Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -47 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -8 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -8 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -8 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -9 hours ago

Slange en katte.

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Thu, 07/02/2019 - 18:01
Forums

Vandag het hier by ons n skrik homself herhaal wat vertel moet word. 

So klompie jare gelede staan Von een nag op en stap om ons bed na die bad kamer toe.  Die ligte was almal af, maar na soveel jare ken mens die pad sonder duidelik sien, en sy wil nie vir oupa wakker maak nie.  So stap ons ou katjie vooruit, haar naam is Hetta, die gekry omdat sy net so klein is soos die Hettie karakter in n tv reeks.Hetta het hier deur die bosse baie verwaarloos kom vra vir blyblyplek, sy is nie n gesofistikeerde kat nie, maar regtig n karakter.

Terug by die storie. Voordat Von by die deur kom, wat oop staan, vlieg Hetta met n geblaas om en hol terug, Von steek vas en roep na my wat n lig aansit,  en daar staan n Kobra in die deur. Regop en reg vir moeilikheid maak.

Vandag sit neef op n stoel wat so half onder die db staan, en die " sideboard" kassie langsaan. Die db kort n " blank" plaatjie vir n skakelaar,  al van dag een af, maar so is dit nou al 21 jaar. Hoor ek Hetta blaas hier langs my op die kassie, kyk vir haar en uit die hoek van my oog sien ek die slang hier by my skouer. Boomslang het op n manier in die " cavitiy" tussen mure gekom, en peul hier by die db uit.  My enigste verlkaring.

Dankie ou Hetta, skuld jou baie.

Chris - dit is vir my baie interresant dat julle so baie boomslange in Kleinmond het. Bly jy naby oop veld of bos of waar kom hulle vandaan?

Herman - daar aan die voet van die Swartberg behoort julle seker van tyd tot tyd 'n enkele luiperd tee te kom? Vang hulle nie onder die klein vee daar rond nie?

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 11/02/2019 - 07:05

..... ons woon aan die voet van die berg met 'n blomplaas (grootliks proteas) agter ons. Dit is grotendeels fynbos-omgewing. Ekself is verbaas oor die bykanse plaag van boomslange vanuit die fynbos. Ek sou meer reken dat kobras en pofadders algemeen sou voorkom. Laasgenoemdes word van tyd tot tyd deur anders inwoners gevind, maar ons het nog nie by ons gevind nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 11/02/2019 - 11:23

Johan,  Luiperdspore gereeld, die spoor in foto is dalk n wyfie, ek het n mooi duidelike mannetjie spoor, maklik een en n half keer groter.

In verlede jaar is n jong kalf by bure erg verniel, maar nie gedood nie. Skape moet maar saans in kraal slaap. Hier het ons al Blesbokke verloor, kon die bytplek aan keel mooi sien. Wat mens kan agterkom is dat sodra die bobbejane padgee, is hulle hier. 

Die wildplaas langsaan verloor omtrent elke jaar die Springbokke se aanteel, Luiperd is vreeslik lief vir daai vleisie. Daar het hulle met die "trail" kamras al fotos van hulle geneem.

Hierso net weer so 'n herrineringtjie van die spoeg kobra wat ons in ons tent gekry het by Dube gedurende Desember.   Gelukkig het my kat (Lolla) op hom afgekom en ook 'n groot geraas gemaak laugh​​​​​​

Kobra

 

Mooi slang Voortrekker. Dis n Snouted cobra of Wipneus cobra. (ook genoem egiptiese kobra in dae voor herklassifikasie)

Worcester

Wildehont

Tue, 08/10/2019 - 22:43

Nou eers op die draad afgekom. Daar is 'n alternatief tot doodmaak. Hier by ons is 'n ou Silverfox Snake Rescue wat by die gevangenis werk maar as 'n gratis diens slange vang by mense se huise en hulle ver in die veld gaan los. Ek glo daar is in elke dorp met 'n redelike bevolking slange so iemand. Ek het verlede Spetember die kinders na 'n praatjie gevat wat hy gegee het.

Hy verduidelik (en demonstreer) toe dat slange maklik op een plek gehou kan word. As jy 'n slang in jou huis kry, gooi 'n handdoek (of keldingstuk) oor dit. Die slang sal nie daaronder uitkom nie. Hy het vir ons gewys met 'n pofadder en 'n geelslang. As hy die lap skuif seil die slang weer onder dit in want dit voel veilig daar. Daarna is dit maklik om die slang te "vang". Jy sit net een van daardie swart plastiek houers waarvan ons waarskynlik almal ten minste een het, op die se kant neer met die oop kant na die slang. As jy die lap afhaal sal dit in die houer in seil, wat jy dan kan regop tel en die deksel opsit.

Of gooi net die lap oor en bel jou plaaslike slangvanger. Moenie die slang probeer uitjaag nie want dit gaan net onder 'n meubelstuk of in 'n kas of donker hoek in seil en dan maak jy dit moeiliker vir die slangvanger om te kry. Probeer maar om hulle nie te dood nie asseblief.

That's a mighty handy tip you've given... I presume even a shirt would do the trick if I suddenly cae across a rinkhals?

I get them and black mamba's quite often at my bushveldt retreat... (Brits se wereld)

Neef, keep the cat close.....

I presume even a shirt would do the trick

Any cloth large enough for the snake to hide under. Like I said, I saw it with my own eyes with a puff adder and Cape cobra. We have to remember that snakes are scared of us because we are too large to be prey and we often hurt or kill them. They'd rather flee than get into a confrontation with a human (if the option is available). That's why they'd rather hide under the cloth in the hope that you don't see them. 

As you probably know the rinkhals often plays dead (also in the hope that you'll leave it alone), so never try and handle them - even if they are lying belly up.   

Worcester

Wildehont

Wed, 09/10/2019 - 08:11

Hierdie is die soort houer wat ons plaaslike slangvanger gebruik om die slange te vang.

HHy sit dit op die kant neer tussen hom en die slang met die oop kant na die slang. Lig dan die lap op en skuif dit in die houer in en die slang volg. As dit nodig is druk hy die slang liggies met 'n stok aan die ver kant van die oop houer om dit aan te por. Sodra dit onder die lap in die houer is sit hy die deksel op. Onthou net om gate in die deksel te maak sodat die slang nie versmoor nie. En pasop vir pofadders; hulle pik vinniger as enige ander slang en kan hulle lywe in die lug in werp. Voordat die pofadder pik trek dit die lyf in S'e so dan weet jy hy haal oor. Sien die video vir 'n idee van die spoed waarmee 'n pofadder pik. 

 

video
Worcester

Wildehont

Sun, 20/10/2019 - 11:27

Ons het gister weer na ‘n praatjie van Worcester se slangvanger (André van Silver Fox Snake Rescue) gaan luister. Dit was lekker warm en die pofadder was toe omgekrap. André wys toe ‘n ander manier om ‘n slang “aan te keer”. Hy het die swart houer op sy kant gesit met die oop kant na die slang en ‘n handdoek dwars vertikaal voor sy voete tot op die grond laat hang. Volgens hom sien die slang die handdoek as ‘n muur. Hy het aangehou om dit voor die slang te hou as dit wil seil tot dit in die houer in is. 
 

P
Hier haal André die pofadder uit

Ek het ook ‘n nuwe serp gekry. 
S

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 20/10/2019 - 15:18

Wildehont, ñ slang se koue glibberige lyf maak my gril, veral as dit spiere ook styf maak om jou arm. Bly vir jou daai ene was nie lus vir bietjie druk nie, so om die nek.....