Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -20 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -39 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -38 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Koebaai pensioen..

Submitted by Frikadel on Fri, 23/08/2019 - 09:55
Forums

Ek hoor die oorlogstromme klop al hoe harder vir ons pensioene en dat dit nou nie meer lank is voor ons almal gaan baklei vir sy straathoekie of verkeerslig met sy karton boodskappie nie.

Het niemand op die forum pensioen of is op pensioen nie.

15 Views, nie n enkele kommentaar nie, die plek is gevrek.

Worcester

Wildehont

Fri, 23/08/2019 - 13:55

Sopas 'n artikel gelees oor voorgeskrewe bates. Dit is skrikwekkend dat ons tot hier agteruit geboer het. Daar was wel voorheen tussen 1956 en 1989 ook voorgeskrewe bates vir pensioenfondse. Ek dink egter die openbare fondse en veral staatsinstansies soos ESKOM is toe baie beter bestuur. 

Ek sal reeds tot 67 moet werk as ek my kinders deur universiteit wil kry. As die regering ons pensioen ook in die toilet afspoel sal ek seker maar werk tot ek omkap...

Middag Frikadel

Ek het eintlik probeer om nie op die negatiewe bespiegeling te reageer nie. Nou smeek jy so mooi, dat ek maar tog reageer.

Tans word daar soveel dinge/planne bedink en genoem wat negatief op ons gaan inwerk, soos;

die nuwe mediese skema vir almal, wat ons huigdige fondse gaan doodtrek

die intap, in ons aftreefondse om sukkelende staats korporasies te probeer red

Mens het eintlik lus om van alles ontslae te raak, die belasting aanslag te absorber, en mens se geld te skuif buitrland toe. Die enigste probleem is, dan trek mens al hoe meer weg van die Kruger wille tuin.

Wildehont: Oorweeg tuisskool as alternatief. My 3 kinders was nie opskool nie.

Ons moet net geloof behou.

Groete     

Pretoria

leeu

Fri, 23/08/2019 - 14:49

Sonder om te negatief te klink, Wildehont, jy hoop jy het nog werk tot jy omkap....na 50 kry jy beswaarlik werk en word glad nie meer in diens geneem nie.

Hierdie goed wat aan die gebeur is in ons land, is verskriklik, ons moet net geloof hê dat alles sal uitwerk. Geskeidenis leer ons anders, kyk maar wat het gebeur in ons buurlande. Jammer, ek wil nie politiek gesels nie.

Worcester

Wildehont

Fri, 23/08/2019 - 15:08

Leeu, daar is natuurlik geen waarborg dat ek werk sal hê nie. Ek is wit, Afrikaans, manlik en goed oppad 50 toe. Ek hou dus wat ek het, maar sou ek my werk verloor sal ek maar iets maak met my hande en verkoop en woeker met wat ek het. 

Dit help in elk geval nie om skatte op aarde bymekaar te maak waar mot en roes verniel nie. Dit steek mens egter dwars in die krop as jy 'n eerlike bestaan maak en jou belasting (en versekering en polisse ens) betaal en die onbevoegdheid, kripvretery en stemkopery veroorsaak dat dit wat jy bymekaarmaak vir jou gesin se welstand minder en minder werd raak.

Soos meer as een van julle noem is daar eintlik net een ding wat ons kan (en hoef te) doen. Bid en glo. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 23/08/2019 - 15:22

Slegte nuus is dat dit in werklikheid oor dir wêreld heen swaar gaan, in die derde wêreld gaan dit net erger. 

Soos genoem, geloof is die deur slag!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/08/2019 - 22:35

Ag wat, om op mekaar se skouers te huil gaan niks verander nie.  Die beste is om rustig te raak en kans te gee dat hierdie dinge eers begin uitspeel totdat daar meer duidelikheid is  -  en dit gaan nog baie lank neem.  En as dit dan gebeur, kan ons begin planne maak hoe om die stuikelblokke te oorbrug.

l

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/08/2019 - 06:38

Ek gaan soos volg ons gaan wag en sien hoe die ding uitspeel en daar volgengs optree sou dit inwerking kom sal ek en Berdien op pension gaan en al ons geld vat en dan bele waar dit hopelik veilig sal wees en ja kom ons vertrou dit sal nie sover gaan nie