TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -8 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -10 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -10 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago

c

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Fri, 19/07/2019 - 07:52

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/06/2020 - 08:41

Dagsê vriende 
            BERG EN DAL SKOOLKAMP.
  Met die wat ek, Wille Willem, MacGyver en al die ander Slippers weer terug is om die kampvuur na ons minder geslaagde, nie toelaatbare " Night Walk" buite die grensdrade het Wilde Willem die volgende te vertelle oor dié kamp. Hy vra so in die groep in.
    Wie van julle kan onthou op skool van al die bustoere wat altyd gereël was ? Man, dit was darem nou vir jou lekker nê, sê vra hy. Nou ek weet nie of dit Help Mekaar of Soek Mekaar skool was nie maar so besluit die skool dat hulle n toer gaan reël na die Kruger om die kinders bietjie aan die natuur bekend te stel. Ou Gawie, die kinders het hom die doop naam “Dirty Harry “ gegee, omdat hy so baie na Clint Eastwood gelyk het en juffrou Smit, Bolla is die toerleiers. Haar naam weer, is omdat sy haar hare so in n bolla agter haar kop vas gemaak het. Die hare het sy so styf ingetrek in die bol in, dat sy nie haar oë kon knip nie. Sy het sulke groot oë gehad. Haar voorkop was seepglad getrek, lyk of sy n facelift gehad het, so styf is hy ingegetrek. Die agterste hare is weer so styf boontoe opgetrek, haar boudjies sou nooit uitsak van ouderdom nie. 
     So vertrek die bus met Dirty Harry, die bus bestuurder en Bolla om agter die meisies te kyk. Dirty Harry was veronderstel om die seuns onder bedwang te hou. Dit was so stokoue Bedford bus wat baie gerook het, hy het seker so 10 km op n liter olie gegee. Die bus arriveer in so n rookwolk by Berg& Dal kampeer plek en al die kinders borrel opgewonde uit die bus. Voor ek verder vertel daar was 3 musketeer op die bus, Neelsie, Vaatjie (die naam se alles), en Rooies. Hulle was onhebelik stout en Rooies was die leier. Die poetse wat die 3 gebak het, het soms vir hulle n drag slae opgelewer maar wat, seuns is mos maar seuns.
    Fluks word die eenman tente opgeslaan met Dirty Harry en Bolla se tente in die middel en die seuns regs van Harry en die meisietente links van Bolla, sodoende kan hulle die laat nag sluipers vasvat. Onmiddelik is Rooies en sy trawante daar weg om te verken en kattekwaad aan te vang. Eers sluip hulle in die meisies toilette in en sit “clingwrap “oor die toilette en slaan die deksels terug. Daarna is dit “ Omo “ in die toilet se spoel tenk. Tevrede met hulle konkelwerk loop hulle die res van die dag rond. Die aand breek aan en dit is stort tyd, nou julle wat die Kruger ken, daai muurtjies in die storte is mos kort en is nie opgebou tot teen die dak nie. Rooies stort met sy pêlle en hulle hoor hier is iemand langs hulle ook besig om te stort, Rooies staan op Vaatjie se skouers en loer oor die muur en hier staan Dirty Harry, hy was besig om sy hare te was en uit te spoel, Neelsie gee vir Rooies die sjampoo bottel  aan en so terwyl Harry die skuim uitwas drip hulle nog meer sjampoo op sy kop. En dan skuim ou Harry se hare weer, naderhand vat Harry sy bottel sjampoo en lees die aanwysings, maar raak niks wys deur wat hy daar lees nie. Ou Rooies hulle wil hul doodlag en besluit die gedoente is nou afgesaag en keer terug tente toe na hulle stilletjies uit die badkamers verdwyn het. Maar Rooies het ander “tricks “ook, hy het rubber slange en spinnekoppe ook saam gebring en dit in van die seuns se slaapsakke gesit vroeër die aand .
     Nou begin die chaos, die meisies in die toilette gil, dit skuim as hulle die toilet flush, die clingwrap bring ander ongemak en natuurlik weet die seuns van niks. Nou is dit hulle beurt om in te kruip in die slaapsakke en daar word die rubber slange en spinnekoppe ontdek, dis n rumoer en gegil. Maar Karma is n blikskottel, vroeër die dag het n groot akkedis in Rooies se slaapsak ingekruip en die lê nou lekker snoesig en slaap. Rooies sê nag aan sy vriende en gaan na sy eenman tentjie en kruip in sy slaapsak in, die ritsluier word tot teen sy ken opgetrek en hy kry sy lê. Skielik voel hy daar kruip iets teen sy been op en hy vlieg soos wit weerlig op in sy slaapsak, daar is nie tyd om ritsluier los te maak nie. Hy hol sommer so in sy slaapsak, sy tent met toue en penne uit die grond en hy gil soos n maer vark terwyl hy op Bolla se tent afstorm, en hardloop ou Harry skoon onderste bo, wat by Bolla se tent uitkom.      Hy het glo n pomp gaan soek by die juffrou, syne glo by die huis vergeet……… tsk tsk tsk ….. mense waar is julle gedagtes ….. vir sy opblaas matras natuurlik. Die hele kamp is in rep en roer en toe besef ou Harry wie is die sondebokke. Die paar dae daar, het daai drie mannetjies se gatte elke dag gebrand met hul stoutighede. Die rit terug in die bus was bietjie ongemaklik vir ons 3 maters, hulle het die hele rit gestaan, hulle gatvelle het gebrand. Na daai kamp het Bolla met haar groot oë net oë gehad vir Dirty Harry. Ek dink hy was so stilweg bly hy het sy pomp by die huis vergeet. Ek verstaan dat Dirty Harry en juffrou Smit later getrou het en nog steeds skool hou.
  Droogweg sê Wille Willem dit was dalk n gekobineerde skool, Soek en Help Mekaar soos wat die kinders mekaar help soek het om weer die regte goed by die regte tente te kry.
   En toe was dit ook vir ons tyd om te gaan inkruip. Die kole nog bloedrooi, jy sal nog n skaap op hulle kan braai. Toe ek dit voorstel aan die ander manne wat toe al met hul "coolbags" in die hande gestaan het, het ek gesien van hulle wou hom weer neersit. Die kyke van die vrouens het ons egter anders laat besluit.

Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/06/2020 - 08:14

Dagsê vriende,
               BERG EN DAL SE KAMPVURE
  Kyk, die afgelope paar dae vertel ek jul mos op Jors se Kampvuurstories van my, Wille Willem en MacGyver se ondervindinge, of is dit eerder aanjaag daar op vakansie. Gisteraand wou ek mos nog n bietjie gekuier het toe die vrouens ons "DAAI KYK" gegee het. Ek is seker jul mans sal weet hoe daai kyk lyk. Vir die vrouens hoef ek nie te verduidelik nie, hulle sal weet. Dit is mos so n kyk wat alles sê, sonder om niks te sê nie.
   Ewenwel het ons ook n plan gehad om ons kuiertyd om die kampvuur langer te maak. Dit het ons die volgende oggend so om n skeermes bespreek voor die badkamespieëls in die ablusieblok. Kyk, so vroegoggend is die breine nog baie skerp. Sê ek, al wat ons moet doen is om vandag se wildsbesigtiging so n bietjie in te perk. Ons moet sorg dat ons so vier uur terug is in die kamp, dan rek ons mos nou ons ou kuiertydjie met n goeie 2 tot 3 ure. Die eerste ou wat terug is moet ons vuur solank start. 
  Man, het die manne se koppe nou oortyd gewerk, verskonings van die wild is min, is ge-opper(myne), Wille Willem het blykbaar gesê hy moet by n toilet kom. MagCyver het volgens my n goeie een gehad, hy moes nog kamstig die oggend se skottelgoed kom was, dan kan vroutjie mos lekker gaan stort.
 Vieruur kom ons omtrent gelyk by ons staanplekke aan. Vanaand rek ons n aand, amper so ver soos wat Trompie van die Bosombende sy kettierek kon uittrek. Nou laat ek daaraan dink, hy was darem n stoutgat.
  Sommer dadelik begin ek die vuur pak, ou Wille Willem se nood was ook toe nie so erg nie, en die vuurtjie het skaars sy tweede vlam gelek, toe kom hy met sy coolbag en n lang glas aangestap, n vars botteltjie brandewyn so onder die arm vasgeknyp. Ek dink ou MagCyver se skottelgoed was ook nie baie skoon nie.Toe ons die tweede enetjie gooi is hy ook daar. Hy het ons egter chop chop ingehaal.
   Nou kyk, as die manne nou so alleen kuier verloop die gesprekke so ietwat anders. Wille Willem het te vertelle dat
drank n liederlike ding is. Hoeveel keer het mense al gesê nooit ooit weer sal ek my lippe aan drank sit nie, en die keer bedoel ek dit. Terseldertyd vat hy n slukkie. Hy vertel verder. Ek is met n seminaar by Sandton City en na die vergadering verskuif ons manne na die kroeg. En daar haak ons vas, die verwerkte sappies vloei vrylik. Kyk n dronk mens raak mos altyd honger of soos my pelle daai jare gesê het, jy kry die “munchies “. Naderhand is dit half twee in die oggend en ek sien oorkant die Hotel is daar n Mc Donald's en dié se ligte is aan. Moet sê, teen die tyd is ek al lekker ver voor, en stap oor die straat vir n Mc Burger. Hulle deur is toe maar die Drive Thru is oop, ek steier na daai luidsprekertjie op n paal, druk daar tussen twee karre in, en druk die knoppie. Ek soek n Mc Milkshake , Mc Fries en een dubbel cheese Mc Burger. Die stem in die luid spreker sê vir my “ Is jy in n kar “? Ek vra kan jy my sien ? “Ja sê die stem en jy is nie in n  kar nie so ek kan jou nie bedien nie. Mense, het julle al ooit in n Drive Thru duim gegooi, ek offer om petrolgeld te betaal maar  niemand wil my oplaai nie. Almal is vies omdat ek kom indruk het. Einde ten laaste bestel ek toe n “Uber “ en toe kos daai eetgoed my n volle R450. En dit net omdat ek nie n kar daar gehad het nie. Stap toe maar terug Hotel toe, mense ek is deur daai deur wat sê “push” en  “pull “. Dit is maar n moeilike storie as n ou twee van alles sien. Kom daar n ander ou en gaan in die draaideur in. Ek val reg agter hom in. Toe ek hom vat het ek die ou voor my in die draaideur daar aant hardloop gesit. Dit het vir my gevoel soos daai draaiwiele van die kinderparkies, daai waarop jy so staan en so met die een been skop. Die ou kon nie afklim by sy stop nie so vinnig hardloop ek met daai deur. Al in die ronde is ons daar. Seker so met die vierde rondte spoeg die deur hom binne in die hotel in. Hy hardloop die hotel portier skoon uit sy skoene uit. Ek het so n bietjie gesukkel met daai deur wat se  “Lift “. Hy het vir my ore aangesit. Eers gedog jy maak hom soos n geragedeur boontoe oop. Die ou portierjie het toe darem tot verhaal gekom en my kom help.
   In die Hotel kamer het ek net ge-eet en is toe reguit kooi toe. Nou vra ek julle hoekom maak die personeel daai beddens se beddegoed so styf onder die bed se matras vas. Ek stoei om tussen die lakens in te kom, staan naderhand met my voete op die bed, rug teen die muur en soort van gly voete eerste tussen daai lakens in, dit voel asof ek “ge fax “ word, ek sweer my voete het in die kamer langsaan ge-eindig. Nou moet jy jou arms ook daar in kry, kry hul naderhand in, nou lê ek soos n mummie, jy kan nie omdraai nie en lê net op jou rug. So op my rug sien ek daar teen die dak sit n Gecko wat sy oë met sy tong aflek en die kêrel verloor sy grip en val op my bors. Al wat ek kon doen, met my hande so styf vasgepen onder die laken, is om so in sy rigting te blaas. Daai aand het my drank asem my lewe gered, toe my asem daai Gecko tref slaan hy bollemakiesie agteroor en val  van die bed af. Kon glad nie verder daai aand slaap nie, gewonder of daai Gecko teen die duvet gaan opklim en my kom uittrap oor my dronk asem soos my vrou altyd doen. Die volgende dag het hy nog steeds daar langs die bed gelê met sy babbelas lyf.Hy lê en snork vir n vaale. Nee man, ek sê julle, drank is n liederlike ding.
  Ek en MagCyver kon dit maar net beaam. Te lekker gelag.
  Vertel MagCyver van die tyd toe daai duikboot so verdwyn het. Dit was toenderjare kwaai in die nuus. Ek kan dit nog goed onthou, sê ek. So met bemanning en al op n missie het hy doodeenvoudig in die nuut verdwyn, heeltemal van die aardbol af.
  Hy het te vertelle hul gaan kamp daai jare daar by myl 108 daar in Suid Wes. Net hy en n klomp pêlle. Hy sê hy haak daar n kabbeljou. Sommer dadelik het hy geweet dit is n grote. Drie dae en drie nagte gespook om hom uit te kry. Sy pêlle moes vir hom spys en drank aandra om hom aan die lewe te hou. Met die einste Swiss Army Knife waarmee hy die heining daar by Berg en Dal oopgemaak het sny hy daai kabeljou daar oop. Waaragtig, daar kry hul daai duikboot binne in sy pens. Hy vertel hul het die duikboot toe maar teruggegooi, hul was bang vir Fauna en Flora. Met ons wat nog skaterlag sluit die vrouens by ons aan, silverskoon, en blink gepolish. Man, was MacGyver se vrou nou vir hom vies toe sy al vroegaand hoor hy weet nie meer so lekker waar om sy esse in te sit in n woord nie. Daai esse loop ook mos saam met n H.  Hy sê vir haar, wag net sho n bietjie, ek shall nou vi jou n shtoel gaan haal. 
    Toe niks gehelp ons het vroeër begin kuier nie. Vroegaand is ons al kooi toe. Ek sê nogal vir Wille Willem so in die wegstap, jy moet nou nie weer tussen die matras en die fitted sheet gaan inklim nie. 
Plaas ek my bek gehou het, dadelik wil sy vrou weet wat is dit nou? Net gehoor toe hul woorde so wegsterf, "Aag vrou , is shommer net n ou grappie".
 Ek weer het daar weggestap langs Ann, kompleet soos n stout kind gevoel, met haar wat sê, "vir wat begin jul nou so vroeg kuier, kyk nou net hoe lyk julle".
Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 17/06/2020 - 09:37

