Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -24 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -44 minutes ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -44 minutes ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -1 hour ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -1 hour ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -1 hour ago

Lennie en Addo Olifantpark, Bergkwagga Nasionale Park & Karoo Nasionale Park

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Wed, 27/03/2019 - 20:29
Forums

Teen hierdie tyd weet almal seker dat my Kruger Wildtuin-trippie in Meimaand gesneuwel het om twee redes :- 

(1) Ons kampmaat het sy been gebreek met die val van sy bergfiets

(2) My annerhelfte moes 'n dringende rugoperasie ondergaan

Die twee pasiënte vorder tot dusver baie goed en ons het toe maar besluit om hierdie jaar se Kruger Wildtuin-trippie eerder te laat oorstaan tot Mei 2020 sodat die twee ou kranklikes behoorlik kan herstel.

Maar, en dit is nou die GROOT MAAR, ons gaan einde Augustus 'n draai maak by Addo, daarna by Bergkwagga Nas. Park en dan ook by Karoo Nasionale Park.  Die afstand om met die twee ou kranklikes te ry is darem nie sover soos Kruger toe en terug nie (± 5000km) teenoor die sirkel-trippie na hierdie drie wildtuine van omtrent 1800km.

Die besprekings is gedoen en ons sal op 26/8 ingaan by Addo  -  nog 152 dae !

Ns. Ek is nou besig om te beplan hoe ek Freda se blouaap en sy trawante gaan uitsorteer indien die Parkbestuur dit nog nie gedoen het nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 08/09/2019 - 20:44

Len dankie vir die saam reis, en die mooi fotos.

Karoo Nationale Park se personeel is van die vriendelikste, en mees behulpsaame mense, die opgradering moes onlangs gebeur het, April was die krag punte nog 'n probleem.

'n swartrenoster !

Hoe gelukkig is julle! My laaste swart renoster was te voet in Pilanesberg. Dit nadat ons van die rant bo hom gesien het hoe hy amper koppe stamp met ‘n witte. Nadat hy die witte verwilder het, het ons afgestap tot binne omtrent 50m van waar hy gelê het. Ons was darem windaf en het hom glad nie gesteur nie. 

Middag Len

Dankie vir die deel van inligting en fotos. Baie duidelik het julle die vakansie geniet.

Sal jy so gaaf wees, en probeer uitvind wat die brandstofverbruik van daardie v8 Toyota was met die toer. 'n Vergelyk met jou voertuig s'n sal dan die nuuskierigheid totaal bevredig.

Groete

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/09/2019 - 16:15

Wessel, ek kan nou reeds antwoord.  Ons het nie juis vreeslike wetenskaplike navorsing oor die dieselverbruik gedoen nie, maar my P/F het in die omgewing van 16,3 l/100 km verbruik.  Die Cruiser s'n was in die omgewing van 17 l/100 km. Beide lesings is soos die voertuie dit self bereken  -  onthou, ons was met vakansie en nie lus vir ingewikkelde somme nie !  Ons het deurgaans tussen 100 en 110 kpu gereis en net by bergpasse en ander steil opdraendes het die Cruiser baie gemakliker verby geseil.  Die Cruiser se reikafstand is ook heelwat verder met sy 120 brandstoftenk terwyl die P/F maar 'n 80 liter tenk het. 'n Verdere verskil is dat die Cruiser is outomaties terwyl my P/F 'n handrat model is.

Môre Len

Dankie vir die syfers. Ek moet erken, die syfers is gladnie vrot nie. gedagtig aan wat jy sleep, is jou PF se verbruik eintlik baie goed.

As ek dit vergelyk mey my 2.7 petrol Hilux wat so tussen 14 tot 16.6 l/100km verbruik, met 'n Kavango, waar laasgenoemde terug is van Malelane tot Milly's, is daardie v8 se syfers baie naby aan my eseltjie se verbruik.

Ek kan dus vir dieselfde brandstofverbruik net sowel die voordeel van die geweldige toename in wringkrag oorweeg.    

