Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122779 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
selfs ou Antonie het … Februarie 2025 HennieBo -1 hour ago
Trompie                     … Februarie 2025 Jan Meyer -1 hour ago
Trompie gaan sy agterstewe sien Februarie 2025 Trev -1 hour ago
Vakansieplanne Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Ek deel jou kommer GW Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Lyk nie asof die mede… Februarie 2025 Grootwind -2 hours ago

Wors

Sandbaai
Submitted by maurits on Wed, 15/01/2025 - 21:48
Forums

Ek het vanaand Jan Braai se wors gebraai. Baie lekker, maar ek dink effens vas gestop. Ek wonder wat dink die worskenner op Kleinmond van die wors! Maurits

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/01/2025 - 07:00

Jy moet my bekendstel aan die sogenaamde worskenner hier in Kleinmond. Dalk kan ek 'n paar tips by die ou kry. Aan die ander kant - 'n Kleinmonder wat 'n worskenner is??? Nee, ek skud my kop. Dis dalk 'n bietjie dik vir 'n daalder. Dis eerder 'n klomp visvreters. Ek het hoeka gisteraand 'n lekker hotnotsvis gebraai wat 'n vriend van my seun vir my gestuur het.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/01/2025 - 07:07

Ek het eenkeer Jan Braai Boerewors by Food Lovers in Hermanus gekoop. Maar het besluit dit is nie na my smaak nie. Ek gee hom alle krediet vir wat hy bereik het, maar Jan Braai se programme kon nog nooit onder my vel inkruip nie. En as jy sy hande agter sy rug kan vasmaak terwyl hy praat, sal hy my dalk meer aanstaan. Ek is seker hy sal stom wees as hy nie sy hande kan gebruik terwyl hy praat nie.

Worcester

Wildehont

Thu, 16/01/2025 - 07:55

Ek het al van sy produkte gekoop en sal nie weer nie. Braaispeserye, wors en potjiekos sous. Nie een was iets om oor huis toe te skryf nie. Ek het nog net een program van hom gekyk, toe hy braaihout vergelyk het. As ek reg onthou het wingerdstompies gewen. Selfs wattel is vir my beter as wingerdstompies.

Pretoria

Geert

Thu, 16/01/2025 - 08:14

Oor die algemeen is Foodlovers hier by ons nie my keuse nie....al paar keer vleis gekoop wat "af" is. Die ander wors wat hul verkoop het....Jacques Kallis wors is ook niks om oor huistoe te skryf nie

Secunda

Sleep nou

Thu, 16/01/2025 - 09:03

Ja wors le na aan my hart ook nie almal wat lekke wors maak nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/01/2025 - 09:05

... ek het al vir Ralie gesê dat ek is seker maar vlak in die kop. Maar Orkney Snork Nie kan ek ook oor en oor kyk. Ek laaik daardie klomp Van Tonders. Behalwe vir Vetkoekpaleis ook, is Willie Esterhuizen se ander "goed" nie in my smaak nie.

Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 16/01/2025 - 13:01

Orkney snork nie..........................................kan ek ook weer en weer kyk. 

Jan Braai en Erns Grundling die stapper se humorsin en beduie met die arms staan my ook nie aan nie. 

Kaap

Goeie Hout

Thu, 16/01/2025 - 16:29

Jip ek is eens met julle.  Sy produkte staan my nie aan nie.  Sy potjiekos souse het te veel tamaties in as basis.

Dan het ek n paar goeters gekoop by Foodlovers in Goodwood om te nuttig op kole by Onrus.  Steak en wors.  O genade die steak en die wors het n KLANKIE aangehad.

So my navigator en vrou het my verbied om daar te gaan koop.

 

Mooi loop julle.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/01/2025 - 20:36

... vir Food Lovers in Hermanus opkom wat sekere vleissnitte aanbetref. Ek beplan om juis oormôre-aand by Dwarswegstrand uitstekende sirloin steaks, wat ek by Food Lovers gekoop het, te braai - murgsag dié wat ek reeds gebraai het.

