TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -27 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Len & Annatjie se Kruger Wildtuin-trippie in Mei & Junie 2021

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onTue, 23/03/2021 - 20:21
Forums

Dis ou nuus dat ons twee laas in 2018 ons jaarlikse Wildtuin-besoek kon beoefen.  Ons Mei-2019 besoek moes afgestel word weens Annatjie se skielike rugoperasie en ons 2020 besoek het gesneuwel as gevolg van Covid-19.  "Gelukkig" het my ernstige ongesteldheid saamgeval met die Covid-inperking van 2020 en ons is nou albei perdfris en gesond vir eerskomende Mei en Junie se Wildtuin-trippie.  Dit is nog net 39 dae voor ons hier uit die Kaap vertrek en ons behoort weer op 10 Junie terug by die huis te wees.  Dit beteken die beplanning is agter die rug en in plek en nou begin die voorbereiding vir 'n wonderlike wegbreek in die Wildtuin.

Ek is vol vertroue ons sal heelwat van hierdie bedreigde spesie sien, maar die cherrie op die koek sal wees as ons 'n swartetjie kan sien.  Hierdie een is 'n witte. (Tog snaaks, by renosters is die wittes volop en die swartes baie skaars.  By die menslike ras in Suid-Afrika is dit net mooi andersom !)

.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 04/05/2021 - 18:19

Lennie is regtig lelik met sy maters. Chris en die ander wat bevoorreg is om in Kruger te wees op die oomblik, deel met ons wat vasgevang sit om een of ander rede . 

Dit word genoem " Theatre of the mind" of so iets, waar jy in jou gedagtes saamreis met die skrywer en sy belewnis joune maak. Komaan Len....Al vertel jy net van Pathfinder brandstof- verbruik, of n lekker koffie by n padstal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/05/2021 - 08:56

Is mos nou in Pretoria by die "vedamilie" as ek dit reg het en daar is goeie opvangs, so hy het nie verskoning nie.  wink

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/05/2021 - 12:00

Goeie môre Kampforum-vriende !

Ons gekuier in Pretoria loop stadigaan uit en kom amptelik Sondagaand tot 'n einde.  Maandag vertrek ons Nelspruit toe vir 'n heerlike oorslaapkuier by forumvriend Koos & Irene Mol en dan Dinsdag betrek ons die Phabeni-hek.  Ons is tuis by my swaer en skoonsuster in Pretoria-Noord en die Exclusive slaap by hulle seun se huis, ook hier in Pretoria-Noord.

Ons gekuier die afgelope klompie dae was wyd  -  ons was by Kroondal naby Brits en dan weer 'n volgende dag op 'n plaas naby Beestekraal, anderkant Brits.  Ek sit nog en wonder, wat is die ergste, die paaie in Noordwes of Wessel se medebestuurders op hierdie paaie.  Mense, dis erger as baie erg !  Selfs op die N4 terug van Rustenburg ry ek teen 12okpu en hier sit 'n ou op my agterent.  Die geelbaan is te nou sodat ek hom 'n kans kan gee om very te kom.  Toe ek weer sien is hy met twee wiele op die grond besig om aan my linkerkant te probeer verby kom.  Ek dog toe, jou moer en maak oop.  Ons ry naderhand 160 kpu met hy hier aan my linkerkant  -  hy gee toe maar moed op en val weer agter ons. Wil jy nou meer !  By die "stop & go's" wag ons ons beurt af en toe dit naderhand ons beurt is, ry ons en hier kom wragtig taxis van voor af wat hulle nie steur aan hulle beurt om te stop nie.

Iewat moedeloos vanoggend nadat ek ChrisB se kommentaar op sy Wildtuin-draad gelees het.  Sal maar die beste van ons Wildtuin-besoek maak.

Middag Len

Welkom terug op die forum.

Ten minste het jy nou Noord Wes se paaie en gebruikers 1ste hands ervaar!! Dis aaklig verby.

Die N4 Laeveld toe mag moontlik in beter toestand wees, MAAR die padgebruikers ry maar net so roekeloos, dus ry asb versigtig.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/05/2021 - 12:31

.... moenie dat ChrisB jou battery natmaak nie. Soos alle ou geswore wildtuingangers (soos ek en jy) maak ons die beste van die situasie en kuier steeds 'n hond uit 'n bos uit - of dan 'n leeu uit die digte bosse uit. Ek sit nou-al en beplan vir volgende Mei se besprekings wat op 1 Junie oopmaak.

Lekker kuier by Koos en Irene. Ek het hom laat weet dat ek nader aan die tyd sal laat weet wanneer ons dalk saam 'n koffie kan drink by Afsaal.

Len

Ek glo jou swaer het jou vertel van Obaro vir goedkoper diesel. Nie ver van die Noord af nie en amper R 1.00 per liter goedkoper as in die dorp. Total 50ppm

Veilig ry more

Pieter

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/05/2021 - 18:49

Dankie Pieter  -  ja  Obaro Wholesale Diesel is hier om die draai van ons.

Die plan is om môreoggend 05:45 die Exclusive te gaan haal by sy stoorplek so 2km hiervandaan, dan net ons laaste paar goedjies weer inlaai en ons vrieskassie teruglaai in die Pathfinder.

Intussen het ons albei se 4-jaar oue Huawei selfone se batterye besluit dis nou die einde van hul leeftyd.  Omdat ons nog steeds baie in ons skik is met hierdie fone, het ek nuwe batterye laat insit by 'n Chinese Selfoonwinkel want ons kan nie sonder kommunikasie die volgende 5 weke binnegaan nie.  (Dis deesdae nie so 'n maklike joppie soos in die verlede om net 'n nuwe papierdun battery te koop, die ou een uit te gooi en te vervang met die nuwe nie).

Ons hoop om so 09:00 hier weg te spring en behoort dan die middag by Bateleur Estate in Nelspruit te wees vir ons kuiertjie by Koos & Irene Mol.

As ek weer van my laat hoor, is ons binne-in die Wildtuin.

Nelspruit

Koos Mol

Tue, 11/05/2021 - 21:04

Dit was 'n baie lekker kuier en goed om Len en Annatjie weer te  sien. Oor 'n heerlike bord kos  en 'n rooiwyn het ons lekker  gesels. 

Dankie Len en Annatjie ons waardeer julle besoek.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 11/05/2021 - 21:23

..... rooiwyn was daar op die spel? Hoekom lyk dit dan of Annatjie en Irene aan die stoele moet vashou om regop te bly. En die "smiles" op die twee manne se gesigte is ook veelseggend.😉

Dankie vir die foto. Lekker om julle weer te sien. Len het laat weet hulle is veilig by Maroela.