Dagsê vriende.
  Gister vir julle vertel van ons kampvuur kuiertyd op Jors se Kampvuurstories. Ek, Wille Willem en MacGyver het mos besluit, met die wat die vrouens ons nie toelaat om tot laatnag te kuier nie, om ons kuiertyd te rek. So het ons toe die vorige dag vier uur die middag begin kuier. Gaan lees dit daar. Dit het toe ook nie gewerk nie. 
    Maar ons is mos op vakansie, en julle ken n man. As hy wil kuier, wil hy kuier. Hulle kan vindingryke planne en verskonings uitdink om te kuier.
 In die wildtuin werk dit gewoonlik so dat jy vroegoggend uitgaan, tien elfuur is jy terug, dan maak ons gewoonlik "brunch" Ons reël dit toe ook so, dat ons saam brunch gaan maak in die oggende. 
   Met die hitte daar in die Kruger kan n ou daai tyd maar n ou kouetjie vat. Staan ons die een oggend daar voor MacGyver se karavaan en brunch maak. MacGyver se naam het ek nie verniet vir hom gegee nie. Sy Swiss Army Knife is permanent hier aan sy heup op sy belt gehaak. Hy hou van sy gadgets. Hy het op sy drieburner gaskoppe so n mooi ronde stainless pan.  n Lekker grote, vir ons ses oumense kan ons maklik in hom kos maak. Dit is in elk geval baie lekkerder om vir n paar mense kos te maak as om net vir my en die vrou kos te maak.
Heerlik staan ons met n kouetjie en gesels om daai pan. Die uie begin so bruin glans kry, n knoffeltjie kom by en die vrouens kry die lewer en niertjies reg. Die soetsuursousie is klaar reg en gaan netnou bygevoeg word. Die swart driepoot staan op die vuur met die reuk van krummelpap wat daar rondhang. Praat ons sommer so van toe ons jonk was en die kinders nog klein was.
  Wille Willem vertel dat hulle op n stadium daar in Kempton gebly het. Die kinders was mal oor die kom en gaan van die vliegtuie. Daardie tyd was Gold Reef City nog n nuutjie en hul en die kinders se bure besluit om ons as ouers te oorreed om soontoe te gaan.
  Nou ons ken van tolle, ketties,alies en kennetjie, en al daai derglike speletjies van vroeër jare. Maar ons nuuskierigheid is maar lekker geprikkel, ons laat ons oorreed om dit te doen.
 Die vorige dag loer ek na hul webwerf. Ja nee wat, lyk heel skaflik, lyk maar soos n opgeblaaste Merry Go Round. Ge-modifiede divebomber. Allerhande goed wat kan draai en swaai, julle weet mos. Dit lyk of dit regtig n plek is waarnatoe n mens n kind kan vat.
Die oggend is ons vroeg vroeg daar. Aanvanklik loop n ou mos so n bietjie rond, nou kyk, kosreuke soos hierdie van ons gebraaide uie hang daai hele plek vol. Ons stop daar by n worsbroodjie stalletjie, praat hul daar van n footlong ene, blikkies maar daai een op hul menu lyk lekker, die uie hang so uit die bun met n meneer van n stuk wors wat so sappig uithang op die kante. Bestel vir elkeen een en vir my en buurman elkeen twee met slap chips vir almal. 
  Maar nou wag, laat ons nou eers hierdie pap,lewertjies en niertjies pak slae gee.Toe begin ons eet. Na ete het hy net gesê, ek vertel jul vanaand verder.
Vreugde en vrede.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 18/06/2020 - 10:07

Dagsê vriende, 
   Nou ja, gister op Jors se Kampvuurstories vir jul vertel van my, Wille Willem en MacGyver se "Brunch Plan" om n dag in die Kruger se kuiertyd langer te maak.
   Ons het nou al die laatnag kuiers uitgecut na die vrouens se "KYKE" , toe traai ons die vroegmiddag begin kuier, dit is nou die vieruur vuuraansteek kuiers. Dit het ook nie gewerk nie. Ons ou manne se lywe wil nie meer so lekker lang kuiers verwerk nie. Dit is so al asof ons begin lig raak op petrol, of sal ek eerder sê, drankies. Voorheen kon ons vat, nou is dit asof ons so met tye aangepas het. Amper soos V8 enjins van vroeër jare wat nou lig raak op petrol met al die nuwe ontwikkelinge en tegnologie. 
   Nou dit is presies hoe ons nou raak, toe die kuiertyd langer raak het ons agter gekom die ou lywe kan nie meer die paar drankies hanteer nie. Ann het my mos berispe oppad terug karavaan toe met die woorde, " nou vir wat begin jul nou so vroeg kuier, kyk nou hoe lyk julle". 
  Wel, toe het ons die kuiertyd met "brunch" verleng en so n bietjie terug ge-cut op die voggies. Net n ou biertjie of twee met die voorbereiding van die kos genuttig.
   Ons het toe nou ons brunch ge-eet en ou Wille Willem het gesê, vanaand vertel ek jul verder van  Gold Reef City. 
  Hy het mos vertel van hierdie "Footlong" en chips wat hul gekoop het. So halfpad deur hierdie breakfast raak almal dors. Die kinders en vrouens soek Coke, ek en buurman kap elkeen n halwe liter volroom melk. Miskien was die olierige chips en ryk melk nou dalk nie die regte ding vir hierdie uitstappie by Gold Reef City nie.
   Sommer gou het ons as ouers agtergekom ons is nie hier om albasters en pop te speel nie. 
 Ons kom daar by een of ander stasie, " Runnaway Train" sê die ding. Klim ons klomp daar op. Ons is baie, ons sit al daai seats vol.
  Hy skut jou links, dan weer regs. As jy nou so van links na regs beweeg is dit mos so asof jou maag en lyf eers so twee sekondes na mekaar weer in lyn kom.
   Was toe afterall nie te bad nie. So bietjie los in die kop gevoel. Ons het egter te lekker gelag. Die kinders sê, " this is great, thanks mom and dad" en ons skarrel almal na die volgende "adventure". Man sê ek vir buurman, hierdie is nou pret. 
   Trek die kinders ons daar in n rigting, ons hoor net gille. ANACONDA  staan daar is sulke groot vet letters geskryf. Net die skryfstyl en kleure maak jou al bang. Die volgende oomblik voel dit of ons reg langs Jan Smuts staan.Klink soos n Boeing wat land.Ons Kempton ouens ken dit. Nee wat, ons ken van dit, dink ek.
  Die ou slangetjie skrik my nou regtig nie af nie. As Pa van ons huise is ek en buurman voor in die ry om hierdie ou slangetjie n les te leer. 
Ek stoot my bors uit, loop sommer so bakarm daar teen die loopplank uit, ewe windgat.
So n bietjie afgeskrik gevoel toe ek die ouens se gesigte gesien het wat afgeklim het. Nogal gesien die ouens is wit om die kiewe, gesigte met heelparty sulke strepe van verdagte kleure so al langs hul kennebakte langs. So tot in hul se nekke in. Met die opstap teen die loopplank vang ek so n suur reukie en ek besef hierdie slangetjie pak jy nie sonder handskoene aan nie. Daar kom n ou daar uit, hy lyk soos Tarzan van al die spiere, hy lyk of hy n spook gesien het, sy aster se jean is sopnat. Vir n oomblik nogal gedink, hoekom ry jy sulke goed met n vol blaas. Daar hang ook n stukkie spookasem en n sappige popcorn hier in haar hare.
 Toe weet ek, my dinge is geboek.Kleinboet het klaar uitge-chicken.Hy wag vir ons onder sê hy. Ek is braaf heel eerste in die queue in hierdie malligheid in.
  Ek stoot my bors nog drie duim vorentoe uit, trek my boude soos n troep op parade in.  My magtig, ek was darem op die grens. Wat is n ou Anacondatjie tog nou. Kan nie erger wees as Suid Wes en Angola nie.Hierdie gaan n piece of pie wees.
 Klim braaf in daai ding, voel nogal soos of ek opnuut in n Flossie inklim. Ek moet my bors wat so braaf en trots uitgestoot was intrek om die veiligheidstaaf tot op my skoot te sluit.
  Met almal veilig vasgegespe trek ons weg. Hy click click click mos so. Gaan ons so op en op en op met elke click. Dit is so half of ek so n beklementheid om my hart kom kry. Seker maar omdat ek my bekommer oor almal se veiligheid.
  Skierlik hou die click op en ek besef dat die laaste klok vir my geslaan het. Ons val daar ten hemele neer. Net om weer in die lug opgeraap te word voor jy jou te pletter val. Val jy weer, dan kom die kortpaaie van die  chanchers ter sprake. Eers wil jy links neuk, net om skielik van rigting te verander na regs, weereens is jou maag nog geneig om links te beweeg en so n breekdeel van n sekonde weer regs by jou liggaam aan te sluit.
   Nou voel ek daai worsbroodjies en chips van vroeër so rondskommel. Dan links , dan regs, nou weer bo en dan weer onder, nou versraan ek van wat hul praat in die lugmag van G Forces. Daai volroom melkie word nou gekarring en sit om in n soort van n botter. Saam met die vetterigheid van die chips en wors met al daai uie was dit n kwessie van tyd voordat die chemiese samestelling te veel sou raak vir die liggaam.
 So by my selwers gedink, as ek nou kon gepraat het sou ek die vrou gevra het of sy nie vir my n Rennie het nie.
 Helaas was dit te laat, met die volgende val het my ingewande met inhoud en al by my bek uitgevlieg. Of so het dit gevoel.
   Dit is uie en wors met n styseltjie by, tamatiesousie en mostertsousie, n chippie so nou en dan met die ryk bottertjie as n bykomendheid. 
 Daai ding stop so skielik, alles wat agter was kom vorentoe.
  Sonder enige krag het ek daar afgeklim sê Wille Willem. 
 Toe verstaan ek hoekom hy gesê het hy sal ons vanaand verder vertel na ons Brunch met die lekker lewer, niertjies en suursousie met daai lekker krummelpap van vroeër die oggend.
  Dit is hoekom ek van Wille Willem hou , n baie konsiderende man, die Willem.
Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 19/06/2020 - 13:43

Jagters en hul dinge.
Kyk, jagters is nou vir jou n ander spesie. Party van hulle is nou so gemaak en net so gelaat staan. Die meeste jagters is manne wat lief is vir alles wat saam met jag gaan, so ook vir die kuiers.
Ek weer, sal jag, maar hou meer van die kuiers en die kosmaak. Die om die vuur dinge met die hardekool stompe se rook wat jou oë brand en jou soos n stroois laat ruik. Die inry in die veld om hout te gaan optel.
Die, "sit nog n stompie op" oomblikke, wanneer die stories nie opraak nie. Die laatnag stiltes as alles stilraak. Die vroeg opstaan, die warm as oopkrap en om weer n stompie op te sit op die rooiwarm kole wat nou weer ontbloot daar by die boma lê. Die drink van n koffietjie met die klank van die bos wat ontwaak nog voor dit lig raak. Die voëls wat begin gesels. Hier dalk n fisant, later n kwêvoël. Die son wat opkom oor die bos. Man, dit bly maar net lekker.
So kamp ons eendag saam met Wille Willem en Speedoman hulle. McGyver hulle was ook genooi maar hul kon dit nie maak nie. Wille Willem sê , Speedoman vertel bietjie vir Jors van Suid Wes. Vertel ou Speedoman ons die volgende storie so om n laataand kuiertjie om die vuur. Hy sê, laas jaar besluit van die kêrels om bietjie in Namibië te gaan jag op familie se plaas. Ek het jul al vertel dat hy n blaarvreter is, dit is nou n Veggie, n vegetariër. Hy is eerlik, hy sê hy gaan eintlik net saam om die jagters geselskap te hou. Vleis is nou nie eintlik sy ding nie. Nou vertel hy verder van die groep. Daar is so n “ wannabe” paramedic wat saamgaan en die man sleep n Venter waentjie propvol medisyne, verbande, pleisters en inspuitings, net vir ingeval daar iets gebeur. In daai waentjie is nou wragties alles. Spalke , n oopvou draagbaar. Genoeg goed om n veldhospitaal in te rig.Jy kan sommer sien dit is n ou wat hierdie mediese ding ernstig opneem. Eintlik is dit heel lekker om so ou in die groep te hê. Met ons vertrek laat hy ons sulke vorms invul. Dit is sodat hy nou jou hele mediese geskiedenis op leêr het. Allergië en alle mediese vrae word opgeteken, amper soos wanneer jy inboek by n hospitaal. Ons daaglikse medikasie word aan hom oorhandig. Hy noem dat hy al gesien het dat die ouens as hul aant kuier raak vergeet om hul hart en bloeddruk pilletjies te drink. Hulle dink aan drink ja, maar nie water en pilletjies nie. Daar was met n vorige jag n ou wat amper in die hek geduik het, vertel hy, net omdat hy vergeet het om sy pille te drink. So kom ons die aand by ons kamp plek aan. Jong dis rof, daar is nie eintlik geriewe nie, dit is tente en waterkanne. Die bos is die badkamer. Teen n boom staan n graaf met n spesiale yster aan sy handle vasgeweld waaraan n toiletrol hang. Bokant die graaf hang n bordjie wat lees.
"Wandelende Toilet
Maak toe en bring terug"
Die ouens steek die vure aan. Sommer vinnig vinnig word daar lekker gekuier.
So het die medic dan elke dag gesorg dat almal hul medikasie kry. Daar word heerlik gejag.
Tussen ons klomp is daar n man wat aan hoë bloeddruk ly, hy drink daai blou pilletjies vir sy bloeddruk. Nou waar die mannetjie, dit is nou ons medic, opgeslip het weet ons nie. Ek skat hom so 68, miskien is dit maar die ouderdom, sal nie weet nie. En moet my nou ook nie vra hoekom vat n ou sulke pilletjies op n jagtrip nie, want ek weet nie. Julle moet maar eerder self die medic gaan vra, miskien is dit regtig maar net n ouderdom ding. Daai mannetjie het êrens die blou pilletjie met n Viagra pilletjie deurmekaar laat raak.
Ons vriend kry sy pille en soos oudergewoonte kou hy sy bloeddruk pil stukkend om dit in te sluk. En net daar begin die moeilikheid, sy tong staan stokstyf, sy lippe raak so styf en dun, dit span sulke repies oor sy tande en dit lyk asof hy grynslag vir ons as hy na ons kyk. Die manne daar om die vuur wil hul doodlag. Ons voer hom drank om daai pilletjie te neutraliseer. Naderhand is hy papdronk, dit het toe gewerk
Later die aand voel n ander maat die natuur roep, so hy vat die graaf en toilet papier en stap die veld in, dit is nou sterk donker. Die man het skaars gesit of hy vlieg op met n bloedstollende gil en hardloop broek halfpad op die knieë die kamp binne. Wat is fout vra die medic ? n n Slang het my gepik, die medic gryp sy tassie, haal daar een of ander antivenom uit en spuit die kêrel in. Nou laat lê hulle die man op sy pens om die slangbyt te ondersoek op sy boude. En daar sien hulle dit, die steekplek en die doring nog steeds in sy boud. Het julle geweet as jy slang venom ingespuit word en n slang het jou nie gepik nie, kan dit jou dood veroorsaak sê een van die ouens. Dadelik word hierdie klomp halfdronk jagters in soekgeselskappe opgedeel en is hul daar veld in opsoek na slange. Met hul flitse soek hul nou n giftige slang sodat hy die man kan kom pik.Ja ou broer, sê ou Speedoman, dit was nou vir jou n gatslag met die gewonde man.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 21/06/2020 - 12:17

