TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -1 hour ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -2 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -2 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -2 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -3 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -3 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -3 hours ago

Red Ons Kampeerbedryf

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Sun, 31/05/2020 - 12:33
Forums

Ek is op dié fb groep.

Sien Prof Neels het dié geplaas ...

Our group can take the lead. The following is a draft and I need your feedback asap on the wording that will form part of the petition. You can post comments here or email me at neelscamping@gmail.com.

“Leisure camping tourists wholeheartedly support the measures our government has put in place to contain the spread of COVID19 in SA. 

 

Worcester

Wildehont

Fri, 31/07/2020 - 08:37

Onthou, niks wat in ‘n toespraak gesê word is wet totdat dit in die staatskoerant afgekondig is nie. Ek is seker talle oorde sal dadelik deure oopgooi, maar instansies soos SANPARKE sal wag vir die nuwe regulasies en na gelang daarvan besluit of en hoe hulle gaan oopmaak indien enigsins. 
As jy ‘n wetsgehoorsame burger is gaan jy ongelukkig by die reëls moet hou of pakslae kry. Dit geld vir die oorde ook. Ons moet dus maar wag tot die regulasies afgekondig is en dan sien wat die oorde en parke se reaksie daarop is. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 31/07/2020 - 08:52

My leke-opinie :-

Die aangekondigde vergunning vir verblyf en ontspanning sal ook kampering by oorde insluit.  Ek twyfel of die regulasies spesifiek van kampering melding sal maak want kampering is nie juis bekend aan hierdie beleidmakers nie. Maar ek glo tog kampering is ingesluit by die bedoeling om vakansies binne provonsiesies moontlik te maak want indien dit uitgesluit sou wees, sou dit soos Air-BNB's spesifiek van die vergunning uitgesluit gewees het.

Die regulasies behoort vandag in die normale Vrydag-Staatskoerant gepubliseer te wees.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 31/07/2020 - 10:52

.... dat die regulasie kampering ook gaan insluit. Ek het juis vanoggend vir Ralie gesê dat indien dit nie kampering gaan insluit nie, gaan ek my kamp-bespreking in Karoo Nas Park verander na chalet-akkommodasie. Maar ..... ek kan slegs 2 nagte in 'n chalet gaan bly vir die kostes wat ek reeds vir 9 nagte se kampering betaal het. My lus vir 'n Karoo-kuier hang egter nou só ver uit, dat ek bereid is om maar daardie "knock" te vat. Dan miskien nog 'n nag of twee iewers (Prins Albert, Oudtshoorn??) in 'n Lekkeslaap selfsorgplekkie in te sluit ten einde die trippie die moeite werd te maak. Ek hoop egter dat ons teen November oor provinsiale grense mag reis - anders duik my Mokala- en wildtuinbesoeke ook in die hek.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 31/07/2020 - 11:54

Ek het al ons besprekings vir 2020 oorgedra na 2021 behalwe ons Namib trip in Desember, maar het reeds plan "B" sou ons nie Botswana of Namib mag deur gaan nie.

Worcester

Wildehont

Fri, 31/07/2020 - 13:54

Noudat almal begin lippe aflek vir kampeer omdat ons eersdaags weer mag begin reis vir ontspanning wil ek hoor of iemand al by Glentana kampeer het. Ek het mos ‘n midweek gewen by Hartenbos, maar dis in ‘n hut. Ek het voorlopig vir November bespreek en nou begin dit lyk of dit kan afkom. My plan was (en is steeds) om die naweek voor of na (of dalk beide) te kampeer daar naby. 
Ek weet hier is baie Hartenbos liefhebbers op die forum. Ek kan verstaan waarom mense geniet om daarheen te gaan as mens na die hele pakket kyk. Die kampeerterreine staan my egter nie aan nie. Dis te groot en geometries en opmekaar sonder plantegroei en as dit besig is te veel mense. Dis maar my mening, maar smaak verskil. 
Ek kyk na Glentana aangesien dit redelik naby is aan Hartenbos, en meer na my tipe oord lyk. Hier is nie ‘n resensie op die forum nie, so ek wou hoor of iemand al daar kampeer het en die oord kan aanbeveel (of nie).

Hello Chris

Ek het al eenkeer, lank gelede, voor 2000, daar gekamp.

Ek was alleen daar, maar onthou jy kamp inderwaarheid in 'n sloot, agter 'n sandduin. Die voordeel is dat die wind jou los, maar as dit reen, kan jy oorstromings verwag. Al die water van die berg se kant, en uit die dorp, het daai dae aan die bokant van die park deurgevloei see toe. As die pyp verstop het jy ,,,,,

Vriende van my gaan egter elke jaar soheentoe, dus kan jy dit probeer. Dit is sekerlik net 150m van jou wa tot op die sand. Hopenlik kan jy onder die melkhoutbome koelte kry. Daar was nie veel ander die tyd toe ek daar was nie.

