Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58551 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Voorie. Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -3 hours ago
Jors se Kampstories op fb ... Jors se Kampstories op fb ... Willem Brits -3 hours ago
Ek moet seker nou maar my… Augustus 2019 Koffiekroeg Voortrekker -4 hours ago
Alles is nog nie verlore nie… Koebaai pensioen.. Wildehont -5 hours ago
Hi Len.

Julle moet julle…
Lennie en Addo Olifantpark,… Koos Mol -5 hours ago
Môre sê Kampforum

Geniet…
Augustus 2019 Koffiekroeg Willem Brits -8 hours ago
Die batteryboks kan agter… Batterye en dinge Noel -9 hours ago

My Huis - Willem

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Tue, 25/06/2019 - 15:24

Ek weet wraggies nie waar om dit te sit nie ?

So ruk terug geeis vir die geyser wat gebas het en die een badkamer se plafon.

Toe die ou die plafon kom reg maak vra ek hom oor 'n ander gat in die sitkamer plafon.  Toe merk ons op dat daar orals krake is in die juur en ook die plafom wat weg trek van die muur.  Dit loop van Noord na Suid deur die huis tussen die sitkamer/kombuisaan die Ooste kant en die res aan die Weste kant.

Daar is geen turf in dié area nie en daar is ook geen groot boom naby nie.  Absa het 'n bou kontrakteur gestuur, hy het kom foto's neem en gesê hy kan niks doen nie maar sal sy verslag indien om 'n Ingeneur te laat kom kyk.

Vanoggend kry ek 'n e-pos van Gerhard 'n "Loss Validator" hy was jou hier en het weer klomp foto's geneem en gesê hy sal sy ferslag vandag indien om 'n Ingeneur te laat komkyk.

Die krake is al van lankterug maar mens merk dit nie as jy elke dag daarin vas kyk nie.

Len, ek dink amper hulle moet eers die eis formeel repedueer voor die Ombud dit sal vat, onthou, Ombudsman word met n "d" gespel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/07/2019 - 11:00

Aitsa, dankie Frikadel, jy is doodreg  -  ek het my tikfout reggestel.

Ns. Onthou, Frikkadel word eintlik met twee "k"'s gespel !

Waar my wa staan

Arie

Fri, 26/07/2019 - 13:42

Gewoonlik sal n prfesionele persoon sy verslag net met die instansie wat die  opdrg gegee het beskikbaar stel met  ń opdrag dat die verslag aan geen ander (3 de party) instansie beskikbaar gestel word nie.

Enige verslae wat ek doen is net vir die wat my betaal.

Dit is tog net logies?

Leeu maak net seker van subsidece klousule gewoonlik net van toepassing in myn of dolomiet areas en dan ook net met ń lading op jou premie.

Inkrimping swelling van kleigrond val nie onder subsidence nie!

Ek het heelwat ondersoek op huise in klei ateas gedoen wat al 40 jaar staan sonder enige krake en dan binne ń jaar so kraak dat dit onbewoonbaar is.

Frikkadel word eintlik met twee "k"'s gespel !

 

Mag so wees Len, maar hou in gedagte dat my forum naam afgelei word van my regte naam, Frik, so My forum naam is nie die eetbare tipe vleisbal nie eerder n ekstensie van Frik wat onstaan het agv die Bosveld Patrys se roep, glo dit of nie!

Waar my wa staan

Arie

Fri, 26/07/2019 - 14:06

Jammer oor al die tik foute op boonste inskrywing, sommer op my foon getik en die keybord is so klein ek tik aanmekaar verkeerde goed.

Mense lees tog asb julle polisse goed deur voor julle teken, ek het deur die jare al baie mense sien huil omdat hulle nie hul polis behoorlik deurgelees het nie!!!

Min mense bessef nie dat subsidance onder normale omstandighede gedek word nie, was al in hofsake betrokke waar huise totaal afgebrand is. Versekering weier om te betaal omdat daar 'n grasdak lapa te na aandie huis gebou was. Sou jy 'n lapa nader as 'n sekere distansie van jou huis oprig, moet jy jou totale woning as grasdak verseker, die premie op 'n grasdak is baie hoer as op teels. Ek kan nie nou onthou wat die distansie is nie en ek is te lui om dit op te soek.

