Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -4 hours ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -4 hours ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -4 hours ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -4 hours ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -5 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -6 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -6 hours ago

Karavaan of Bos Treiler

Durban
Submitted by dassie on Tue, 19/12/2017 - 20:56
Forums

Graag wil ek verneem watter lede Karavane het en wie het Bos Treilers . Ek sit huidiglik met n Karavaan maar loer na die Bos Treiler ding .Wanneer ek kamp slaan ek net die Rally Awning op ,sit nie die hele tent op nie so vat my so 10 minute en ek is gereed om daai koue ene te sluk .Sit so en rond kyk as die ander manne ariveer met hulle Kamp Treiler en moet se dit lyk nogal na n gespook om die kontrepsie op te slaan .Aangesien dit net ek en Mamma is voel ek dat die Rally Awning voldoende is . Hoor graag wat die manne se oor hulle kampeer toerusting

Middelburg

Noel

Fri, 15/03/2019 - 12:43

Stem volkome saam met Leeu en Wessel se insette. Ek het n Challenger boswa wat my R35000 gekos het, self skuif gly rame gebou en bedrading gedoen. Dit is nie so smart soos duur boswaens nie. Dit is meer geriefliker as die canopy met daktent  en it is voldoene vir ons vir off road en toerkampe ongeag dit min gebruik.

Shaun, indien jy voel jou tente is te veel werk om elke dag gebruik vir off road. Koop eerder Ozytent wat van self opslaan en afslaan sonder om pale vas te hou. Dit kan ook gebruik vir multi room of addroom vir die karavaan. Onthou op die oudag sal daktent en boswaens eerste verkoop word voor die karavaan. Karavaan is my aftree huisie op wiele. Sterkte met jou besluit yes

Secunda

Sleep nou

Sun, 17/03/2019 - 17:13

Noel , Wessel en julle ander weereens dankie vir julle insette , het die naweek by Comet en Tentco gedraai geklim gele gepas somer alles , Ons gaan vroeg volgende jaar Sprite Swing koop vir ons lang staan kampe by die oorde , die bos kamp is waar die toffie le Berdien kom op en af met die RTT tent maar na haar knieg operasie sien ek sy wil my ook please maar dis n gesukkel met die op en af , so ek sal maar vir my n goedkoop tweede handse boswa wat niks het nie koop al my off grit kamp toerusting insit en maar met my Howling moon tente kamp Noel ek gaan bietjie kyk na die Ozytent kyk. Het die naweek in die Sprite Tourer SW/SP modelle geklim hulle is mooi maar nie gebou vir rowwe terrein nie Ook gekyk na Echo boswaens netjies net soos Bush Lapa maar spasie biine kant te klein so dis my storie wink 

Om vir iemand raad te gee oor wat hy moet koop en wat nie is uiters moeilik, want elke mens se voor en afkeure verskil, en met die jare verander dit ook drasties. Ek is een van die kampeerders wat alles al beproef en gekoop het so deur die jare ( 50 jaar ) Elke kampwa het sy voor en nadele, en dis lekker as mense soos op die Forum vir jou sy weergawe kan gee, want dit help baie met die keuse. Ek glo mens moet van alles hê waarvan 'n Dometent 'n moet is, want hy het baie voordele. My vereistes is spasie, vernaamlik in my sytent, en binne die Kampwa. Dan die belangrikste dit moet lig wees, want 'n swaar Kampwa hanteer moeilik in alle opsigte.