Môre vriende.
Vee voor jou eie deur.
Seker jul het al die uitdrukking gehoor. Dit is nou wat een ou vir n ander sal sê as hy voel hy moet hom by sy eie dinge bepaal.
Kyk, Wille Willem het die ding nou eerstehands ondervind, maar heeltemal uit n ander hoek uit. En dit heel onverwags en eintlik helemaĺ onnodig. Jy hoor mos die boksers praat, van hy het nie eers die hou sien kom nie. Of jy hoor hy het in die hou in vasgeloop.
Hy vertel. So sit ek en my vrou op die voorstoep en ek sien dat my mooi hupse buurvrou haar vuilgoed drom aandra na die voorhek. Ek sê vir haar Amanda, jy moet roep as jy hulp nodig het. My vrou gee my een van daai vuil kyke ………ek besef ek moet red wat daar te redde is, en ek sê, dan stuur ek my vrou om jou te kom help. Nou, ek het al gehoor hul doen deesdae hierdie lensoorplantings vir ouens wat brille dra. Ek het dit met my swak oë al oorweeg. Hou nie daarvan om bril te dra nie. Maar nou ja, daar is net nie nou geld daarvoor nie. My vrou moes ook al van die lens operasie gehoor het. Sy slaan daai twee brillense uit hul rame uit binne in my oë in. Die lense wou egter nie vat nie en het teruggeval op die grond. Haar operasie was nie suksesvol nie en nou sit ek nog met die swelsel. Ek het daai dag ook nie die houe gesien kom nie. Oop oë het ek in daai fight ingeloop.
Ek het julle die storie vertel om die volgende een te kan vertel. Ek het n golf afspraak en kan om die dood nie my gunsteling sokkies kry nie, kry een maar sy maat is skoonveld. Dit is my "bring me luck" sokkies. So loop ek soek soek deur die huis en eindig in die voorkamer. My vrou kom in die sitkamer, en ek sê hardop vir myself, geen wonder mens kan nie iets vind nie, kyk hoe deurmekaar is die huis. Mamma kom staan met sulke gebalde vuisies hier voor my bors en sê, so my huis is vuil en deurmekaar. Dit is nie wat ek gesê het nie, sê ek, draai om en stap kombuis toe om die konflik te vermy, maar toe start daai 2 stroke enjintjie in Mamma se kop, en hy raas. Luister hier, moet nie jou rug op my draai as ek jou n vraag gevra het nie en sy volg my al die pad tot in die kombuis. In die kombuis gryp sy n besem en maak of sy na my gaan slaan en ek op my beurt gryp n bord wat op die droograk was en maak of ek mik na haar voete. Die bord was nog nat en gly uit my hand en spat aan skerwe op die vloer .
Mamma gryp my beursie uit my sak en vat R50 daaruit. Dit is vir die bord sê sy. Ek maak my beursie oop haal nog R50 uit, stop dit in haar hand en gooi nog n bord stukkend. Toe haak daai two strokertjie heeltemal uit. Sy slaat my met daai besem dat ek tussen die groente rak en die oop spensdeur val. Geskok en verbaas lê ek daar en toe reën daai houe op my. Nie so hard nie maar so aanhoudend en ek sien ek gaan vasgekeer word in daai spens en dan slaan sy my dood. Ek probeer opstaan maar gly op die stukkende borde en val soos n os terug op my rug. Die geslanery hou op en toe bars Mamma uit van die lag. My bril hang skuins oor die een oor. n Los koolblaar hang met sy bak soos n wafferse pruik, ook so half skuins oor my bles. My bek so groot oop met my valstande vasgeslaan in n aartappel. Ek kom orent en haal die aartappel uit my mond. Die valstande kom saam uit. Steeds ingebyt in die aartappel. Ek begin verleë saamlag, ons lag toe so dat ons mekaar moet vashou, die trane rol oor ons wange. Ek het daai dag besef dat ek veilig is by Mamma. Sou n dief hier inbreek, sal hy sy moses teekom met Mamma en haar besem. Hy moet net eers n bord breek.
Dinge was net weer mooi kalm en rustig in ons huishouding toe word die vrede verbreek. Ons buurvrou kom daar aan met my lang vermiste sokkie. Hy moes afgewaai het van die wasgoedlyn af, in hul erf in, so dink ek maar. Sal nou regtig n plan moet maak met die lensoorplantings. My bril lyk al soos Skollie van Vyfster sin van al die gom om hom aanmekaar te hou.
Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/06/2020 - 11:13

Dagsê vriende,
DIE LOODGIETER.
Kuier ons een tyd by die kinders. Ons seun het gaan jag en ons gaan help n bietjie met die kind en ons verwagtende skoondogter.
Nou kyk dan is dit nou vir jou n gejol. Ons speel buite op die gras. Boetman, nou twee, dink dit is baie snaaks as oupa sy been so hoog optel dat hy onderdeur kan hardloop. Nou is dit
n speletjie, dan van voor af, dan van agter af. Al hier tussen oupa se bene deur. Hy ken nie van ophou nie.
Einlik n gevaarlike speletjie wat ons speel. Op twee is sy kop net mooi hoog genoeg om oupa lelik te laat seer kry sou oupa nie sy been hoog genoeg optel nie. Met die ander voet op die grond moet ek nou so half op die bal van die voet gaan staan. Nou lig ek die V tussen die bene darem nog so n duim, duim en n half uit die gevaarlyn.
Kyk, dit was eintlik net n ongeluk wat wag om te gebeur. Oupa en Boeta se timing moet net reg wees. Oupa moet oopmaak, sy been lig en hy moet deurhardloop. Of hy was te vinnig, of oupa was dalk te stadig. Dit is amper om soos met n te hoë lorry onder n te lae brug deur te ry. Sy koppie tref my volskoot daar waar die plumbingworks sit. Ek sak net daar op die gras inmekaar. Was eers lus en sit soos n stout kind en huil maar het dit eerder gelos. Kom vroulief en skoondogter daar uit die huis uit en sê ek moet kom kyk, daar kom water deur die plafon.
Oupa is met sy eie plumbingprobleem daar teen n leer uit, in die dak in. Ja, n pyp wat lek. Nou is dit stopkrane toemaak, gereedskap opvat dak toe, die pyp uithaal. Jy staan mos so wydsbeen oor die balke, en word gedruk waar jy nie gedruk wil word nie. Jy kan ook nie regop staan nie, die dak is te laag. Boonop is dit vrekwarm in die dak. Dan is dit uit die dak uit, dorp toe om die nodige goed te gaan aankoop.
Weer terug is dit nou weer in die dak in oor die balke tot by die pyp. Met die pyp herstel klim ek gehawend terug deur die mangat. Ek is bruin van jare se stof in die dak, die sweet stroom teen my lyf af in sulke bruin strepe. Alles bewe van hierdie raaktrap en skuins staan sirkus mannewalisse op die balke. Ek haal die tortch uit my bek uit waar ek hom vasgebyt het om vir myself te lig. Ek dink ek het klem in die kaak. My kakebene is so lam, my bek bly net so oop hang. So n koëlronde tweeduim mond. Die agterkant van die torch het permanente skade waar my tande vasgebyt het. Daar sit duidelike bytmerke.
So het dit darem rustig geraak en is ons die aand bed toe. Die volgende oggend word ek wakker, ek het oornag verouder. Ek kan omtrent nie loop nie. My rug is seer, my bene is styf. Alles pyn. Ek staan soos n bloubal aap met sulke krom bene. Ek dink dit is van al die wydsbeenstaan oor die balke in die dak.
Nee wat, plumbing is nie vir my nie.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/06/2020 - 10:45