Worcester

Wildehont

Fri, 17/01/2025 - 06:29

sirloin steaks, wat ek by Food Lovers gekoop het, te braai - murgsag dié wat ek reeds gebraai het.

Dalk was dit so sag omdat dit so oud is.
 

Almal was baie opgewonde toe die winkel hier oopmaak, maar al wat ek daar koop is hulle creamy peri-peri sous. Ek het gedink dis omdat ons die verste van die Kaap af is en dit so warm hier is dat hulle goed nie so vars is nie, maar dit klink my ander het dieselfde ervaring gehad.  

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/01/2025 - 06:37

Dalk was dit so sag omdat dit so oud is.

Ek kon nog nooi kla oor hulle 28 dae vakuumverpakte sirloin of rump nie. Nog nooit 'n "af" klankie opgetel nie en oor die algemeen smaaklik en sag. 

Pretoria

Geert

Fri, 17/01/2025 - 08:01

Ons het al verskeie keer n lekker patty gebraai in plaas van n stukkie wors...eet vir ons lekker so

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/01/2025 - 08:37

Ons Food Lovers Market hier om die draai van ons by Pinehurst, Durbanville is 'n varsprodukte verskaffer van gehalte.  Hulle omset van al hul produkte is baie hoog en produkte wat 'n dag of twee op die rakke staan, word gedurig vervang met varser produkte.  Veral die slagter-afdeling se bestuurder is gedurig besig om met kopers te gesels en te sorg dat sy personeel die vleisrakke vol en vars hou. Hierdie winkel is te alle tye baie besig en voortdurend vol van verbruikers wat hul aankope doen - vandaar die hoë omset.

Baie hang af van die bestuur van veral 'n varsprodukte winkel en by hierdie FLM kry die bestuur dit reg.

Worcester

Wildehont

Fri, 17/01/2025 - 10:50

Hulle omset van al hul produkte is baie hoog en produkte wat 'n dag of twee op die rakke staan, word gedurig vervang met varser produkte. 

Die ouer goed kom seker Worcester toe. Vriende van ons het al siek geraak van vleis wat hulle by ons FLM gekoop het, en ons het een keer pizza’s by hulle gekoop wat sommer so suur geruik het. Hulle bergingsarea waar groente en vrugte afgelewer word en gehou word voor dit rakke toe gaan het geen verkoeling nie en al het dit gehad sou dit nie gewerk het nie want die deure staan heel dag oop. Ek weet nie veel van kos koop en verkoop nie, maar my logika sê vir my as die koue ketting gebreek is ly gehalte daaronder. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 17/01/2025 - 11:01

Ons FLM hier se slaghuis is ook bedenklik. Koop min vleis by hulle maar twee keer bederfte vleis gekry. Het by die bestuurder dit raporteer, en hy was baie verskonend en wou krediet gee wat ek geweier het. Netnou dink die man ek eet en kla agterna!

So ek sal biltong koop, maar eers ń stukkie proe. Verder gevriesde snoek in ń boks.

Die res van die winkel is puik tov vrugte, groente, neute en spesirye.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/01/2025 - 11:16

....het al etlike jare gelede gevou. Ek weet nie waarom nie, want wat groente en vrugte aanbetref, was hier nie juis kompetisie nie. 

Goeie slaghuise is egter volop 

Pretoria

Geert

Fri, 17/01/2025 - 13:26

FLM se pakhuis/Stoor in Montana Pretoria het n hele ruk terug totaal afgebrand. Die opmerkings wat toe rondgegaan het was dat dit seker vreeslik moes stink het as gevolg van vrot produkte. Verbasend hoe baie negatiewe opmerkings soms sien op facebook oor hulle....maar gaan steeds aan. Brooklyn naby ons sin het nie lank gehou nie. 

Sover ek onthou is hulle 2x maatskappye wat saam gesmelt het.....Rump & Ocean en Fruit & veg city. Rump & Ocean was toe al nie my gunsteling nie. 

Pretoria

Geert

Fri, 17/01/2025 - 13:30

Laasweek van die droë wors gekoop in Ballito...heel lekker geproe.