Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -34 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Sommer interesante ou fotos.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Sun, 29/04/2018 - 12:49
Forums

Vermoed hierdie was toe die Voortrekkers oor die drakensberg getrek het - kaalvoet nogal!

voortrekkers

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 12:53

Na Pretorius 'n stad gestig het, daar waar Pretoria nou is, het dinge vinnig vooruit gegaan.

Kyk na Neef Anton en Nig Lolla se pragtige vervoermiddel, selfs 'n bedjie agter op vir die klein Kabouter.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 12:56

Nou van daar af het die mense regtig begin moderniseer.

Hier is Gen De La Rey se "Motor home" en ook ons eie neef Anton se eerste boswa.

 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 13:05

Boonste fotos is uiteraard altwee Fords, die mense was daai tyd al slim!

Japanese was nog nie uitgevind dus hulle kon nog nie Toys bou nie.

Dinge gebeur toe vinnig, Pretoria word ge-elektrifiseer, kry tot straat ligte, en as ek reg onthou het Speknek se oer oupa grooitjie die werk gekry om die gloei lampe te ruil. Kyk mooi hy trek heelwat op Spekies.

Tellefone was volgende - nee nie selfone nie maar daai slinger tipe, die tweede foto lyk vir al soos Slow Strike se voorvader wat daar Telkom se drade reg maak?

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 13:12

My oer oupa het gereeld by bosfontein gaan kamp, soortgelyke boswa soos Anton s'n

Hy het die gewoonte gehad om op die stoep te sit en suig aan sy pyp met 'n laaang glas mampoer in die hand.

Hy het dan maar die natuur so sit en bewonder, selfs hier en daar 'n foto gesteel.

Ek het die fotos in sy dagboek gevind, natuurlik vir my oor, oor ,oor ouma grooitjie wegesteek.

Kyk net na daai pragtige laaaang bene en dan daai fietse lyfie, die dametjie wat so in haar onderklere badkamer toe stap.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 29/04/2018 - 13:32

Voortrekker, jy steel die woorde uit my mond.....   Arie, was jy nie veronderstel om te begin pak vandag nie?   

O ja, lekker foto's om na te kyk. wink

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 14:54

Voorie, ja ek het nog erens, sal eendag weer bietjie ronkrap.

Nee man julle weet seker al teen die tyd dat ek vreeslik bedagsaam is en my se ou vroutjie maar mooi oppas.

Kyk vir stywe spiere'n geswikte enkel en al sulke goed is oefening maar die beste, so ek het my maar verhard en vir Petra aan die werk gesit, ek weet julle sal nie kan glo dat ek so goed is vir haar nie! Maar tog dit is swaar maar ek sit maar hier onner die boom met die laptop en speel, terwyl ek haar raad gee, hoe om te pak.

Moet eerlikwaar se sy loop al klaar beter, sy het vroeer al die kruk weg ge gooi, sy was so trots dat sy nou sonder die ding kan klaar kom dat sy nie eers mooi gekyk het toe sy dit gooi nie, natuurlik glad nie gesienn dat ek daar onder die boom sit toe sy hom gooi nie. Darem nie te veel skade nie, net 'n blou oog.

Nee wat ek het haar maar vergewe, was mos uiters nie met opset nie, maar uit domgeit, sy versorg my darem nou baie mooi so tussen die pakkery deur. Ek kan nou nie eintlik loop nie, met die wat die een oog nou so toe geswel is, so sy moet maar coke en peanuts aandra, en sy sal seker later maar 'n vuurtjie aansteek, sodat sy so paar skaaptjops kan braai, tussen deur natuurlik pap en sous maak met 'n lekker mengel slaai.

Ja wat ek kry maar swaar maar geen opofering is vir my te groot waar dit by Petra se welstand kom? Ons soort van uiters goeie mans is maar dun gesaai!

Waar my wa staan

Arie

Sun, 29/04/2018 - 17:10

So paar regte ou karavane, let  op die formele kleredrag van die mense?

Ook 'n opvou karavaan van 1924, en dan 'n karavaan vir die motorfiets entoesias?

Kyk ook na die ou twee sitplek MG wat 'n wa sleep.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 11/07/2019 - 15:30

Ai, en ek het juis gister 'n boek van Wilbur Smith neer gegooi, hy skryf 'n storie oor hoe die Amerikaners en Britte trofeë in kom jag het in die laat 1800's en vroë 1900's.

Jammer, maar dit steek my dwars in die krop dat mense diere vir plesier skiet.

Niks teen jou foto nie Anton, maar dit bly vir my 'n hartseer saak.

Middag vriende

Dit lyk al teveel vir my of oom Paul 'n subtiele middelvinger vir iemand wys.

Wessel