STOKERS EN SLAGTERS.
Dit is nou nie die stokers wat treine gestook het vroeër jare nie. Ek praat nou hier van ons selwers.
Was darem lekker om vroeg te moes opstaan en die stoof te gaan stook. Eers met stronke en hout en later met kole. Dan word die ketel met water opgesit vir boeretroos.
Die oond moet hitte begin kry vir netnou se brood, beskuit en of koek wat gebak gaan word. Die pot met die afval kom dalk bo op die plate by.
Of dalk is dit kookkos vir middagete. Reis, vleis en aartappels wat goud blink as jy hul uit daai oond haal. Die boontjiegereg met uie en n aartappeltjie wat staan en prut op die stoof se geure hang in die lug. n Skaapboud wat vandag se slagterskaaltjies sal laat kreun.
Daai jare se skape was nog skape, as hy aan die n hak hang kon jy sien daar is vleis, nie soos vandag se lammertjies nie. Hul lyk kompleet of jy n meerkat raakgery het en vir n bietjie vleis aan n biltonghakkie kom ophang het.
Selfs die slagters was groot manne, hak n skaap man alleen met een arm van die hak af. Hul was ook blokmanne genoem.Ek dink dit was meer omdat hul n blok van n man was.
Nee, vandag se outjies is mannetjies wat nog ses uur op n bicycle gery het, ander draf dalk. Daar is selfs van hul wat Gym toe gaan om spiere te bou. Hul begin selfs eers agt uur te werk.
Nee, jong. Laat ek jou nou vertel, dinge het baie verander.
Vreugde en vrede vir julle.
(Tong in die kies storie)

Jors se Kampvuur Stories se foto.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/06/2020 - 10:45

DRIVE THRU.
Wille Willem het een aand om n kuiervuur die volgende te vertelle. Ek het jou nou die dag vertel van my ondervinding met McDonald's toe ek aangeklam was. Van die aand wat ek ingestap het in n Drive Thru, sê hy. Kom ek vertel jou van n ander keer. Hierdie keer was ek dood nugter en sit ek in my kar om deur die Drive Thru te ry. Die ry beweeg stadig vorentoe. Kom ek naderhand by die speaker phonetjie en begin my redelik lywige bestelling plaas, koop mos nou omtrent vir die hele aftreeoord. Skielik toet die kar agter my, omdat ek so lank vat om my order in te sit. Ek kyk in die tru spiëltjie en sien so jongerige dame met rooi hare met n matching rooi sproet gesig wat my aangluur. Ek sit my besteling in en ry een kar lengte vorentoe tot agter n ou wat by die betaalvenster betaal. Uiteindelik is hy klaar ek ek beweeg vorentoe na die betaal venster.Die ongeskikte dame is nog besig om haar bestelling te plaas. Ek hou haar dop en toe sy klaar is, kom stop sy agter my. Ek beduie vir die kasiere ek wil graag vir die dame agter my ook betaal, en doen toe so. Ry tot by die kollekte venster ek sien dat die dame vir die rooi gesig beduie dat ek reeds vir haar bestelling ook betaal het, skielik is die dame baie meer vriendelik, flits haar ligte vir my om my aandag te trek en toe sy sien ek kyk vir haar waai sy vir my om dankie te sê. Ek waai terug om te wys dit is n plesier. Ek hoop dat sy haarself skaam vir haar gedrag vroeër om vir my toeter te blaas. My kos kom, ek betaal daarvoor en wys en beduie dat ek twee orders het en oorhandig die tweede strokie. Nou kry ek ook haar order en ek beweeg vorentoe tot by die uitgang en wag. Ek sien net dit is n verskriklike beduiery. Daar is nie vir haar kos nie. Die werker beduie in my rigting. Ek waai en trek met n spoed weg. Toe is sy eers rooi in die gesig, sy is briesend en lê op haar toeter. Nou moet sy weer om ry en agter in die ry gaan staan.
Moet nie met senior burgers mors nie ons het die tyd en die geduld.
Ons is ou jakkalse, ons loop laat in die nag. Boonop was my vrou te bly toe ek sê ek het sommer vir ons aandete ook gekoop.
Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 27/06/2020 - 09:24

Dagsê vriende,
                DIE EILANDVAKANSIE.
Vandag praat ek oor iets waaroor n man eintlik nie moet praat nie. En as jy nou daaroor moet praat moet jy as man bitter bitter versigtig praat. Oordink elke woord. Ou broer laat ek jou nou sê, as jy opslip hierso, gaan jy baie geld nodig hê vir blomme en geskenkies en sulke goed. 
 So vertel Wille Willem my die volgende storie. Ek het al dikwels gewonder hoekom hy onder n skuilnaam vir my dinge vertel. Hier is dit dalk beter om dit te doen. 
Kyk ek het hul, dit is nou Wille Willem en sy vrou al op n kamp ontmoet. Hy is so n ou maer mannetjie, sy vrou weer is minder maer. Hulle gaan kamp met n ou Sunway. Dit is nou n dubbelas dubbeldeur karavaan. Die een deur is gemodify, lyk amper soos n garagedeur. OK ek oordryf seker nou n bietjie, maar hy is groot. Ek het al opgelet as sy naby is dan praat hy van mammie.So vertel hy, hy het dit vir mammie laat doen.
     Hul trek met n  Ford Fairlane V8. Ek sê, magtig ou Willem, hy trek seker lekker, waarop hy sê, my ou maat, tussen daai dubbelwiel wa en die ou vrou moet hy vat.   Partykeer op die bergpasse klink dit of hy gaan doodtrek.
    Nou vertel hy verder aan die storie wat ek jul eintlik wil vertel. Moes jul darem net eers n bietjie agtergrond gee.
     Nou ja ek sal nie sê my vrou is vet nie,  maar maak nie saak waar jy in die huis sit nie, jy sit langs haar. Mamma besluit dis tyd vir gewig verloor en sy skryf in by een van die Slender Woman of Wonder Woman dieët plekke. Wou eers vir haar sê dit was hoog tyd, toe hou ek eerder my bek. En Mamma verloor so gewig dat sy 2 de prys wen, n vakansie vir twee by n sekere Eiland. Nou wil ek net noem dat geeneen van ons nog op n vliegtuig was nie, never mind op n Eiland. Mamma sit in die vliegtuig by die venster, ek sal op die terugvlug my beurt kry. Sy kyk uit by die venster, sy sê,haai Pappa, kyk die mense op die grond, hulle lyk soos miere. Ek sê, Mamma dit is miere ons het nog nie opgestyg nie. So land ons op ons Eiland waar ons verwelkom word met so n blommekrans gedoente om die nek en vrugtesap in n bamboeserige beker met sulke hare aan. Eers later gehoor dit is coconuts.
    Die volgende oggend vroeg is ons op, die program lyk nogal besig vir die dag. Een van die pryse is ook dat Mamma agter n boot getou gaan word. Sy word in n harness vas ge-gespe en n ding wat lyk soos n miniature Zeppelin wat hier bo haar hang. Die motorboot met sy V12 engine brul en daar gaat Mamma wat lyk soos een van daai tolbosse wat deur die wind aangewaai word op die strand. Ek sien dat drie van die manne op die boot vorentoe klim, want toe lyk dit asof daai boot op sy stert gaan sit het, seker om bietjie meer gewig voor op te sit in die neus. Genadiglik styg Mamma op in die lug en toe lyk dit amper soos sonverduistering soos Mamma voor die son verby skuif .
   Omdat ek n outjie is wat geen sin sien om sulke lawwe goed te doen nie, vat ek my snorkel en gaan snorkel tussen die riwwe. Swem ewe lekker ek kyk die vissies onder die water. Kom so swart vissie na my toe nogal heel mak en ek steek my vinger uit na hom. Hy knibbel  aan my vinger en toe hap die klein donner my. Ek skrik myself in n ander bloedgroep in, want lyk my dit was die teken vir die ander om aan te val. Hulle byt my bene, arms en op my rug. Dit is  toe wat ek soos n kurkprop uit die water skiet, my arms meul soos wafferse spane. My lyf raak die water en ek skiet soos n jet propelled torpedo vorentoe, rigting strand. Die vissies dink hulle prooi gaan wegkom en hulle sit my agterna. Teen hierdie tyd vat my lyf net so hier en daar water soos my arms meul, ek hardloop swem myself uit my koshy uit. Die laaste branders ry ek soos n wafferse kayak surfer, sonder die bootjie. Ek slat daai strand met n spoed dat my hele bek vol sand is en daar so V agter my teen die strand optrek. Ek kom agter die kinders daar kyk nie vir my gesig nie, maar laer af Ek pluk daar n piesangboomblaar af en stap mank mank terug Hotel toe. Vir 3 dae het ek sand koekies gepoef, en om alles te kroon het my Crown jewels ook n rash opgetel van so oor die sand skuur. Ek gaan sien een van daai Dokters met die bene deur die neus en hy sê ek moet die crown jewels in piesang blare toe draai. 
  Mamma kondig aan dat sy die volgende dag gaan Bungy Jump, ek sê vir haar ek wil eers die brug sien voor sy spring my assuransie dek nie brue nie. Net daar het mamma se gesindheid teenoor my baie verander. Die been in die neus dokter het my vir die res van die tyd met coconutmelk en crushed coconutpasta op my oë behandel. Daai jare se donkerbrille het mos sulke groot lense gehad wat van jou bles af tot by jou bo-kaak toegemaak het.Die het toe goed gewerk
   Soos n blinde het ek met n dun bamboesriet en donkerbril geloop en die vliegtuig bestyg met die terugkomslag. Mamma het toe weer die venstersitplek gekry. 

Vreugde en vrede vir julle.
NS. Jors se Kampvuurstories is nou in boekvorm beskikbaar.Whattsapp 0731709344.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 29/06/2020 - 09:43

Dagsê vriende, 
               DIE "JACKPOT" GESLAAN.
  Voor almal nou hul ou geldversoekies instuur vir al hul ou behoeftetjies, hierdie is maar net n ou storietjie dat ek hom geslaan het. Hou net aan lees, julle sal later verstaan.
   Gister was ek Kerk toe met die 50 mense beperking. Wat n belewenis maar ook n vreemde ondervinding. Die kerktoegaan en aanbidding was wonderlik. Sê ek vir die vrou toe ons uitkom of sy opgelet het hoe die mense omtrent nie met mekaar gepraat het toe ons uitkom nie. Dit is nou regtig so "nie ek nie" Ek is iemand wat ander se geselskap geniet. Ek is n mense mens. 
  Vertel my van jouself, jou geliefdes, dit wat vir jou belangrik is, en ek is die ene ore. Dit is mos lekker, is dit nie?
  Preek die predikant oor ons, dit is nou ek en jy. Oor n goeie naam. Nou moenie skrik nie, ek gaan nie preek nie. 
  Ek dink, vir elkeen van ons is ons name belangrik. Wat ander van ons dink. Die oumense  het altyd gesê "as jy jou naam verloor het, het jy alles verloor". Ander kere sal jy van n goeie persoon hoor, dan sal iemand sê " hy het sy naam gestand gedoen. Of iemand het sy naam vooruit geloop.
  Vandag hoor ons baie "hy het sy naam met n plank geslaan"  In kort beteken dit hy het êrens droog gemaak. Of iemand sal sê "ek worry nie wat ander van my dink nie". Ek dink in n mate jok ons vir onsself. Ons as mens wil hê ander moet van ons hou. Al is dit dan nou net jou vrou, kinders of familie wat van jou moet hou.
    Maar vir eers moet jy van jouself hou. Man is dit nou n lekker ding. Ek bedoel nou nie jy moet oorboord gaan dat ander nou weer dink, "sjoe, hy laaik homself darem kwaai nie" Nee man, wees net nice met jouself. 
   Eendag gelees van iemand wat die wêreld deurreis het. Hy het gesê, van die gelukkigste mense wat hy ooit ontmoet het, was van die armste mense wat hy ooit ontmoet het. 
  Nou die dag so gepraat van vet mense. Man, kom ek jou sê, van die vriendelikste mense wat jy kan ken. Vertel n vriend ons nou die dag van n vakansie. Hy en sy vrou nooi sy broer en sy suster, albei enkellopendes saam op vakanie. Sy is so n mens. Sy is groot., maar sy borrel van vreugde en geluk. Afgetredenis het mos nou nie meer gesinsmotors nodig nie.Dit is mos nou n kleiner motor of bakkie. Sy is egter te groot om agter in n motor te ry. Hul ry met sy Golf bakkie, die vrouens ry agter in die canopy.
  Op pad Natal toe kry die waentjie n pap band. Sy sit daai bakkie se gat vas,hier teen die cab. Hy, wat bestuur sou dit nooit gevoel het nie, die vrouens klop aan die venster toe die rubberstukke so deur die lug vlieg. 
   Met die band geruil vertrek hul weer. Die fout wat hy maak toe hul weer wegtrek is om nie te wag dat die vrouens weer hul sit hier teen die cab gekry het nie. Hy sê die voorwiele sweef so oor die teer, hul kry nie mooi rigting nie.Die vrouens is nog besig om so op hul sitvlakke vanaf die flap na die cab te skuifel. 
   Sy broer sê, wat de dinges is nou fout. Hy merk droog op, het jy al "live stock getransport".Toe onthou ek weer hoe dit voel om rondgestoot te word deur jou vrag. 
    Hy vertel dat hy op daai afdraandes  af Natal toe in die vragmotorbane gebly het, hy moes op sy gears daar afgaan teen die bergpasse. Hy sê daar was oomblikke dat hy gedink het hul is filmsterre in die fliek" RUNAWAY TRAIN". Vertel hy vir my hy het dit n paar keer oorweeg of hy moet gaan vir die sandpit opsie, dit is nou as hy gesukkel het om die ou bakkietjie onder bedwang te kry.
 Ewenwel, hul het heerlik vakansie gehou, elkeen gelukkig in sy eie vel.
  Toe laat dit my dink, het jy al die "Jackpot" in jouself ontdek. Jy is dalk veel  ryker as wat jy besef het. Leef jou rykdom, jouself, uit.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampvuurstories is ook nou in boekvorm beskikbaar.Whattsapp 0731709344. Kostes R160  per eksemplaar +  R100 (Een tot op 25 boeke) koerierkostes, d.w.s 5 kg.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 30/06/2020 - 12:06

Dagsê vriende,  
              DIE VAN REENENSPAS
  Gister vir jul vertel van die Gholf Caddy bakkie wat afry Natal toe met die vrouens agter in. Sommer dadelik laat weet ou Wille Willem my, laat ek jou vertel van Van Reenenspas.
  Hy het te vertelle. 
Die jaar is 1974. Plekname en persone se name is verander om hulle privaatheid te beskerm. Toe weet ek sommer hier kom n ding. Ek is opgeroep na Oom Magnus Malan en Seuns se Maatskappy om ons land te beskerm teen die rooi gevaar. Ek woon in Durban my hele lewe lank en die verhuising na Pretoria , Voortrekker Hoogte om presies te wees was n groot kulturele skok. Ons Durban boys is mos “surf, dagga, drank en chicks boytjies", miskien nie in daai volgorde, as julle verstaan wat ek bedoel. Ek meen nou, geen normale nugter ou sal saam met die haaie gaan rondobber in die see nie. Het jy al gesien hoe roei n ou as n haai so hap hap agter jou, vra hy. Dit terwyl die chicks in hul bikini's op en af spring en jy jou "pose" moet hou.
   Na basiese opleiding kry die “gevangenis “mos naweek pas en om in Durban uit te kom was n uitdaging, gelukkig vir my het ek n maat gehad wat op Harrismith gewoon het, en die het n kar gehad. Nogal n Volla. Na die Parade Vrydag middag  lyk dit soos n laerskool wat uitkom soos die manne die hasepad vat om by die snelweg te kom om te “hitch-hike” huistoe. Ek en my maat loop na sy kar en draai die kar se gat na Voortrekker Monument en is ons oppad Harrismith toe. n Volla is eintlik n moeilike kar vir n jong ou, met die dat albei kante na voorkante lyk as jy gesuie is, maar ek sal jou annerdag daarvan vertel. Ry ons te lekker en luister Springbok radio se Top 20 treffers op daai ou Rally radiotjie. Clap your hands and stamp your feet was daai jare n hit. Ons kom amper sonder die Volla se floorboards daar aan die nag so half twaalf. Hy laai my af waar die bordjie sê Durban N3 380 km. Luister manne, die Vrystaat maak amptelik toe om 7 in die aand. Hier staan n eensame troep in die stikdonker in die middel van die nag, ek dink die maan is ook op awol. Die verkeer is min, so elke halfuur n motor wat verby kom maar niemand stop om my op te laai nie. Daai jare se ou karre se liggies was mos so n ou flou dofgeel liggie en het mos so n paar tree voor jou in die teer in verdwyn. Hulle raak heeltemal weg in die donker. Ek dink die helfte van die mense het my nie eers gesien nie. Dit is nou al drie uur in die oggend en ek oorweeg dit sterk om na die oorkant van die pad te stap en terug te hike Pretoria toe.
  So teen half vier sien ek so n ou flou geel liggie teen n slakke pas aankom, hy stop. Dit is n ou Wolseley Princess, wie van julle onthou daai ou Britse karre, die wrak op vier wiele stop hier by my waar ek nou al amper in die middel van die pad staan. Dit is n stokou swartman en sy hele familie in die kar en hy vra my ken ek die pad na Ladysmith. Ja sê ek, ry net reguit aan jy kan dit nie mis nie. Hy vra my waarheen is ek op pad en ek sê Durban. Klim in, sê hy, hy sal my n geleentheid tot in Ladysmith gee. Jong, die karretjie is vol, vier vrouens sit daai agter sitplek vol, hulle is groot en een beduie ek moet op haar skoot sit. So in die wegtrek sê hy nogal, "Ons, ons loop by die nag, ons passop hom die polieste, die kar hy es nie by die pad nie" Toe weet ek, met Van Reenen voor ons is ek nou soos hul in Armytaal sal sê, in die doodsakker. So ingeskuif tot op haar skoot, my kop raak die kar se dak, ek moet my nek buig om die pad te sien en daar trek ons. Mense, alles rattle op daai kar, die flou ligte wat skaars n mot se aandag sal trek, skyn so half die bosse in. Dit is hoekom hul my gesien het, hulle skyn nie eers naastenby in die pad nie. Genadiglik lyk dit vir my die kar kan skaars 60 km per uur haal. Dit laat my dink aan die liedjie “Hoe ry die boere sit ,sit so “ en ek sit lekker sag op die Mamma se skoot. Die van julle wat daai Van Reenen pas ken sal mos weet hy begin met so stadige afdaal wat dan al hoe vinniger gaan. In die begin rammel die ou kar teen n slakke pas maar begin al hoe vinniger loop, die drywer smaak my sukkel hoeka om die kar op die pad te hou en tot my ontsteltenis besef ek dat die brieke so te se gedaan is, want hy pomp en pomp maar dit verander geensins die spoed van die nou amper weghol rammelkas nie. Ons slinger oor die pad van links na regs en ek begin ernstig te bid vir ons veiligheid. Ek weet nie hoe lank daai gebed was nie, maar het soos n ewigheid gevoel toe voel ek die kar begin spoed verloor en besef ons is onder in die pas en sal gelyk pad vorentoe kry. Die sweet stroom die drywer af, die brake fluid reuk hang swaar in die lug. So laai hy my teen daglig af langs die N3, waar hy afdraai. Ek bedank hom vir die saamry en sien hoe die een ou rooi agter liggie verwyn na Ladysmith. Mense, tot vandag toe nog, as ek Van Reenen opry skiet daar n dankgebed op vir daai donker nag van hel in n Wolseley.
  Sjoe, ou Wille Willem, sê ek.Ek is bly jy is gespaar om darem die storie te kon vertel.
   Ja ou broer, amper was my ou liggie ook uitgedoof.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampvuurstories is ook nou in boekvorm beskikbaar.Whattsapp 0731709344. Kostes R160  per eksemplaar +  R100 (Een tot op 25 boeke) koerierkostes, d.w.s 5 kg.