TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61925 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morne Desember 2019 Planne. Willem Brits -2 hours ago
Conradb Caravan Movers Willem Brits -2 hours ago
Andersins ook bekend as 'n … Verkeerde Raad Grootwind -2 hours ago
Baie welkom... Desember 2019 Planne. Len Loader -3 hours ago
Eiland Spa 2019 Desember Desember 2019 Planne. Morne -4 hours ago
Sleep nou, Baie dankie vir… Caravan Movers Conradb -5 hours ago
Hi Willem Brits, 

Baie…
Caravan Movers Conradb -5 hours ago

Karavaan watervoorsiening

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Thu, 27/06/2019 - 14:31
Forums

Gegewe Willem en Johann se kommentare op 'n afsonderlike draad om water by hulle karavane se kampopset te voorsien, het ek ook weer oor die saak gedink.  In Willem se geval wend hy die oord se water permanent met 'n tuinslang aan sy wa.  Die toevoer word beheer deur 'n elektroniese aparaat wat die toevoer afsny as die watertenk vol is.  Die stelsel lol egter en hy oorweeg nou 'n afsonderlike krat met "ball valve" langs sy wa wat die toevoer water sal afsluit wanneer die krat vol is.  Ek aanvaar dat die krat dan water na die wa se ingeboude tenk pomp wanneer nodig.  Willem rig hulle kombuis ook agter die wa in en daar het hy warm en koue water vanaf die wa se ingeboude tenk en geyser.

In Johann se geval het hy 'n plastiektenk-trollie wat voor langs die A-raam geplaas word nadat dit by die oord gevul is.  Vandaar pomp hy die water tot by sy kombuisie wat agter die wa ingerig is.  Johann het by die kombuisie 'n stelsel wat water kan verwarm en daar is dus warm en koue water.

In ons geval, werk ons so :  Ons gebruik die Exclusive se ingeboude warm en koue waterstelsel ten volle.  As ons iewers oorslaap (dit gebeur dikwels), gebruik ons die binne-skottelgoed wasbakkie, maar andersins was ons skottelgoed in die tent/rally in ons skottelgoed-wasrak.  Ek gaan haal 'n emmer kookwater by die ablusie hiervoor en dit gebeur maksimum eenkeer per dag.  Die ingeboude watertenk hou 40 liter water en ek kan dit permanent vul deur my TankBuddy aan die oord-water te koppel.  Maar hiervoor het 'n mens 'n oord-kraan naby nodig en 'n geskikte tuinslang wat waterdruk kan hanteer. Ek hou nie baie daarvan om permanente waterdruk tot by die karavaan te hê nie  -  te bang iets bars of gaan los as ons nie by die wa is nie.  Ek persoonlik hou ook nie van teveel los, groot goed om saam te karwei nie en het jare gelede vir my 'n plat, materiaal oprol tuinslang van 20m aangeskaf. (Links op die foto hieronder).  In die Kruger Wildtuin is die krane dikwels verder as dit van jou staanplek en dan is dit 'n gieter-probleem om die watertenk te vul.  Ek soek al lankal nog so 'n materiaal- oprol tuinslang om die twee te koppel, maar dis verskriklik duur en skaars.  Vanoggend dwaal ek in Cash Converters rond en wraggies, daar onder op 'n rak lê net so 'n 10m tuinslang vir R75. (Regs op die foto).  Ek stry hulle toe af na R50 en hulle aanvaar dit !  Ek verkies om maar eerder die Exclusive se watertenk periodiek met die oprol tuinslang te vul.

Hoe werk jy met jou water behoeftes ?

.

Worcester

Wildehont

Thu, 07/11/2019 - 22:40

Oom Len, waar het Oom die 20m plat slang gekoop? Ek soek een vir my Kavango, want al het dit ‘n 120l watertenk het dit maar min pakplek. Ek het dus ‘n kompakte tuinslang nodig om met langer toere as ‘n naweek my watertenk vol te maak. Ek het die een hier onder op Takealot gesien maar die enigste resensie daarvan maak dit af as nutteloos. 
T
 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 08/11/2019 - 06:52

More Chris, het jy al by Makro, Game of Pick n Pay gekyk, hulle verkoop 'n 22m pyp wat amper gewigloos is, en krimp terug na oorspronklike lente as jy die water af sit. Dit vat geen plek nie. 

As ek reg onthou, is dit minder as R200 per pyp. (R150.00?)

Môre Chris

Daai tuinslange is nie sleg nie, net lae watervloei. Ek het 'n gardena koppeling op my wa se inlaat deksel en vind dat dit nogal lank neem om 120 l te tap.