Onthou ons wil nog fotos sien van julle omswerwinge.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 09:52

Willem, my destydse Nissan Sani 3 liter V6 petrol se brandstofverbruik met 'n Penta op sleeptou was ook 20 l/100.

Wat is jou Ford se wringkrag ?

Daardie V8 Landcruiser 200 is 'n lieflike voertuig, groot en ruim met elke moontlike luuksheid, baie krag (650Nm) en heel billike brandstofverbruik, MAAR heeltemal buite my bereik wat aankoopkoste betref.  Eintlik is daardie reuse krag onnodig, want met 450Nm van my P/F met die 2-ton Exclusive op sleeptou het ek gemaklik bygehou by die Cruiser tydens ons amper 2000km trippie, bergpasse en al.

Port Elizabeth

Antie

Tue, 10/09/2019 - 10:39

Baie dankie vir die deel en die mooi foto's, Len.   Some people have all the luck!  Ons was al so baie by Addo en nog nooit 'n Leeu ordentlik gesien nie, net van baie vêr af.  En ons het al soveel keer by die uitkykpunt daar by die dam, agter die heininkie gestaan en nog nooit meer as voëls daar gesien nie.   En hier stap 'n leeu sommer by julle verby by die uitkykpunt! smiley

So vinnige toer tussen die parke in die Ooskaap is baie lekker, mens kan dit eintlik aanbeveel.

Die wapad.

Koos Mol

Tue, 10/09/2019 - 14:19

Dankie vir 'n lekkerlees storie Len. Bly julle het jul toer geniet. 

My emmerlys het ook nog so 'n parke toer wat ek wil aanpak; dit sluit die 3 parke soos julle gedoen het maar sluit dan ook Camdeboo in. Jou inligting gaan dus baie handig te pas kom.

Geniet jou tuiskuier tot jy weer trek. Ek aanvaar jy is reeds besig met beplanning vir julle volgende wegbreek.

Groete by die huis.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 21:52

Hallo Freda !  Lekker om vir 'n verandering van jou ter hoor.

Ek kon toe nie jou blouaap in Addo se kampterrein opspoor om hom 'n les te leer nie.  Het egter navraag gedoen en is meegedeel dat die betrokke knaap gevang is en iewers heen gestuur is vir ondersoek.  Indien dit wel die geval is sal ek bly wees dat dadelik aan die aggressiewe aap aandag gegee is.

Die blouape was maar nog lastig, maar gelukkig het ons en ons kampmaats geen probleem ervaar nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/09/2019 - 21:58

Koos, my Kruger Wildtuin trippie is teeds bespreek vir Mei 2020, maar ek hoop om nog voor daardie tyd 'n paar kort kampies in te kry.

Port Elizabeth

Antie

Wed, 11/09/2019 - 06:30

Lennie, terg jy my nou of het jy regtig gevra oor die aap?   En het hul daai spesifieke aap gevang en weggestuur?

Secunda

Sleep nou

Wed, 11/09/2019 - 07:14

Dankie vir die deel Len wat n lekke reis dis nog iets wat ek moet doen die storie mag klaar wees maar so sien elkke een van ons vir die nuwe storie lank lewe kamp

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 11/09/2019 - 10:58

Freda, ek terg nie.  Ek het navraag gedoen en die werkers in die kamparea met wie ek gepraat het, weet almal van die blouaap-aanval in die ablusie-paadjie 'n klompie maande gelede.  Ek wou weet of die aap geskiet is, maar is meegedeel dat hy gevang en weggestuur is vir ontleding. Ek sou reken dis gedoen om te bepaal of die ander ape ook dieselfde aggressie onderlede het.  Dis maar die werkers se reaksie en ek het nie by die Bestuur gaan navraag doen nie.

Port Elizabeth

Antie

Wed, 11/09/2019 - 11:20

Dankie Len.   Die aap moes seker nog mense die skrik op die lyf gejaag het, of hoe anders sou hulle weet die spesifieke aap was die een wat my aangeval het.     laugh