Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52309 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie  môre almal. 

Mag…
Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Bandprobleem : Namibië en Botswana Toer Len Loader -9 hours ago
Koos, dankie vir die… Namibië en Botswana Toer Johann L -11 hours ago
Pierre, my Penta, en ek glo… Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -11 hours ago
Goeie middag mede forumiete… Mei 2019 Koffiekroeg Dusty -12 hours ago
Pragtig Shaun, sê mos altyd,… Kleinkinders, ons lewe. Johann L -13 hours ago
Willem, jy kan vir 'n bedrag… Ewiks afstand beheer praat… Johann L -13 hours ago

Ons 2019 lang-vakansie

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Fri, 05/04/2019 - 12:34
Forums

As alles volgens plan verloop, is dit nog 12 slapies voor ons die wa haak en die Hilux se neus weer in 'n noordelike rigting druk. Ek is stelselmatig besig om al die dinge in plek te kry sodat die inpakkery so seepglad as moontlik verloop. Omdat ek nie elke keer in die Snomaster wil rondkrap vir dit wat ons wil gaarmaak nie, stel ons maar vooraf 'n spyskaart op en pak die vleis in die orde waarin ons dit benodig. Gister is die spyskaart dus opgestel vir die eerste gedeelte van die vakansie. Aangesien ons langer as 5 maande weg sal wees, is ons uiteraard genoodsaak om weer vleis aan te vul. Maar hopelik kry ek die meeste van my vleisbenodigdhede vir die eerste twee maande (totdat ons uit die wildtuin kom) in my twee kampvrieskaste (onderskeidelik 82.5- en 40 liter) sowel as my wa se vrieskas - veral my (Joey's) wors wat reeds vakuumverpak is.

Ons sou aanvanklik op Donderdag 18 April vertrek vir die eerste 6 aande in die Karoo Nasionale Park. Maar ons het besluit om 'n dag vroeër te vertrek. Die rede is dat ek die R43 tussen Villiersdorp en Worcester wil vermy a.g.v. die swak padoppervlak. Ons wil dus via Sir Lowryspas, Stellenbosch en Huguenot-tonnel ry tot ATKV Goudini Spa vir die eerste aand. Dit is 149 km vir die eerste skof. En dan die volgende dag tot Karoo Nasionale Park (376 km) waar ons oor die Paasnaweek sal vertoef.

24 April mik ons vir Riverside Country Lodge (suid van Kimberley) en die volgende dag tot by Weltevrede Vakansie-oord (langs die Vaalrivier naby Parys). Vrydag 26 April durf ek die paaie deur Johannesburg en Pretoria aan tot by Almega Karavaanpark (aangrensend aan Dinokeng) vir die volgende 3 aande.

29 April mik ons vir ATKV Eiland Spa, waar ons slegs een aand gaan oorstaan alvorens ons die wildtuin op 30 April by Phalaborwa wil inry. Omdat ek uiters stadig in die wildtuin ry (nog te meer met die wa) ry ek kort afstande tussen kampe - maksimum van 125 km. Daarom slaap ons net eers een aand in Letaba, dan een aand in Shingwedzi voordat ons op 2 Mei na Punda Maria ry vir die volgende 8 aande. Dus stem ons ook in Punda op 8 Mei (ongelukkig kan ons slegs nasionaal stem).

Dan 10 aande in Shingwedzi, 7 elk en Tsendze, Letaba en Satara en die laaste 5 in Maroela. 15 Junie ry ons ATKV Eiland Spa toe vir 3 maande, waar ons eers op 16 September vertrek. Die terugkeer Boland toe is nog nie gefinaliseer nie.

Ek sal poog om van tyd tot tyd 'n bietjie terugvoer te gee.

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Tue, 07/05/2019 - 14:38

hoe laat jy my nou terugverlang Punda toe!

Soos ek al gesê het is Punda beslis ons gunsteling kamp, maar ek moet met jou saamstem oor die ablusiegeriewe en die plasing van die kragpunte. As jy by die heining staan kan 'n mens nie anders as om oor die kragdrade te ry om by jou staanplek te kom nie en van die staanplekke is darem dêm ver van die kragpunte af. Gedurende die tyd wat ons daar was het mense met 'n Mobi Lodge daar opgedaag en sommer 2 kragdrade na hul kampplek aangelê. Dalk ook die rede dat daar nie 'n punt vir julle beskikbaar was nie.

Daardie pragtige luiperdwyfie was ook daar toe ons Maart - April daar was. Ons was gelukkig om haar 2 keer te sien.

Geniet julle laaste paar dae op Punda ek ook die res van julle Kruger-trippie. 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/05/2019 - 21:06

.........................sal jy asseblief meer kortaf en minder interessant van julle Wildtuin besoek vertel.  Ek kan dit nou nie meer hou nie !

Ek raak bekommerd oor Punda  -  te veel mense begin hierdie wonderlike kamp ontdek !

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 08/05/2019 - 12:35

Ek dink dit is o.a. ek en jy met ons groot monde wat daartoe bygedra het met ons lofbetuiginge t.o.v. Punda. Mense wat dit eenkeer ontdek het, kan nie anders as om terug te keer nie. Ons moet begin vertel watter drek plek dit is

Die wapad.

Koos Mol

Wed, 08/05/2019 - 21:52

Chris... julle is besig om die mense om die bos te lei. Punda is seker die swakste en warmste kamp uit, weet nie wat soek julle daar nie, gaan staan liewer suid by Skukuza. Daar is tenminste meer mense en minder wild, lekker baie verkeer ook. devil

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/05/2019 - 10:50

................ek dink ek begin saamstem.  Vermy hierdie plek want die kragpunte is uiters sleg geplaas met elle-lange kabels wat oral rondlê.  Om nie te praat van die skaars waterkrane nie, jy moet altyd 'n buurman of twee se tuinslange aan joune koppel om jou watertenks te vul.  Dus geen sprake van die gebruik van 'n TankBuddy of ander soortgelyke toerusting om jou watertenk vol te hou nie.  Die winkeltjie beïndruk ook nie.

Neewat, baie meer opwinding en dinge om te doen in die groter kampe in die suidelike deel  -  jy is ook nader aan winkels buite die wildtuin waarheen jy kan uitglip  -  dit is nie beskikbaar by Punda nie.

Brits

wessels

Thu, 09/05/2019 - 11:12

Middag vriende???

Ek wil net sê aan sommige forum lede, daar is 'n pop-liedjie wat op julle van toepassing is;

 

"How the hell can we believe you, you lie …."

Die onbybels om mense te mislei gehoor!!!laugh

Wessel

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 09/05/2019 - 13:47

Sodra ek weer met my Vodacom modem aanlyn is, plaas ek weer 'n klompie foto's - o.a. van die klein troppie wildehonde wat ons 3 dae agtereenvolgens op die Mahonie-omrit gekry het. Tweekeer was dit die beste "sighting" van wildehonde wat ek nog ooit in die wildtuin beleef het - eenkeer met 'n vangs, of liewer prooi waaraan hulle langs die pad geëet het.

Ons het dag na dag slegs die Mahonie-omrit gery. Klopperfontein is kurkdroog. Maar jy hoef nie 'n tree te ry nie, want die watergat voor die kamp bied van die beste skouspele aan.

PM

Nee - dit is nie ek wat hierdie foto geneem het nie, maar vriende van my suster (dié suster wat saam met Len se skoondogter werk). Ek het nie sulke "fancy" toerusting om sulke foto's te kan neem nie.

Maar die 'plaaslike' luiperdwyfie (hierbo saam met haar vorige kroos) kom bykans elke aand tussen 19:00 en 20:30 water drink by die watergat. En dan praat ek nie eens van die hoofvertoning deur die olifante en buffels nie. Terwyl hier gisteroggend tussen 200 en 300 buffels water gedrink het, het hier 'n teeltrop van tussen 40 en 50 olifante hier opgedaag. Watter belewenis!!

