nou al lummels geraak het. Foto van Sylvester op sy laaste staptog.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 19/08/2019 - 20:13

Hier is wat ons in Addo kan verwag.  Fotos onlangs geneem en geleen by Sanparke Addo forum :-

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/08/2019 - 05:56

Nog net twee slapies dan val ons Sondag om 6vm in die pad. 

Vandag en môre baie dinge om te doen. Die 14 jarige Exclusive is deur sy 72 jarige oubaas van kop tot tone gewas (die dak ingesluit) en blink pragtig  -  selfs die vier wiele is mooi blink-swart gepolitoer !

Kos reeds ingepak en die bed is opgemaak  -  klere moet nog kom.  PortaPotti is gelaai en die watertenk en pype is skoon gespoel.  Alles wat ek nodig het om my nuwe "Voltage Protector" en National Luna battery-monitor te installeer is aangeskaf en moet vandag gemonteer word. Ek hou ook daarvan om die neuskas uit te pak, die spul daarbinne skoon te maak en weer netjies terug te pak.

Die Pathfinder het hierdie week sy 90 000 km diens by Imperial Nissan gehad en ek vra toe ewe ordentlik of die "timing belt" vervang gaan word. "Nee meneer" antwoord my diensadviseur, die Patfinder het nie 'n "timing belt" nie maar wel 'n "timing chain" en word feitlik nooit vervang nie, behalwe as dit met verloop van tyd begin raas en dan is dit ook meestal net die "tensioner" wat vervang moet word.  Ek het ook gevra hulle moet kyk want ek verbeel my die dieselenjin rook 'n bietjie meer as ek vet gee.  Toetse is gedoen en die resultaat was dat dit net 'n bietjie meer as normaal rook.  Hulle het een of ander ding (naam nou vergeet) in die uitlaatsisteem afgeblok wat 'n bietjie meer uitlaatgasse sal vrylaat en siedaar, daardie rokery is op 'n einde. Die P/F word elke 15 000 km gediens en dit neem my 'n raps langer as 'n jaar om hierdie afstand af te lê.  Die koste was R7 000, 'n bedrag wat ek met 'n glimlag jaarliks betaal om steeds probleemvrye reise met hierdie bulletjie af te lê.  Vandag moet die 5 Cooper bande geruil word en die wielsporing gestel word om binne die bepalings van die Cooper-waarborg te bly.

Teen môre moet die Pathfinder gepak word.  Ek hou daarvan om die rally met kante en die grondnette en opvoustoele alles in die P/F te pak want dit is soveel makliker om uit te haal met die opslanery.

Nouja, verskoon my asseblief, ek moet aan die werk spring.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 23/08/2019 - 07:11

Len, daai is mos nie werk nie,  dit is mos lekker takies wat af gehandel word met 'n "smile op jou dial".

Geniet dit en ry veilig Sondag.

Glo Annetjie se rug is 100%, en reg vir die weg breuk.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 25/08/2019 - 06:49

Môre Len.   Geniet die trippie van julle.   Ek hoop veral julle gaan baie diere sien by Addo, hulle kan maar soms wegkruip agter daai spekbome.    Sien uit om van julle besoek daar, en ook by die ander kampe, te hoor.   Ry veilig.