TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64080 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daar is seker nog een ryding… Diesel vs petrol neef Herman -4 minutes ago
Johann sodra daar vasgemaak… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -7 minutes ago
maar ander datums sal… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -8 minutes ago
Len, dit is nou 'n jamerte.
Wes kaap saamtrek. Johann L -10 minutes ago
Oom Lennie, maak 'n plan en… Wes kaap saamtrek. Gryswater -10 minutes ago
Ons stel ook belang Wes kaap saamtrek. OckertL -15 minutes ago
all the info.... Another tent....... TWTFAWC -2 hours ago

Desember 2019 Planne.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Mon, 14/10/2019 - 19:20
Forums

Wie het al kamp planne in plek vir Desember 2019?

Ons beplan niks, en hoop dit bly so.

TO Strand Januarie 2020 het deur die mat geval.

Ek moet 31 Oktober vir 'n skouer operasie gaan en mag vir 8 weke niks met my regter skouer doen nie.

Kom ons hoor wie gaan waar.

Secunda

Sleep nou

Wed, 16/10/2019 - 18:21

Ek is op standby die week van kerswees en  nuwe jaar so ons werk en maar by huis bly julle wat wel desember weg gaan gaan groot

Centurion

Voortrekker

Thu, 17/10/2019 - 09:33

Ek het met TO gepraat en hulle het dit goedgekeur dat JohannL se ekstra 2 mense op ons bespreking gaan!  Dankie TO!  Sien julle daar JohannL - ek sien baie uit daarna om (weer) saam julle te kamp yes

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 17/10/2019 - 10:55

Anton, jy is 'n yster!

Ons sien ook uit daarna om julle weer te sien,  ek gaan die gesprek voortsit op TO Strand, net dalk kan anderlede aan sluit en 'n lekker saamtrek vorm?

Brakpan

Morne

Wed, 20/11/2019 - 18:49

Dis nou n lekker forum om van deel te wees. My eerste plasing.

Wat n voorreg om met julle te kan deel ons is oppad Eiland Spa toe vir ons Desember vakansie. Die opgewondenheid loop oor in hierdie huis gesin. En saam met dit, ons eerste Kamp met ons eie karevaan as gesin. 

So het ek op die forum afgekom vir sleep wenke en raad vir die kamp vakansie wat voorle. 

Baie dankie vir al die insette van al die lede met jare se kamp ondervinding. Die "gadget waar sonder jy nie gaan kamp" bespreking was vir my sover groot hulp. 

Ek self darem groot geword met lekker kamp ervarings, Sal later op forum so paar intressante kamp stories deel.

Kamp is koning. Veilig sleep manne. 

 

Groete

Morne

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/11/2019 - 19:46

Baie welkom Morné !

Eiland Spa is heerlik, maar in Desember baie warm.  Ten spyte hiervan is dit tog feitlik altyd vol bespreek en ek glo julle gaan dit baie geniet.

Vertel ons 'n bietjie meer van julle "eie" karavaan, jou sleepvoertuig en julle gesin.  Dis altyd lekker om 'n prentjie in jou kop te hê van 'n kampeerder op vakansie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/11/2019 - 20:45

Baie welkom.  👍

Julle gaan Eiland baie geniet, ons was al paar Desembers daar, wsrm masr steeds lekker.

Kyk na my terugvoering gerus.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 21/11/2019 - 06:20

Morne, baie welkom op Kampforum, en geniet die gesêls.

Vra enige vrae wat jy het, jy gaan genoeg antwoorde hier kry👍

Julle moet een van die mees gewilde oorde geniet, byna almal is mal oor Eiland. 

Secunda

Sleep nou

Thu, 21/11/2019 - 10:35

Morne Eiland puik oord wel warm daai tyd maar geniet hom ou Frik gooi bietjie Afrikaans daar oor die water vir die engelsmense

Môre Groot G

Jy sal nie spyt wees nie. Die "return on investment" is nogal verbasend bevredigend.

Ek gaan ook op my rype ouderdom daaraan werk, asook die tuinroete doen. Die ander groot voordeel is natuurlik dat mens se plek bewoon is gedurende die inkopie fees seisoen.

Groete

 

 

 

Kempton Park

Solly

Fri, 22/11/2019 - 09:15

Bosbokstrand en Stroms rivier wag vir ons! laugh 8 Desember tot 30 Desember

Voertuig en karavaan klaar laat diens. Nuwe bande op karavaan.

Het klaar begin pak! Ons kan nie wag nie!

 

Middag Solly

Sal jy asb meer inligting gee oor Bosbokstrand soos;

kan enige persoon soheentoe gaan

kontakbesonderhede vir bespreking

goeie web-adres waar mens kan loer.

sekuriteit

Dit klink so bietjie eksklusief en onder die radar, maar as dit effe afgesonderd is, en nie "Hartenbos" groot is nie, is dit 'n plek wat ek wil besoek. 

Groete

 

Centurion

Voortrekker

Tue, 26/11/2019 - 07:54

Ek gaan Desember bietjie aan my gewig werk terwyl ek in Gauteng en Limpopo rondhang - Sal maar moet wag tot 2020 (Jan) voor ons weer gaan kamp wink.    Ek glo ons gaan die Desember bosveld kamp darem mis, maar ek gaan nie die hitte mis nie (daardie 11:00 tot 15:00 hitte frown) -  Moet sê ons is nogal opgewonde om hierdie jaar kus toe te gaan en miskien word dit die tendens vorentoe? 

Môre Anton

Spaar en beplan vir daardie "tendens" om Desember see/kus toe te gaan. Dit is hoogs aan te bevele, ek het dit vir 13 jaar gedoen.

Ek sal jou egter aanraai om NIE Natalse kus toe te gaan nie---net te veel mense en humiditeit. Dan is die pryse aan die mal kant. Kyk na plekke tussen Oos Londen en Hartenbos, baie lekkerder klimaat en moontlik goedkoper.

Groete.