Nog iets wat mense nie bessef nie, sou jou geyser bars of lek en daar is nie 'n behoorlike drip pan onder die geyser sal hulle jou geyser vervang ook 'n drip pan instaleer, maar enige eis vir skade as gevolg van die lek sal dan as 'n tweede eis en nie as gevolglike skade op die eerste eis gedek word nie. Dit beteken jy sal 'n bybetaling op die geyser [eerste eis] en dan weer 'n bybetaling op die herstel van die plafonne [tweede eis] Hulle mag selfs enige eis vir gevolglike skade weier, omdat jy nie 'n drup pan in plek gehad het nie, die Nasionale Bouregulasie vereis dat daar so pan moet wees.

Ander mindere bekende klousule, sou jou huis langer as 6 weke onbewoon is, mag enige eis op skade van 'n inbraak of vandalisme afgewys word.

Onthou die definiesie van versekering noem duidelik dat die versekerde terugeplaas word in sy oorspronklike posiesie - nie slagter maar ook nie beter nie. Dit geld natuurlik net as daar wel versekerbare skade was.

Wat bogenoemde beteken is eenvoudig; sou 'n pyp in jou badkamer lek en hulle moet die muur oopkap saam met die muurteels. sou jy ingevoerde of baie ou muurteels op die muur het wat nou onverkrygbaar is, dan is hulle nie verplig om jou hele badkamer oor te teel nie. sleg die gedeelte wat gebreek was, jy moet dan maar saamleef met twee tipe teels op die muur, of self bybetaal en die hele badkamer oor teel.

Ons het 'n hele klkmpie jare terug ook dieselfde roete gevolg as Willem oor ons huis ook erg gekraak het. Daar was 2 masiewe akkerbome so 10 meter van die huis af. Na al die verslae en mense wat kom kyk het, het die versekering gese ons huis is op aktiwe grond gebou en die bome het ook 'n invloed en ons eis is af gekeur. Ek het die 2 bome laat afsaag en die ergste kraake laat reg maak, vir lank geen probleem gehad nie.

Die begin van die jaar toe sien ek dat een spesifieke kraak op die hoek van die hoofslaapkamer se badkamerdeur weer begin oopgaan.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 26/07/2019 - 16:46

My buurman het 'n klomp "privits", jare terug - meer as 30 jaar, teen my beton omheining geplant, so tien jaar terug kraak my omheining, en ek gaan sien hom. Hy het dit laat uit haal, en ek het my versekeraar gekontak. Soos Mona se geval, en ek kan dit verstaan,  is die eis af gekeur. Gelukkig vir my is dit nie baie erg nie, en ek kan daarmee saam leef.

Nou sit ek met 'n ander delima,  die lapa is besig om aan een kant te sak,  en die keer gasn ek moet hoes.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 26/07/2019 - 17:38

Het hulle weer geskakel laat middag, hulle het later gesê dat sie persoon van die gespesialiseerde afdeling jy sal terug skakel, hoop maar hy sal jy Maandag terug bel.

Arie ja, maar in jy geval was die versekering deel van die koop en daai tyd het ek nie van beter geweet nie.  Maar joet sê Absa is jie skaam met hulle premies en verhoging in die jaarlikse premie nie.

Ek het niks op skrif nie en verstaan soos Arie dit verduidelik, Absa betaal hulle nie ek nie.

Soos ek reeds gesê het en soos die Ingenieur vir jy gesê het is daar gee Turf of Dolimiet in die area nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/07/2019 - 18:23

In reply to by Frikadel

Ek trek mos net jou been omdat jy my uitgevang het met 'n spelfout.  Ek weet 'n eienaam is nie aan spelreëls onderworpe nie netsoos Wildehont verkies om sy foerumnaam met 'n "t" te spel.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 13/08/2019 - 12:25

Ek is nou al net mooi gatvol vir Absa (ek moes geskuif het toe ek die nuwe prys by KP gekry het sad)

Die Ingenieur, Werner van den Berg from MJ Consulting Engineers is die laaste ou wat Absa gestuur het.  As ek bel hou ek vir seker 15 min. aan en dan word ek oorgeplaas na die gespesialiseerde afdeling wat soos vandag nie antwoord nie.

'n Dame het my laas terug geskakel en gesê hulle sien die verslag verwys na 'n Ingenieur wat moet kom ondersoek, toe ek sê maar hy was reeds hier en gee sy naam en als toe sê sy sy kry dit nie en gaan ondersoek instel en my terug kontak, wel dit is nou weer 'n week later en nog niks.

Die Simon Smith wat vir my glo su direkte nommer gegee het ???  As ek hom skakel dan vra hy ek moet # druk om my "mailbox" te kan besoek.

Ek het die e-pos wat ek nou weer gestuur het ook aan "Absa Group Customer Care On Line" gestuur so hulle kan ook sien ek het dit vir hulle gestuur, het 'n verwysings nommer gekry en hoop dit help ?

Middag Willem

Ek kan mos bome breek as ek so die koue skouer [ bollie diens] kry. Wat die mees frustreerend is, is dat mens nou mos kalm bly, nie die persone beledig [onwetend] en nie net kan sê wat mens van die situasie dink nie.

Sterkte

 

  

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 14/08/2019 - 10:27

Gaan eers wag en kyk wat gebeur ?

Ek het die e-pos wat ek nou weer gestuur het ook aan "Absa Group Customer Care On Line" gestuur so hulle kan ook sien ek het dit vir hulle gestuur, het 'n verwysings nommer gekry en hoop dit help ?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 14/08/2019 - 17:06

Nou ja, na my gesukkel om hulle aandag te kry en na ek hulle geraporteer het, het hulle my vandag geskakel.  Net om my meetedeel dat die eis afgekeur is want volgens hulle is dit 'n verspryding van my vorige eis in 2014 wat hulle minder as R 6,000 aan my uit betaal het weens aardbewing.  Ek het gevra of hulle my die foto's van die ondersoek kan stuur sodat ek kan gepaal of dit die selfde area is.  Hulle wil hê ek moet daai kontrakteur (ingekontrakteurde kontrakteur) se staat en bewys van betaling vir hulle voorlê as ek appeleer.

Hulle verslag gehoort ek binne die volgende 14 dae te kry.

Ek het nie foto's nie maar het op ou e-pos afgekom waar ek hulle gevra het wie is die kontrakteur wat hulle prys bepaal het want ek kan nie 'n kontrakteur kry vir daai prys nie.  Waarop hulle my nie geandwoord het nie.

Willem, teken appel aan teen die repudiasie van jou eis, doen die volgende hieronder en as hulle die eis verder afwys, dan help ek jou verder.

  1. It is usually best to complain in writing. But if you phone, ask for the name of the person you speak to. Keep a note of this information, with details such as, the date and time of your call and what was said. This may be required at a later stage.
  2. Remain calm and polite, however emotional, angry or upset you may be. You are more likely to explain your complaint clearly and effectively if you can stay calm.
  3. Initially attempt contacting the person you originally dealt with. If they cannot help, indicate that the matter will be taken further. Seek details of the name or job title of the person who will be handling your complaint and for details of the Insurer's complaints procedure.
  4. Attempt taking up the matter with a senior official at the insurer.
  5. When you write a letter of complaint, set out the facts as clearly as possible.
  6. Write down the facts in a logical order and stick to what is relevant. Include important details like your claim number or your policy number.
  7. Keep a copy of any letters between you and the Insurer.
Alberton

Tuinslang

Thu, 15/08/2019 - 07:52

In reply to by Willem Brits

Willem ek is deur dieselfde issue November laasjaar.  Huis ook oornag gekraak.  Assessor is uitgestuur en stel toe voor ingeniuer kom uit.

Die ou kom hier aan en binne 20 min is y weg.  2 dae later is die "verskoning" klei grond.  Blykbaar is die hele woonbuurt op klein gebou.  Die skuiwing is agv die droogte wat die watretafel laat sak het en dus die grond laat skuif het

Lang storie kort, my issue, hulle dra geen onkoste

Tuinslang, hulle het jou sien kom ou mater.

Ek het laasjaar n vriend van my gehelp in Brackenhurst met dieselfde storie oor huis wat bars en hulle verweer van kleigrond.

Ons het elke sent plus meer uit ABSA uit getap.

Ek doen die klas van goed pro deo want dit hou my hande besig sodat ek nie lus raak vir rook nie!!