Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus

De Voetpadkloof

Algemene inligting

Resensies

Secunda

Sleep nou

Mon, 05/11/2018 - 13:57

My gunsteling oord hoekom : tussen berge gelee oord gedeel in twee die normale oord waar meeste aktiwiteite gebeur en is en dan die bos kamp so 800 meter weg van oord Twee swembaddens buite en binne huis swembad lekke warm oord is in die natuur met wild wat gedurig in oord rondloop sowel bos kamp, genoeg te doen vir oud en jonk put put visvang by dam en die nuwe supertupe is ook nou in gebruik behuising is bergtente , hout huise bo by koppie en dan staan plekke binne by oord van die staan plekke is klein ander weer groot as jy nie lus is vir kos maak nie hulle het n kafee en puik restaurant met n kroeg. Gaan maak n booking vir wild rit wat puik is vat ook jou stapskoene en verkyker saam baie tipe voels die boskamp net buite oord kry jy die bos gevoel maar vir mamma is daar spoel toilet en ope lig stort wild loop gedurig verby jou terwyl jy braai sekuriteit ook puik by hek en by oord hom self net n end aan kry jy Loskop dam en net verby Loskop aan regter kant kry jy loskopdam wal sentrum puik slaghuis en n plekkie waar jy lekke kan eet, so wat keer jou gaan besoek gerus De Voetpadkloof

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
4x4 attraksies
4X4 baan
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 14:56

Hierdie is ook vir my 'n baie lekker oord, maar ja meeste staanplekke is maar knap vir die dubbel as karavaan.  Daar is baie lekker koelte bome en die park is mooi.  Na jy by die ontvangs gestop het moet jy maar mooi wegtrek as dit 'n voorwiel aangedrewe voertuig is met 'n lekker gelaaide karavaan, een dag gehoor hoe sukkel 'n ou om daar uit te kom.

Die binne swembad is TOPS.

.

Staanplek No.1

.

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja

Baie lekker oord.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Nee
4x4 attraksies
4X4 boskamp
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 11/11/2018 - 23:06

...............saam  -  'n puik oord.

So lyk dit daar :-

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Vir kinders?
Baie fasiliteite

Net ter opdatering van my vorige observasie twee jaar gelede, die boskamp bly lekker rustig en privaat, MAAR, die ablusie geriewe is besig om heeltemal te onstspoor, so al of die ANC daar betrokke kan wees wat onderhoud en sommer algehele trots en dies meer aan betref.

En dis nie asof jy minder betaal vir jou staanplekkie nie...

Vergeleke met ander "boskampe" se ablusies gee ek die een n 3/10.

Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Ablusies
1uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Secunda

Sleep nou

Sat, 23/10/2021 - 06:56

Was 2018 laas hier gewees en wat n oord bly dit nie oord is vol vanaf vrydag middag hier kuier oud en jonk en baie om te doen vir almal kom slaan jou tent pen in en kom geniet die skoon lug van De voetpadkloof en ja badkamers upgrade en badkamers in boskamp ook nou netjies met upgrades

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
20-24 Oktober 2021
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
4x4 attraksies
4X4 boskamp
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Secunda

Sleep nou

Sun, 08/09/2024 - 09:15

Ons gaan weer alles toets op die bakkie soos sy tent oppie dak (RTT), gaan ook kyk of solar die drie dae wat ons in De voetpadkloof boskamp gaan kamp kyk of die solar systeem die 60 liter snowmaster yskas , ligte en laai van laptop ens sal hanteer. Sal dan fotos weer laai hopelik kom ek reg met laai baie lanklas gelaai lekke dag mooi loop