TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -13 minutes ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -1 hour ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -1 hour ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -1 hour ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -3 hours ago
Dit wil vir my ook so… Geniepsig Voortrekker -4 hours ago

c

Junie 2020 Koffie Kroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Mon, 01/06/2020 - 01:58
Forums

Goeie môre almal. 

Dit is amptelik die eerste winters aand. 

Ek werk nou 2 dae per week vanaf die huis en 3 dae op kantoor. 

Lekker dag vir elkeen. 

Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 02/06/2020 - 07:39

Ja, dit is nie altyd lekker as jy verjaar en jy kan nie jou vriende oornooi nie. Ek self het onder lock-down verjaar en dit was nie lekker om alleen te drink nie. cheeky

As dinge beter gaan moet ek dalk vir Yvonne n nuwe HiLux koop smiley

Ek het dit darem reg gekry dat die staf wat 3 dae n week werk "top-up"  kry by die UIF fonds. Dit is blykbaar vir 3 maande. So ek kan nie meer kla dat ek nie iets ontvang het nie. Dit help hulle baie.

Het gister Yvonne se seun laat gaan. Na 8 jaar is ek gatvol. As jy nie wil werk nie, moet jy maar self jou potjie gaan krap. Het mos wees n Corana scam op my getrek. Gelukkig het Yvonne nie daarteen geskop nie.

Sien Froggy se een battery het gegroet, die voertuig battery self, sal maar moet vervang, voor ons weer gaan kamp.

Geniet julle koue dag en wees veilig.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 10:27

Geesie, nooi die mense as huishulp want hulle mag mos werk.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

Centurion

Dusty

Tue, 02/06/2020 - 11:59

Einde velede jaar hernu ek my voertuig en Alta se voertuig se lisensies. Ek het dit sommer op gesit ook. Met die inperk ry ek toe eendag met haar voertuig kantoor toe. Een van die manne in my kantoor kom ingestap en vertel vir my ek is braaf want die lisensie skyfie het al verlede jaar verval. Ek het toe die oue terug gesit en die nuwe vernietig.

Vanoggend wou ek die sleepwa se lisensie hernu want dit het al einde Maart verval en sommer die bakkie en ook Alta se kar. Ek kon die sleepwa hernu maar Alta moet my magtiging gee om hare te vervang. Kom gou huistoe en kry die magtiging. Daar gekom kan ek nog steeds nie hare hernu nie. Ek moet eers 'n avidavit by die polisie stasie gaan kry. Kry vir Alta by die huis en ry polisie stasie toe. Terug poskantoor toe en kry uiteindelik die lisensie. En oral is daar toue mense.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/06/2020 - 16:22

Goeie middag Kampforum !

Koelerig hier by ons en bewolk, maar geen reën in die vooruitsig nie.

Ek verstom my egter oor die verskeie drank-stories wat die rondte doen, maar voor ek sê wat ek wil sê, wil ek darem net die saak in perspektief stel.  Ek is baie lief vir 'n biertjie of twee as ek moeg gewerk is, kamp opgeslaan het of natuurlik as ek braai.  En ek woon nie verniet in die Kaap nie en is baie lief vir 'n wyntjie (rooi en wit) tydens etes en 'n soet Hanepootjie as die koue knyp.  Ek het ook allerhande goete vir grootmens-gaste in my drank-arsenaal, maar ek kon nog nie daaraan byt nie (of eerder, daardie goete het nog nie aan my gebyt nie !).

Dit bring my by my punt :  Ek is verbaas oor die oor-reaksie van ons gewone siele gister en vandag by drankwinkels.  By Makro vanoggend was die tou voor Makro se drankafdeling langer as die tou voor Makro se gewone ingang ! By Tops hier naby ons is die tou mense 'n ewigheid lank en by Spar kos- en kruidenierswinkel net langsaan is daar geen tou nie ! Op sosiale media is dit feitlik al waaroor gepraat en geskerts word, naderhand maar iewat flouerig en tot vervelens toe.  Vanoggend se nuus rapporteer van hoeveel ouens vir dronkbestuur gevang is, gesinsgeweld het sedert gister aansienlik toegeneem  -  selfs so dat 'n vrou in Durban in die hospitaal opgeneem moes word deurdat haar vriend die hele nag homself so besope gedrink het en haar voortdurend aangerand het. 

Dit wil tog vir my voorkom of 'n baie groot deel van Suid-Afrikaners werklik drankafhanklik is.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 02/06/2020 - 20:25

Ek lees oom Len se boodskap, en sien hoe dinge verskillend is, het vanmiddag na ons Tops hiier in  Bendor gegaan, geen que, het vir my 24 biere en n bottel brandèwyn gekry, dit het heel normaal shopping gevoel, soos elke ander dag.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 02/06/2020 - 20:39

Aai tog , laat ek eerder nie praat oor hoeveel kuiermense hier was nie, ek dog dis lockdown.,

Ek het dit so baie geniet en kla nie regtig nie. smiley

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 20:43

Dan bhoord als goed gaam, moet netnie die stoor leeg maak nie😊,

Môre sal dit nog beter gaan om by daai stoor te staan 😕

 

Yip... I got camping fever so bad............

