Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Mountain Breeze

Algemene Inligting

Resensies

Gordons Baai

Freda Anton Gouws

Wed, 19/12/2018 - 09:22

Sentraal gelee en baie lekker om van hier af die Kaap te verken.  Kamp meestal verlate bedags want kampers uit na ander besienswaardighede in Kaap.  Baie koelte onder denne bome maar dennebolle rig skade aan as val van hoog af.  Grond baie ongelyk en baie hard.  Ablusie redelik skoon en meeste van die tyd word papier voorsien.  Geen probleem met dagbesoekers.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
6 uit 10
Kamp Datum
Desember 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
Vir kinders?
Slegs speelpark
Port Elizabeth

Antie

Wed, 19/12/2018 - 10:42

Dankie vir jul resensie, Freda & Anton.   'n Mens hoor nie veel van karavaanparke in Stellenbosch nie.   Ons hoop om veel meer van julle te hoor op die forum.

Antie Freda smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 05/05/2019 - 20:02

Soos reeds genoem, is hierdie oord ideaal vir 'n basis as jy van plan is om baie te ry. Ablusies is oud maar netjies, opwas geriewe is voldoende en hul wasmajiene en tuimeldroërs werk goed.

Ons het nooit onveilig gevoel nie en sekeriteit was sigbaar saans.

Jy kan kies waar jy wil tentpenne in slaan,  staanplekke is gemerk en krag en water was naby. 

Jy moet net onthou, die kaap voorsien nie braaiers met roosters nie,  jy moet jou eie gebruik.

Daar is 'n paar permanente kampeerders.

Jy moet ook mooi mik deur die bome met 'n lang sleep kombinasi, maar dit is maklik haalbaar, solank jy op let.  

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
6 uit 10
Kamp Datum
Aoril 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Winkel?
Nee