TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

Twee Rivieren - Kgalagadi Trans Frontier Park

Algemene Inligting

Resensies

Nelspruit

Koos Mol

Tue, 06/11/2018 - 18:33

8 Nagte gestaan vanaf 25/10/18.

Toegangspad plaveisel tot by kamp. Grond staanplekke; harde grond vir tentpenne inslaan. Daar is so paar bome vir skadu. