Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52207 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bal-slot! Sleep veilgheid "Tips en… Wildehont -1 hour ago
Seker Bulle vir n wen oom… Kampforum SuperBru Harry Du Randt -1 hour ago
Johann, vuurwapen hernuwing. Mei 2019 Koffiekroeg Harry Du Randt -1 hour ago
😂😂😂 Lag 'n slag Johann L -2 hours ago
Dankie Len, dit maak sin. Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -2 hours ago
Anton, nou hoekom kom julle… WilSur kamp Oktober 2019 Willem Brits -2 hours ago
Johann,

Die geboue…
Mei 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

Karavaan of Bos Treiler

Durban
Submitted by dassie on Tue, 19/12/2017 - 20:56
Forums

Graag wil ek verneem watter lede Karavane het en wie het Bos Treilers . Ek sit huidiglik met n Karavaan maar loer na die Bos Treiler ding .Wanneer ek kamp slaan ek net die Rally Awning op ,sit nie die hele tent op nie so vat my so 10 minute en ek is gereed om daai koue ene te sluk .Sit so en rond kyk as die ander manne ariveer met hulle Kamp Treiler en moet se dit lyk nogal na n gespook om die kontrepsie op te slaan .Aangesien dit net ek en Mamma is voel ek dat die Rally Awning voldoende is . Hoor graag wat die manne se oor hulle kampeer toerusting

Centurion

Voortrekker

Tue, 19/12/2017 - 21:27

Ek het nie een nie, myne is sommer 'n pad waentjie smiley​​​​​​

Nogal' n gespook as ek vol kombuis tent met add a room opslaan.

Net base tent met afdak is lekker vinnig yes​​​​​​

Lekker slaap

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 19/12/2017 - 21:37

Dassie, ek het 'n Penta karavaan.

Na my jongste skool klaar gemaak het, het ek en my vrou gedink, dit is nou net ons twee.

Nee swaer, ons twee het drie geword, toe vier, toe vyf, tod ses, en soms gaan skoonsuster en haar kind ook saam?

Centurion

Dusty

Wed, 20/12/2017 - 05:32

Ek sleep ook 'n karavaan. Is besig om my eie tent te ontwerp. Wil volledige tent opslaan met lang kampe maar wil nie te veel tyd daaraan spandeer nie. Gebruik op die oomblik ook net rally.

Soos johann sê, het ook gedink is net ons twee. Maar nou ja, dinge het verander

Meyerton

Segekok

Wed, 20/12/2017 - 05:53

Ons sleep die wa net as ons naby kamp.  Het nog nooit die voltent gebruik nie, te veel werk.

Gebruik die RTT as ons off grid gaan. As ek vol opslaan tussen 20 en 30 min.

Dan kamp ons met die trailer en tent ook.  Nog nooit gekyk hoe lank dit vat nie maar dit hou ons nie so lank besig nie. Hel1 weet nou al hoe.  (Sy kan my stoel reg sit in onder n min voor sy begin opslaan.)

Secunda

Sleep nou

Wed, 20/12/2017 - 07:18

Dassie ek het n XT140 trailer gehad met die die bos ingegaan maar moes verkoop weens vrou wat kniee operasie gehad het Bostrailer puik maar vat n tyd om op te slaan doen goed jou huiswerk voor jy n besluit maak my trailer gebruik ek tans vir normale kamp en bos kamp gaan ek bakkie gebruik met alles agter in vir bos kamp. Sterkte met besluit

Kempton Park

peethat

Wed, 20/12/2017 - 16:41

Het ook n XT 140 gehad. Was drie dae gebruik. My vrou was geskiet in haar linker knie en die XT het nie vir haar gewerk nie. Trappe op en af. Het toe n Xplorer gekoop, werk beter vir haar en is vinniger met op en af slaan.

 

Dankie aan almal wat hulle ervaring gedeel het .Soos dit vir my lyk wen  die karavaan die debat . Kyk die boswa storie lyk lekker maar het al gesien ,veral as dit so baie warm is , en die manne slaat daai kontrepsie op sjoe na die tyd sweet daai kerel .Vir my ek stop by my staan plek prop die krag in 1ste ding dan sit ek die hoekstukke af .Volgende is die Rally Awning en sie daar skaars gewerk .Moet ook noem as ek na die volgende kamp skuif dan vat ek daai Rally Awning en trek hom sommer oor die karavaan se dak en maak die toue vas . Mens ry moes nie so vinnig in die Kruger so spaar ek nog 10 minute by my volgende staan plek

Secunda

Sleep nou

Thu, 21/12/2017 - 07:38

Daai Xplorer is n wa wat eninge plek kan gaan geniet hom ja Dassie mens moet maar mooi sit en dink wat sal werk vir jou

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/03/2019 - 09:50

Het met die bos/ gewone kamp weer geworstel wat ek en Berdien nou gedoen het is n bakkie gekry gaan nou RTT opsit vir off grit kamp en Swing karavaan koop vir jou normale kamp

Brits

wessels

Thu, 14/03/2019 - 10:05

Middag Sleep

Ek wil voorstel dat voordat jy koop, jy eers jou huiswerk baie mooi moet doen. Ek het soos 2 weke terug op 'n ander draad in detail vertel hoe ek deur die denk proses was en ge eindig het by 'n boswa.

Ek is van mening dat 'n boswa die beter opsie is as julle bo 60 ouderdom trek. Dit bied voordele van padwa soos, inklim  wa met dubbelbed, sonder trappies na bo [soos by dak tent].

Jy kan steeds "off grit" gaan, maar met meer geriewe, as met daktent. Myne het tot 'n vol stort met warm water en 'n huis tipe toilet aanboord. Indien jy dit as 'n padwoonwa wil gebruik, laat maak jy net vir jou die vol tent by.

Ek beny jou as jy julle kan inrig vir beide tipe kamplewe, maar vir ouens soos ek, moes ek die goue middeweg vind.

Kyk mooi na boswaens soos Conquerer, Bush Lapa, Afrispoor, en Echo se produkte. Echo bring juis nou nuwe produk uit, genaamd die Kunene met 'n vaste dubbelbed.

Groetnis

Wessel

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/03/2019 - 11:34

Dankie vir jou raad Wessel ek het mooi gedink water kant toe dis waar dat n boswae meer bied  as n RTT  maar vir ons gaan ons seker met aftrede so 2 maande bos toe res vannie tyd gewone kamp ons beplan om basies permanente kampers te wees en vrou soek n gewone wa vir die lank staan ons het na Bush Lapa se Ratel en Boohab3 gekyk puik waens maar baie duur sowel na Conqueror gekyk so probeer ek ook maar My kleinseun het die naweek SA proewe vir gewigstoot ons gaan Alberton toe saterdag gaan ek en Berdien ECHO toe in Boksburg en sien wat hulle het maar ja ek vlou gedink en sal na saterdag verseker finale besluit maak want die kamp goed is duur   

Brits

wessels

Thu, 14/03/2019 - 11:44

hello Sleep nou

Ek hoop jy kan al die produkte sien by Echo Boksburg. Dit sou dalk raadsaam gewees het om tot by hulle hoofkantoor in Irene/Centurion langs die R21 te kom. Moontlik te veel uit jou pad.

Julle is nou in die lekker fase, die beplanning en oorweging. Kyk ook op die internet soos OLX, ensovoorts. Ek het my boswa 2de hands gekoop aan die hand van OLX advertensie. Seker amper R150 000 goedkoper gekry.

Wessel 

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/03/2019 - 11:55

Wessel my skoonseun se soppas vir my Boksburg is ok maar dit gaan beter wees om Pretoria toe te gaan dalk so tussen kleinseun se SA gewigstoot kan ek dit inwerk ja ek se netnou vir Monna (Morne) dis n keuse n duur keuse en geld le nie rond nie ek hou die draad op hoogte

Middelburg

Noel

Thu, 14/03/2019 - 13:14

Shaun,  my raad is koop eers die karavaan. Jy het mos n nuwe bakkie en het pak plek vir off road. Jou tente is goed genoeg vir off road en kry goeie sterk stretchers vir slaap indien julle swaar vind om op die grond te slaap. Al gaan julle permanente kamp, kan julle nog steeds off road doen terwyl die karavaan op kamp staan plek staan. Vra julself af hoeveel kere gaan julle gewone kampe en off road kampe doen. Boswa gaan beslis te min gebruik. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 14/03/2019 - 17:29

Dit is nou soos om te vra "Watter sleep voertuig moet ek kies?", die keuse is nie maklik nie,  op die einde van die dag moet jy paar jaar daarmee saam leef. Ek stem nogal soos Noel, jy het die RTT,  vir Berdien gaan 'n karavaan beter werk, veral as jy van plan is om lank te staan.

'n Happy wife is a happy life😃

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/03/2019 - 17:55

Stem saam julle almal die Sprite Swing sal ons seker 90 % mee kamp ons sal saterdag besluit jy of ny en ja ons raak ook nie jonger nie maar ek sal soos ek genoem het nooit my twee Howling moon domtente ontslae raak nie maar sal julle ophoogte hou van ons besluit en ja die kamp waens is so duur 

Pretoria

leeu

Fri, 15/03/2019 - 09:27

Hallo Dassie, ek het voorheen al twee bos sleepwaentjies en een bos karavaan besit. Ek sal dit glad nie aanbeveel dat jy van 'n pad wa na 'n offroad toe "afgradeer" nie. Ons is nou weer terug by 'n pad wa want dit werk die beste vir ons.

Ek persoonlik dink die waentjies is vir jong gesonde mense. Ek stem ook saam met jou met die opslaan van daai waens, dit vat redelik lank. Die bos karavaan is beter, maar is vrek klein binne, en net genoeg plek om in te slaap. Ja hy is sterker gebou en kan orlas in, maar hy het sy nadele. Ek sal eerder aanbeveel om die pad wa te hou en 'n sleep wa by te koop vir die kere wat jy bos toe wil gaan. 

Brits

wessels

Fri, 15/03/2019 - 10:14

Môre Shaun [Sleep nou?]

Leeu maak geldige stellings hierbo. Alles hang af van jou spesifieke behoefte en voorkeure. Indien jou 1ste prioriteit is om meestal permanent te kamp, dan is padwa jou oplossing. 

Ek het verander van 'n Palma na die Kavango, en ek mis die ruimte binne en die groter tent. hoe korter die wa, hoe kleiner jou tent vloeroppervlak outomaties. 

As julle wil permanent kampeer, sal ek 'n 2de handse Palma soek. dit het groot koel/yskas en stort/toilet vertrek, asook reeds ingeboude mikrogolfoond. Lekker ruim dubbelbed agter. Ek kan getuig, 'n Palma is sekerlik van die waens wat die stabielste sleep.

Lekker rondsnuffel.

Wessel

  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 15/03/2019 - 11:52

Daar is ook geen ander wa in opslaan dak wat dit vir jou bied nie.  Vir net twee binne is my keuse die Classique want hy het als wat jy soek.

Almal kla oor die vaste dak wat so swaar is op brandstof, volgens my "BOEL...."  Ek het van die Regal na die Classique gegaan en het geen noemenswaardige verskil in brandstof gebruik gesien nie, lang pad, Kaap toe en KNPark en waar nog.