124306 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Franschoek pas Heuwelsig Franschoek maurits -10 minutes ago
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -40 minutes ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -46 minutes ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -54 minutes ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -1 hour ago
Na 'n lekker brekkie ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -1 hour ago

Maart 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on Sat, 01/03/2025 - 15:02
Forums

Nou ja vriende, daar breek die derde maand aan. Paasnaweek is om die draai, eerste skoolvakansie van die jaar ook.

Almal maak sekerlik reg om so bietjie te gaan ontspan êrens. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 20/03/2025 - 21:33

Hoop julle gaan 'n baie lekker naweek hê Wildehont. Volgens die weervoorspelling lyk dit asof die grootste uitdaging gaan wees om uit Worcester uit te komlaugh. Mooi ry.

Worcester

Wildehont

Fri, 21/03/2025 - 07:31

Alhoewel ons baie uitgesien het na die naweek oorweeg ons nou om dit af te stel. Dit reën al sonder ophou vir meer as 13 uur by ons. Moon River bushcamp sê dit reën ongelukkig daar ook, en nog reën word vandag en môre voorspel. Hulle sê hulle sal verstaan as ons wil kanselleer. Dis nou sleg, maar dit gaan onnodige onkostes wees om daarheen te ry en kampering te betaal as ons meeste van die tyd onder ‘n gazebo moet sit. Ons het nie regtig reën klere nie en Salomien se keel is van gister af seer. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/03/2025 - 08:56

... pofadders teen die Kaapse kus wanneer jy kamp. Dié serpente kom baie algemeen in die fynbos voor en is lief daarvoor om in die aand rond te "loop". My seun het vanoggend vir my die volgende gestuur.

Slange

Ek het onlangs ook 'n jong pofadder teen ons braai in Montagu karavaanpark gekry (ek het van my ervaring vertel).

Gebruik maar jou flits as jy saans in donker areas rondbeweeg. Ek dink dat by 'n plek soos Dwarswegstrand, met die baie inheemse plantegroei, kan dié kêrels ook voorkom.

Ons het in Karoo Nas Park al by 4 geleenthede pofadders in die kampeerterrein gekry en ook tydens ons Kers/Nuwejaars-vakansie 'n lastige Kaapse kobratjie gehad wat gereeld kom gesig wys het.

Worcester

Wildehont

Fri, 21/03/2025 - 12:17

Ons gaan nou uit Worcester vertrek. Die son wil amper deurkom maar daar word nog ligte reën voorspel. Dis net water en ek weet nie wanneer ons weer by Moon River Bushcamp gaan uitkom nie so ons druk maar deur. Geniet julle naweek. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/03/2025 - 08:27

Ek het vanoggend van Armond Nel (veldwagter in Karoo Nas Park) verneem dat die Stoltzhoekrivier in die park sterk afgekom het en die drade weggespoel het. Hy sê die nood is groot om so vinnig moontlik herstelwerk te doen alvorens hulle weer leeus buite die park moet gaan soek.

Ek glo dat die veld sal mooi reageer na die reën en dat ons kan uitsien na 'n mooi groen Karoo wanneer ons vanaf 15 Apr daar kuier vir 7 aande.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 11:53

Wanneer is dit reentyd vir suide van Namakwaland? Dis nou van onder af tot so by Nieuwoudville omgewing. 

Dit sal natuurlik 'n bonus wees as dit 'n mooi blommejaar is, wanneer ons daar rondry. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 22/03/2025 - 15:42

Hierdie het niks met die reëntyd te doen waaroor Wessel wonder nie (ongelukkig). Dit was toe ek die naam Nieuwoudville sien dat ek gedink het aan iets wat ek lank gelede raakgelees het oor die Bagdad Café - 25km buite Van Rhynsdorp, rigting Nieuwoudtville. Dit lyk na 'n padstal met heerlike etes waar ek hoop om ook eendag te stop. Wat my lekker laat lag het is 'n skryfbord buite die plek. Ek het 'n foto hiervan, maar dit is nie my eie nie, so sal ek dit liefs nie plaas nie. Dit lees:

Redes hoekom Bagdad toe mag wees:

  • Dis Maandag
  • Dis bo 40C
  • Die ANC
  • Ekonomie is in sy m--r
  • Babalas
  • Gatvol vir ou tannies
  • Pad te stil
  • Krieket
  • Kliniese depressie
  • Nie die moeite werd nie
  • Genoeg gemaak gister
  • Sooibrand
  • Luiheid

Kies 'n rede waarom die padstal toe is wanneer jy op 'n dag daar verbyry.