Groete 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 31/07/2020 - 14:27

Ons het vir 10 dae daar gekamp in Oktober 2016. Ek het dit as netjiese oord ervaar (dieselfde eienaars as Buffelsbaai). Dit was stil met enkele kampeerders aangesien dit buite-seisoen was. Die park is baie beskut in 'n tipe van klofie geleë. Jy sien nie die see van daar af nie, maar dit is net oor die bultjie. Die strand is seker sowat 100 meter vanaf die park se ingang. Lieflike grasbedekte staanplekke. Toe ons daar was, was net die ouer ablusieblok oop - nie modern nie, maar netjies. Ek sal enige tyd weer teruggaan Glentana toe.

Glentana

Glentana

Glentana

Dit is een van die oorde wat "pet friendly" is (buite-seisoen). Dit was die hoofrede hoekom ons daar gaan kamp het, want ons kon vir Stoffel (ons African Grey) saamneem. By ATKV Hartenbos mag jy nie eens jou kanarie (wat dalk nie eens kan sing nie) saamneem nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 31/07/2020 - 19:36

Willehont, Buffelsbaai is die plek vir n ongelooflike ervaring. Ons het in Knysna gewoon vir bykans 30 jaar, en baie naweke en vakansies op Buffels gekamp, presies 21km van Knysna dorp.

Die dae toe neef nog tekkies uitgepak het, het ons klomp elke Sondag Buffelsbaai toe gedraf, dit is as ons nie n wedloop die Saterdag gehad het nie. Ai, en as ons so teen 9uur die oggend daar land, het ons ondersteunings bussie n klomp koue bier. Op die strand, 9uur op ñ Sondag oggend, 21km gedraf.

Worcester

Wildehont

Fri, 31/07/2020 - 21:18

Oom Neef, dit klink voortreflik maar dis bietjie wyd van Worcester af. Ek beplan om die Vrydag halfdag te vat en Glentana toe te sleep. Ons staan dan daar tot Maandag en skuif Hartenbos toe in ‘n rondawel tot Vrydagoggend. Dan sleep ons Jongensfontein toe vir twee aande weer in die Kavango. Van daar af is dit 3 ure huis toe die Sondag. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/08/2020 - 07:44

Alhoewel ek nog nie daar gekamp het nie, het ek al gaan kyk na die kampeerterrein. Die ligging en die uitsig is bykans onverbeterlik. Ek dra kennis van kampeerders wat (by wyse van spreke) "geswore" Buffelsbaaiers is. Ek dink o.a. Servaas (van hierdie forum) en sy Martie is o.a. van laasgenoemdes.

Ek het egter uit meer as een bron verneem dat wanneer die wind vanuit die see besluit om jou te roer, dan word dit behoorlik gedoen - amper soos by Stormriviersmond wat ook 'n wonderlike uitsig oor die see bied, maar waar jy jou ook moet regmaak vir die kere wat die wind stormsterk vanuit die see waai en kampeerders al groot skade beleef het.

Maar dat Buffelsbaai na 'n bykans idilliese plek lyk om te kamp (as die weer saamspeel), is nie altemit nie.

Worcester

Wildehont

Sat, 01/08/2020 - 08:17

Ek verkies dit om soos by Yzerfontein agter ‘n duin of by Jongensfontein agter digte bome te kampeer by die see, juis vir die rede wat Oom Chris noem. Die Wes-Kaap en wind loop ongelukkig soos boude saam. Buffelsbaai klink egter verruklik. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/08/2020 - 15:30

Buffelsbaai

Pragtige kampplek en lieflike strand.  Hier staan ons met uitsig oor die see. Gelukkig was die wind ons genadig.

.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 01/08/2020 - 20:00

Ons Suidkus, tuinroete, het nie vreeslike wind as n daaglikse gegewe nie. Van die lekkerste weer daar, is die bergwinde in die winter, dan is die see potblou en yskoud.

Wat ons locals dan doen is, n bottel Sjampanje Tobasco, Swart peper, duikbril en messie. Duik Oesters so groot as sopborde  net so stukkie se stap van Buffelsbaai af, by Castle Rock. Wat kan enigeen meer gelukkig maak, vars Oesters op die strand.

Ek dink die Suid-Ooswind sal pla, maar dit is nie so heersende wind as in die Kaap nie. Self nog nie sleg daar ervaar nie. 

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/08/2020 - 13:54

Dit klink vir my dat daar nog onsekerheid is mag jy jou wa sleep en gaan kamp in jou provinsie of nie surprise

Middag Shaun

Volgens my interpretasie van die staatskoerant, is "resorts" nou oop vir oorslaap in jou eie provinsie.

Onthou, komende naweek is 'n langnaweek, Maandag is vakansiedag. Julle moet spring as julle dit wil benut.

Groete

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/08/2020 - 14:29

Ja n ou hoor soveel stories (hoor se) die ou moes omdraai ander ouens weer geen probleem soms dink ek die linker hand weet nie wat die regte hand doen nie lekke kamp is koning

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 03/08/2020 - 14:34

Shaun, dit is so, baie mense is verward met die woord "Resort" maar, jy mag nou in jou eie provinsie kamp op slaan. Oorde is besig om die nodige voorsorg, volgens vereistes, reg te kry. Baie oorde is reeds reg, en oop.

Dit laat my dink, party mense sê die woord "kamp oord" is nie ingesluit in die definisie van "Resorts" nie, maar dit is soos om te sê "alkohol verkope" is verban, maar bier nie, of wyn nie?