PM

Ons pak tans met 'n swaar hart op hier by Punda. Ja, 10 salige nagte lê van môre af voor by Shingwedzi. Maar Shingwedzi sal moet uithaal en wys om hierdie paradys (ook bekend as Punda Maria) te klop. Vanaand is ons laaste van 8 aande.

Alles hierbo is sommer 'n klomp twak stories. Punda is 'n ou drek plek.

Worcester

Wildehont

Thu, 09/05/2019 - 13:57

Ek sien al hoe meer uit na ons eerste besoek aan Punda in Julie! Ek sien daar het 'n Eskom lyn geval by Shingwedzi wat 'n paar diere insluitende 'n olifant gedood het. Die kamp werk tans van 'n kragopwekker af volgens berigte. Maar wie het nou elektrisiteit nodig in die KNP? Ek hoop net nie die kragopwekker raas nie.

Brits

wessels

Thu, 09/05/2019 - 14:23

Middag Wildehont

So jammer om van jou problem te hoor. Volgens gesaghebbendes op die forum is dit maar eintlik 'n drek plek.

Gelukkig gaan ek Junie na die opwindende besige oorvol ruskamp Satara.

Groete

Wessel

Wat 'n besonderse foto van die luiperd gesin! WOW! Daai watergat van Punda stel nooit teleur nie.

Dankie vir die lekker vertel Chris. Ek slurp alles op. Ek weet dat dit is ook nie altyd maklik met die swak data sein daar nie. Toe ons laas daar was moes ek 'n klompie werk ook doen en dit was maar 'n frustrasie met die stuur en ontvang van groot e-posse.

Die wapad.

Koos Mol

Fri, 10/05/2019 - 21:58

Chris, ek is seker Shingwedzi gaan nie teleurstel nie. Gelukkig hoef mens nie in die park vergelykings te tref nie want elke area is uniek en het sy eie aantrekkings en kwaliteite. Geniet julle tydjie op die plaas.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 15/05/2019 - 16:30

Shingwedzi het merendeels geen data-sein nie. Hierdie is die eerste keer dat ek op die forum kan "inkom" sedert ons hier is.

Ek wil net sê dat Shingwedzi stel nie teleur nie. Eerstens - Shingwedzi se kampeetterrein is stil in verhouding met Punda, en netjies. Punda is seker een die swakste kampeerterreine in die hele wildtuin, maar waaragtig een van die lekkerstes.

Net ter opsomming, totdat ek weer in staat is om foto's te plaas - ek het nog nooit sulke wildehond "sightings" beleef soos dié wat ons vanjaar rondom Punda beleef het nie. Ons het by drie geleenthede die troppie van 7 by ons in die pad beleef, waarvan eenkeer met 'n karkas van of 'n jong koedoe of 'n njala-ooi was waaraan hulle nog gevreet het.

Hier by Shingwedzi hou die leeus ons besig. Op 4 agtereenvolgende dae het ons eers 'n trop van 17 gekry, gevolg die volgende dag met 'n trop van 11 wat 'n rooibok by ons langs die pad gevang het, die volgende dag weer 4 en gister 3 nadat hulle ons eergisteraand amper bang gebrul het.

Die ander wildbesigtiging is ook baie goed.

Shingwedzi se ablusies is 'n veer in die hoed vir Sanparke - in teenstelling met dít wat ons in Letaba ervaar het en selfs in 'n mindere mate in Punda.

Ons is tans halfpad met ons verblyf in Shingwedzi - met nog 5 van 10 aande oor. Hiervandaan is dit na een van ons gunstelinge eerskomende Maandag, naamlik Tsendze vir 7 aande.

Watter lekker gedagte dat ek eers vandag oor 'n maand uit die wildtuin vertrek.

Ek hoop om binnekort weer foto's te kan plaas.