Het Wessel nie hoeka 'n Namakwaland toer in beplanning nie?

surpriseHoop ons baas lees nie hier nie want dan is ek geban. By een van die woordjies het ek darem 'n poging aangewend (ter versagting van die vonnis)

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/03/2025 - 19:28

...soos jy daar sê, ons beplan om 25 Augustus naby Carnavon oor te slaap, dan van 26 Augustus tot 5 September in omgewing van Nieuwoudville en Strandfontein te beweeg. 

Die detail van die toer is 'n ander eie gesprek "Strydoms se 2025 Namakwaland toer"

  

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 24/03/2025 - 09:00

Miskien nog bietjie vroeg vir 'n Maandagoggend, maar vertel asb. hoe die naweek daar verloop het. Ek hoop die weer het opgeklaar en dat julle iets van die kamp kon geniet Wildehont.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/03/2025 - 12:35

Miskien nog bietjie vroeg vir 'n Maandagoggend, maar vertel asb. hoe die naweek daar verloop het. Ek hoop die weer het opgeklaar en dat julle iets van die kamp kon geniet Wildehont.

Worcester

Wildehont

Mon, 24/03/2025 - 12:46

Maar ek sit al sedert 09:00 in vergaderings. Ons het ‘n lieflike naweek gehad in ‘n prentjiemooi omgewing. Ek wil graag meer vertel en foto’s wys, maar na die vergadering waarin ek tans sit klaar is het ek ‘n halfuur vir werk en dan ‘n wortelkanaal afspraak by my tandarts. Vertellinge gaan dus moet wag. Hier is een foto as ‘n lusmaker. 
 

A

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 24/03/2025 - 17:32

Dit lyk asof hier 'n lekker vertelling met mooi foto's gaan kom. Miskien regverdig Moon River Bush Camp sy eie draad vir wanneer iemand eendag wil "teruglees"?

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 24/03/2025 - 18:39

Het so rukkie terug laat weet dat ons 7 tot 14 April in die Karoo N Park sal wees. Sien regtig uit daarna, die veld sal mooi wees na die baie reen. Hopelik het die vêr gedeeltes wat ons so geniet, nie te erg verspoel nie.

Armond gaan vir ons skaapkop gaarmaak, ek vat paar leeuballe saam vir hors de wors.

Dan, weer as dit kan, gaan ons saam hom buite om ry, en die " wilde" gedeelte besoek. Die is ernstige 4x4 paaie. Darem nou nie kar deur jou gat trek nie, net skuins, skeef en skurf.

Tans besig met Donderdag se shopping lysie op te maak. Lekker.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/03/2025 - 20:06

... dan gaan ons mekaar met 'n dag mis. Jy vertrek 14 Apr en ons arriveer daar op 15 Apr.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 24/03/2025 - 20:20

Hoe kry jy dit reg om die "kortetjie" so lank geheim te hou? Dit is oor 2 weke van nou! 

Skaapkop. Ek vermoed die ander forumlede wat tevore saamgekamp het in die Karoo gee nie om om hierdie geleentheid mis te loop nie..... Die "hors de wors"laugh onthou ek darem van 'n vorige geleentheid en klink heel gewild te wees.

Twee weke is min, Neef Herman. Onthou dat, behalwe die stofsuig en pakkery wat voorlê die blommetjies op daardie oulike 60's karavaan nog kort. Op die "shopping lysie" miskien ook 'n afspraak by 'n graphic designer inwerk?wink

 

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/03/2025 - 06:43

Het jy vooraf geweet van die padtoestand en kamp opset???

Ek sal geduldig wag vir lekker foto verhaal van Moon river

Brits

Wessel Strydom

Tue, 25/03/2025 - 06:48

....klink of julle vol program gaan hê  in KarooNP.

Gaan jy daai rowwe/wilde paaie met jou Cruiser aanpak, of met parkeraad bakkie. Ek sal 'n foto verslag waardeer van daardie uitstappie.

Is daar ander wild in daardie gebied, of is dit net die terrein wat dit vir Jan Hilux onbereikbaar maak

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus