Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60709 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -40 minutes ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -8 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -8 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -8 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -9 hours ago

Balule 2020

Brits
Submitted by wessels on Wed, 09/10/2019 - 09:45
Forums
Môre vriende Ek gaan nou soos Len maak. Ek het so lus gekry vir die Kruger na Willem se raad vraery dat ek maar summier ook plek bespreek het in die wille Krugertuin. My gunsteling plekke is natuurlik reeds vol bespreek vir die Julie skoolvakansie, maar dit pla nie. Ek het plek gekry in Maroela, dan 5 aande in Balule, en laaste aand in Krokodilbrug. Dit is van 19 tot 26 Julie daar DV. Groete
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/10/2019 - 11:56

Baie geluk  -  dis almal prima-kampeerplekke  !  In Meimaand gaan ek onder andere ook by Balule en Krokkies kamp.  Balule :  veral as jy 'n Kavango het !

Middag Len

Jip, ek sien rerig uit daarna. Hopenlik het Kavango dan al 'n goeie beheerstelsel en vars papperye in.

Ek het darem paar maande om ook finaal te besluit met watter roete ek tot by Orpen-hek sal ry. Ek speel met die gedagte om Orpen van Letsitele se kant te benader, in plaas van, van Lydenburg-Origstad se kant. Raad sal waardeer word

Groete 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 09/10/2019 - 12:50

Ek speel met die gedagte om Orpen van Letsitele se kant te benader, in plaas van, van Lydenburg-Origstad se kant.

Dis 'n baie beter roep Wessel. Tzaneen - Gravelotte - Mica - Hoedspruit - Orpen. 'n Goeie, maklike, natuurskone en lekker roete om te sleep. Ek gebruik nie meer 'n ander roete as ek na of vanaf Orpen sleep nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 09/10/2019 - 12:53

Mooi en lekke roete wat Chris noem Wessel ja om Paul se tuin stel nie teleur nie

Middag Chris en "Sleep nou

Dankie vir die bevestiging, dit is wat die forum lekker maak. Mens kry altyd goeie raad en insette. 

Chris: Gaan ek jou weer raakloop in die wildtuin dan?

Groete

 

Worcester

Wildehont

Wed, 09/10/2019 - 13:35

Dis darem jammer dat die Belfast-Dullstroom-Lydenburg-Orighstad roete so vodde is. Ek het dit altyd geniet (die landskappe). Die deel van Orighstad tot Orpen via die Swadini pad was my gunsteling. 'n Pragtige manier om af te sak Laeveld toe. 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 09/10/2019 - 13:35

.. waarskynlik nie. Die kanse is baie groot dat ons dalk by die kinders in Roemenië gaan kuier. Indien laasgenoemde nie plaasvind nie, is ons intussen vir 2 maande by Dolphin in Ballito bespreek. Ek voel dit is tyd vir 'n verandering. Daar's te veel plekke in hierdie land waar ons nog nooit was nie. Ek't besluit ons haak te veel vas by enkele plekke - waaronder die wildtuin (alhoewel ek natuurlik "vrek" oor die plek).

Middag Chris

Ek kan my indink dat 'n besoek aan die kinders veel groter prioriteit is as om in stowwerige wildtuin te wees.

Hoop dit werk uit vir julle

 

Middag Chris en ander

Volgens Google maps is die pad soos Chris uitgestippel het net 50km verder as die pad via die N4, dan na Lydenburg, Origstad na Orpen.

Dit lyk ook of groot dele van die Tzaneen- Gravelotte-Mica-Orpen pad onlangs goed opgeknap is. Ek gaan eerder die 50km verder sleep, as om deur die gate te sukkel.

Chris [wildehont]: Die Tzaneen roete deur Georgesvallei, of Duiwelskloof is net so mooi hoor, jy kan dit gerus prober.

Groete

Worcester

Wildehont

Wed, 09/10/2019 - 14:34

Ek sal nie weer my "ou" roete ry alvorens dit herstel is nie so ek beplan om in Julie die Duiwelskloof roete van Phalaborwa af te neem Pretoria toe. Ek glo nie ek gaan in elk geval gou weer Orpen gebruik nie.