Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -13 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -32 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -32 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -59 minutes ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Top Gunsteling oorde

Bloemfontein
Submitted by OOM JEEP on Sat, 06/05/2017 - 15:42
Forums

Wat is jou top gunsteling oorde waar jy al die afgelope , sê-maar-5-jaar-gekamp het.

Beveel jy dit aan of beveel jy dit af.

Dit kan ook wees dat jy intussen ander ontdek het waar jy weer sal wil kamp.

So is dit by my en Elma. Was nou onlangs by Vanstadens en soos Freda genoem het, groei Vanstadens op jou. Ons nou wel net n paar dae daar oorgebly maar as ek terug dink, voel dit of ek wil huil omrede ons so graag nog daar wou staan..  Ons sal vrek graag weer daar wil kamp.

Dan is daar ander.... Villa Spa.. in Ilovo.  Oranjerus .. in Upington. Strandgontein .. aan weskus. Karoo N.P by Beaufort wes. En vele ander. 

Gewoonlik voel ek om elke keer n nuwe oord te probeer, maar die Golden oldies bly maar daar.

Dan natuurlik is daar oorde wat ek nie maklik weer sal kamp nie. Ons vertrou maar op die sesde sintuig.. die vibe, soos hulle sê. Dis daar waar jou twee harte met mekaar argumenteer. Een hart sê,, probeer weer maar die ander hart sê sê nee.

Wat sê jy ??  Wat sou jy aanbeveel.

Bloemfontein

OOM JEEP

Sat, 06/05/2017 - 15:47

Kan hier noem. 

Net buite Graaf Reinet is daar n plek JESA. Ons gaan daar oornag oppad Forever Plet toe.

Sal terugvoer gee oor hulle. Het enigeen al daar oornag of langer gebly.?? Wats jou ervaring gewees..

Port Elizabeth

Antie

Sat, 06/05/2017 - 16:13

Die laaste 5 jaar kamp ons net in die Kaapprovinsie.  Ek kan 8 noem waarvan ons of baie hou of gereeld na toe gaan.  Jongensfontein, Buffelsbaai, Dibiki, Forever Plett, Van Stadens, Willows, Addo en Karoo Nasionale Park.  Ons was al by verskeie ander op die Tuinroete en ook in die Ooskaap, maar hierdie staan vir my uit.

Johan, Jesa het goeie fasiliteite (privaat ablusie) en ek glo dit is netjies.  Mense het al genoem dat dit naby die pad is maar dat die geluid van verkeer hul nie gepla het nie.   Is dit jy wat genoem het dat hul tariewe ook baie redelik is?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 06/05/2017 - 18:25

Nogal 'n taai een om enige oord uit te sonder, ons geniet die kampe waar ook al ons staan.

ATKV Buffelspoort, ATKV Eiland Spa, Weesgerus, Swadini Spa, hoe meer ek dink, hoe meer oorde kom op.?

Buffelspoort en Eiland is besonders lekker, billike tariewe, baie om te doen en natuurlik die kamp atmosfeer wat die oorde laat uit staan.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 07/05/2017 - 10:34

Ek is geneig om saam met Johann te stem, ek sukkel ook om 'n oord uit te sonder.  Die ATKV oorde is 'n wenner vir die laaste 5 Desembers, kan nie onthou wanneer laas was ons by 'n gara kamp nie, daar is wel van hulle wat die toegangs pad die NEE faktor dra.

Meyerton

Segekok

Sun, 07/05/2017 - 11:27

Nie alle oorde is vir alle mense die selfde nie.  Ons hou van die baie stil oorde, waar daar nie regtig iets is vir kinders om te doen nie en waar ons buite seisoen in stilte en rudtigheid kan kamp. 

Dus Dube naby Brits en Richardsbaai en dan Maroela in die KNP is ons gunstelinge (Buite seisoen)

Die kampe wat ons as groepe saam doen is nheel ander saak en hullesal ek meer as eenkeer besoek as dit is waar die groep wil kamp.

 

Oom Johan, JESA is baie rustig en netjies. Adendorp is 'n baie, baie klein gemeenskap. Dit is ook nie baie ver van die plaas af nie.

Regdeur Adendorp se sogenaamde hoofstraat, suid tot waar die teerpad eindig.

'n Wit grondpad, amper soos oom Willie se witpad, maar hierdie is wit kalk klip. So 1 km verder, links vir so 500 mt, dan weer links, 100 mt draai regs vir 100 mt op linkerkant.

Pasop die doringbome groei wild en groe bykans die pad in.

Maak gerus 'n draai daar.

Bloemfontein

OOM JEEP

Mon, 08/05/2017 - 07:32

Dankie Dennis. Ons het al bespreek en betaal vi Jesa. Sal hom gaan opcheck.

Tyd kom nou nader. Sien nogal uit na ons trippie hier af Plet.. toe

Ons reel is dat ons nie twee keer na n oord sal gaan alvorens ons nie n ander oord getraai het nie. Ons bly maar lief vir die bosveld se oorde en prober almal.

Een oord wat ek sal uitsonder as n no go is een naby ATKV Buffelspoort.....verder is al die ander waar ons al gekamp het heel chapo.

In geen spesifieke volgorde nie:

  1. Bosfontein  -  lekker oord
  2. Buffelspoort - Lekker oord
  3. Weesgerus - Lekker oord
  4. Elephant Sands Botswana - bos bevange lekkerte
  5. Dolphin in Balito - Lekker oord
  6. Klein Kariba - Lekker maar alles is ver.
  7. Kazimingi naby Naboom - bevange boskamp!
Secunda

Sleep nou

Wed, 10/05/2017 - 09:41

1 ATKV Eiland puik oord winter of somer

2 Serengeti - Ook lekke

3 De Voetpadkloof boskamp - Berg en sterre innie aand uitsig

4 ATKV - Natalia boonste terras puik uitsig

 

 

Secunda

Sleep nou

Sun, 14/01/2018 - 14:01

Nog n lekke oord is Koro Koro lekke groot staanplekke lekke wild om te kyk en n oord waar jy jou kop skoon maak Bosveld oase ook lekke net jammer hulle nie heel jaar deur oop en dan Drie Berge gaan binnekort soentoe maar verseker volgens terug voer n wenner

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 15/12/2018 - 17:34

Jeep,ek stem volkome saam met jou ooe Oranjerus, Strandfontein en Karoo NP. Maar dan, uit ons ondervinding is al die Nasparke puik. Rondeberg (sien resensies) is ook een van ons gunstelinge.

Wanneer julle weer Oudtshoorn (my grootworddorp) toe sou gaan, probeer gerus Oppiedam, so 15 km buite Oudtshoorn op die grottepad. Hulle het, as ek reg onthou, so 20 staanplekke, elkeen met sy eie ablusieblokkie. Wanneer ons volgende maand Kaap toe gaan, gaan ons weer daar oorstaan, soontoe en terug. Dis op 'n plaas, pragtige omgewing en wonderlike gasvrye eienaars.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 15/12/2018 - 17:38

O ja, Oppiedam het 10 ouer en 10 nuwe staanplekke. Ons persoonlik verkies die oues maar nie almal sal noodwendig saamstem nie. Op een geleentheid was ek in die toilt op een vd ou staanplekke toe 'n massiewe (my mening) reenspinnekop oor my arm loop. Gelukkig was ek in die toilet......