Die voordeel is, dat mens darem sonder heen en weer loop die tenk kan volmaak. Jy sal vind dat 'n tregter [of gesnyde 2l Coke bottle] ook benodig word as jy water met gieter of emmer wil ingooi.

Groete

Makro, Game of Pick n Pay

Dis die nadeel van die platteland; hier is nie ‘n Makro nie en die Game en PnP is maar klein. Maar dankie vir   die wenk, ek sal gaan kyk en as ek nie hier regkom nie in die Kaap ‘n draai maak. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 08/11/2019 - 09:09

Chris, die een op die tol op my foto hierbo is 'n Camp-Quip produk wat ek jare gelede by Campworld (Kennis Karavane in Roodepoort) gekoop het. Die een aan die regterkant op die foto het ek nou die dag by CashCruisaders raakgeloop vir R50.  Maak nie saak wie wat sê nie, ek verruil myne vir niks nie  -  dis 'n eenvoudige en baie praktiese oplossing wat bitter min plek inbeslag neem.  Koop daardie een op Take-a-Lot en jy sal nie spyt wees nie.

Onthou net, as jy permanent water toevoer na jou wa wil aanlê, sal hierdie nie die geskikte oplossing wees nie.  Vir vry-vloeiende water na jou watertenk tot dit vol is, is dit idiaal.

Worcester

Wildehont

Fri, 08/11/2019 - 10:13

Dankie Oom Len. Die Kavango het darem ‘n 120l tenk wat ‘n paar dae water sal voorsien vir opwas, tande borsel en stort. Ek wil dus net ‘n tuinslang hê vir elke 2/3 dae se tenk voltap. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 08/11/2019 - 16:19

Chris, ek het altyd 'n 20m stuk tuinslang saam karwei, maar dit het my grensloos gepla want dit is swaar en vat baie plek. Die een wat ek nou het, wel nie dieselfde as Len sin nie, vat geen plek nie en weeg niks, ek glo Len sin is ook "gewigloos"

As die kourier koste nie te hoog is nie,  so ek sê kry daai een op Take a lot, andersins, daar is mos 'n Game in Worcester se mall.

Worcester

Wildehont

Fri, 08/11/2019 - 18:25

Johann, ek sal môre by ons Game gaan kyk maar dis maar ‘n kleinerige een. Ek wil nie ‘n gewone tuinslang saamry nie, weens gewig en vermorsing van spasie. Die Kavango het maar min pakplek en ek wil die balgewig probeer verminder, nie vermeerder nie. 
Takealot lewer gratis af as mens R400 of meer bestel en ek koop hondekos en ander goed ook daarop. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 09/11/2019 - 05:57

More Chris, daai een by Game sal by die Verymark afdeling wees, maar die pyp van Takealot soos Len sin, sal ook perfek wees.

Terwyl jy nou reeds goed by Takealot gaan bestel, kan jy net sowel daai tuinslang by sit, dit lyk na 'n goeie kopie👍

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 10/11/2019 - 07:33

More Chris, ja wraggies dit is te veel, ek sou ook eerder daai Takealot een vat,  hy dien dieselfde ding👍

Ek sou nie net die 15m vat nie, dit gaan te kort wees in wildtuin 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 10/11/2019 - 13:51

Dit is seker lekker om tuinslange te koppel, en gryswater tenks te gaan leegmaak. Laat ons nie praat oor gryswater tenks nie, neef wonder al lankal hoe gemaak as die tenk vol is. Word die prop getrek, en die netjies opgevangde water stort reguit aarde toe, of dalk so entjie weg in die blomtuin, dingle berries en al.

Ou Jurgie het nie groot tenke nie, net die opwasbak benodig water, en daar is n 20l kan genoeg. Raak dit leeg, stap ek maar gedwee kraan toe en maak vol, regtig nie n groot storie nie. Vir die " gryswater" dit is ook maar net die opwasbak, is daar n emmer wat ek dophou. Maak maar leeg waneer nodig, of in die tuin, of ek gooi hom daar by die porta potties in.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/11/2019 - 18:02

Snaaks genoeg Herman, my opset werk maar min of meer dieselfde :-

  • 40 liter watertenk : ek maak hom vol met die tuinslang(e) waarvan die foto hierbo is
  • skottelgoed- en hande wasbak gryswater : het 'n emmer wat dit opvang en ek hou dit dop - maak dit leeg op 'n nabygeleë drein of by 'n boom of bedding
  • stort gryswater : ek vang dit op in 'n 25 liter waterkan en sleep dit met 'n trollie na die naaste drein, boom of bedding

.