TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -18 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -35 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -38 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -43 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

KZN en Laeveld hier kom die Mollers 2021

Secunda
Submitted bySleep nou onMon, 15/03/2021 - 11:57
Forums
Ons het sopas ons vakansie vasgemaak en Berdien het alles betaal soos benodig ons Ry die 3 Mei ATKV Natalia toe en gaan oorbly by hulle tot en met die 14 Mei dan gou terug huistoe klere was vooraad aanvul en dan weer vertrek ons dan 17 Mei na ATKV Eiland bly daar tot 24 Mei ons gaan die jaar nie kamp by een van die oorde nie met ons wik en weeg wat se wa ons gaan koop het ons besluit ons bly maar in woonstel en rondawel maar dan met ons vertrek vanaf Eiland ry ons direk na Burgersfort toe en boek in by n oord met die naam van Kromklip gaan loer op hulle website sal ons eerste keer wees ons is daar vanaf 24 Mei tot 28 Mei hopelik is die oord ook n wenner sal fotos plaas van alles en nog meer volgende week is ek weer oplyn by huis met laptop
Secunda

Sleep nou

Tue, 04/05/2021 - 18:51

Nog so paar staan plekke wat ek en berdien van hou deel gerus met julle so hier kan julle kies en besluit voor julle kom waar is die lekke onderste staan plekke daar is paar staan plekke wat volgens my geskik is net vir n tent en n voertuig ek neem hulle nie af niewink

Secunda

Sleep nou

Tue, 04/05/2021 - 18:55

Sal more nog afneem maar hier is twee staanplekke wat lekke is 115 en 121 wat lekke see uitsig het en wat lekke groot staanplek is staan plek 121 is my gunsteling staan plek van hulle almal oppie oord

Secunda

Sleep nou

Tue, 04/05/2021 - 18:59

Sien die put put ban het redelike nuwe mat bygekry oud en jonk kan kom lekke speel hier wonder of die klein boot is verhaal het om te vertelsurprise

Secunda

Sleep nou

Tue, 04/05/2021 - 19:02

Het vandag lekke by strand geswem wind nie te erg nie sekurityd / lewensredders was duidelik sigbaar lekke ook by hulle resturand (Koswerf) babotie ge eet dit was lekke ek en Berdien poel ook gespeel en kyk sy raak beter dis 3 games teen twee in my guns more is dit put put en ver stap op strand ,gaan nou stort koffie maak en net sleg wees n ou mag mos jy is mos op vakansie mooi loop

Worcester

Wildehont

Tue, 04/05/2021 - 22:24

Dis 'n goeie voorbeeld van hoe mens verslag doen oor jou toer. Dankie Shaun! Ongelukkig is ek maar sleg met verslag doen terwyl die toer aan die gang is, ek hou dit gewoonlik vir wanneer ek weer tuis is. Ook my manier van die toer herbeleef. Maar vir my wat tans tuis is, is dit lekker om te sien wat die gelukkiges onder ons aanvang en sien.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 05/05/2021 - 06:25

Môre Shaun, dit lyk goed daar.

As ek reg onthou het ons op 121, en my niggie op 122 gestaan.  Dit is heel voor teen die sekeriteits punt, ons het 'n baie mooi see uitsig gehad.

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 09:23

Johan albei staan plekke is puik dankie vir almal se terug voer nou eers 08H40 opgestaansurprisedrink nou koffie en dan gaan ons ontbyt  eet buite oord by die kwekery die wat die kwekery ken weet as jy op pension is kry jy elke middag n spesiaal omdat jy oud is sal later weer gesels mooi loop

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:02

Wat n lekke vol dag het ons nie gehad nie lekke ontbyd ge eet net so 50 m buite die oord regs met pad af aan die linker kant sit die kwekery lekke ontbyd en aandetes en virrie senior mense kry jy  boonop afslag kos regtig puik en kwekery self iets om te beleef  

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:05

Die plek is gewild omdat kos op standaard is en plek regtig skoon personeel baie vriendelik ook met ons gaan eet gerus by hulle as julle hier rond iswink

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:11

Ons was so 11H00 terug in oord en toe begin ek en Berdien met ronde twee met poel kyk vandag was dit maar sleg vir my en ons eindig toe 5 games elk more virrie borrelbaars en dan tree ons aan vir die kampion skap vir put put aan wat oor 18 uitmergellinde gate gaan bestaan maar sal julle more update met bewys wie wen en wie braai virrie ander een en so met die poel spring sowaarlik n R@R in my hande maar die het niks gehelp om vrou af te stof nie cheeky

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:16

Ons was na poel vinnig strand toe vinnige swem gevat en met terug kom nog so paar staan plekke geneem wat dalk vir iemand kan help met sy keuse vorentoe kyk ek se weer ek is n bos ou maar Natalia bly maar net lekke en as julle nog nie hier was nie kom en slaan daai tent pen in want hier kamp ons n hond uit n bossmiley

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:24

Kyk ek sal elke dag braai maar Berdien se kom ons spring in bakkie en gaan Thirsty Whale toe hulle is in Amamzimtoti lings vannie Spur ons ry soentoe so 15 h00 kuier daar eet lekke ek bou vir my n dubbel burger met kaas , bacon , twee patties en n eier vir R90 en dan kry jy slaap tjips ook saam in my boek n bargain Berdien vat n spare rib met slaai en geniet hom hier is ook vir oud en jonk n waterpark by Thirsty Whale en braaiers ook nogal hier sal n gesin hulle gatte uit geniet die musiek is ook boonop vir oud en jonk

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:27

Ons eet lekke terwyl die plek begin vol raak en lewe kry as jy van draft bier hou soos ek en Morne is dit die plek vir hom 

Secunda

Sleep nou

Wed, 05/05/2021 - 19:30

Nog n paar fotos vannie kwekery hier is baie voete wat hier beweeg die senior mense hoor jy net hoe babel hulle oorie plante mooi loop tot more wink

pretoria

pieterc

Wed, 05/05/2021 - 20:37

Baie lekker kos teen baie goeie pryse! Ons het ook eers verlede jaar die plek "ontdek" nadat ons al vir baie jare Karridene toe gaan en sal beslis weer daar gaan eet.

Ek sien sommer julle kuier lekker by die see. Hopelik sal ons weer volgende jaar daar uitkom maar die jaar gaan ons eers weer bietjie Wildtuin toe.

Geniet die res van julle vakansie.