I'm "rusticating" my "sticks-n-bricks" garden cottage at the house, with gum-poles, / rough-sawed pine planks / threaded rod / corrugated roof-sheeting and a gazillion chip-board screws.... 

My son, asked me if I had a plan... What a silly question! Of course I got a plan.... I made shure I got a hammer, saw and a tape-measure...

What else does one need????

SHEESH! I built the whole of my cabin at the farm with an idea tools and a tape measure..

Assie bloekom-paal die hout muur so bietjie - bietjie baai skeef trek (gum paale is nie juis almal yster-paal reguit nie) trek die blerry ding regop met n ratchet strap, and byt vas met n M8 rawl bolt... Siedaar een regop muur....

Geen "spirit-level noodig". As jy hom so be-oog, sonder bril, en hy lyk regop. dan is dit mos regop....

Same goes for my camper..............., My landrover conversion.............. Bugger planning...... START! DO! ENJOY! 

SIGH.... 30 year olds.... The tecno-generation...... Lot's of plans.... All "Auto-cad", "Designit"....elendig tik...tik...tik.... oppi keyboard.... Bugger-all sense of adventure......

Get in and go !!!!!!..... Pick up a hammer and hit!!!!!!!!!!.... Follow your gedagtes....

So far I've built as walk in closet, painted the walls, gonna fasten (already) stained pallet tops that onto the wall by the side of my bed and create a couch - "sleep-zone" by making a "canopy" over my bed also with pallet tops suspended from the ceiling with chain, Going to re-do my little kitchenette, re-do the bathroom with corrugated roofsheeting fixed to the wall around the back of the toilet, make a 100mm wide x 100mm high channel along the floor all around the edges for white klippies and.... and...... and

Then at least I'll be "camping" every day...

Think I'll postpone going to my weekend retreat this weekend..........  Gonna carry on "rusticating"

(Re my rant yesterday)

I have to cross provincial borders into North-West........ No stuffing problem,

2 boxes of electrical cable joiners (that I'll bring back as "rejected" - wrong ones)

10 sub-standard fan rakes "(that the owner needs, and I give him from time to time)

My department duplicate hand book and sie-daar.....

Crossing provincial borders? I'm on business delivering goods....

Bugger it! I'm travelling alone with 2 dogs in my car... I'm going to a remote destination, nobody there, I'm spending 2 days on my own... I'll braai my kos... And come home.... Happy with that, little to no risk, bugger the stupid rules.... I'll bloody-well "buy my tin of paint" ..... Grrrr

NEXT?

 

Goeie more!

Ek wou ook so n Germaanse drankie of twe aanskaf maar al die yskaste was leeg, interesant was net die Castle Free daar in die yskas.

SA'ners is n klomp alkies, dis nou maar wors...

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 07:01

Goeie môre Kampforum ! 

Natterig hier by ons vanoggend, ligdag  -  nie seker of dit 'n reëntjie was en of dit net kwaai gedou het nie.

Ek sien Gesie reageer darem op my drankstorie met beter nuus as ons hier in Kaapstad, maar verder lewer niemand kommentaar nie, of is 7vm nog te vroeg ?

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 03/06/2020 - 07:35

Môre, vanoggend is die lug bloedrooi, dus slegte weer aan die broei.  Len, ek dink die mense wat n ietsie vat is baaaie meer as die wat soos Warren eerder n koeldrankie drink. Moet sê toustaan....darem te erg, ek gaan môre vir my n kissie kry. Weet nie of die drankwinkel nog iets oor het nie,  maar sal bel vandag, ek is so regular, ou Nico daar ken my al op die voornaam !!! Mooi dag vir almal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/06/2020 - 07:50

Len, alle komentaar het mos nie altyd reaksie nodig nie.  Ek hoop ook om vandag vir my ietsie te gaan kry by die stoor wink vir vannasnd se braai.

Geniet jou klein Ssterdag voluit in vrede.

Bloemfontein

Lapskag

Wed, 03/06/2020 - 08:03

Môre môre, hier gaan dit nog goed dankie, so met die fiets ry die laaste 2 oggende, sien ek die manne (en vroue) is maar baie dors. Staan tou by daai winkel en gister sommer 2 bakkies reg gestaan om baie te laai. Ek sê dankie vir lekker koffie en koeldrank, sterk drinkgoed pla my nie, is net moeilikheid. Groete en geniet die Woensdag

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 10:14

Willem, jy is reg, alle kommentare het nie 'n reaksie nodig nie.

Ek moes eerder gesê het   "...en niemand wil saamgesels nie"

Middag Len

Ek het al effe bekommerd geword, jy was te lank afwesig. Ek het gewonder of jy erens "vasgebrand" het. Of het jy nog 'n pypie gebars.

 

Groete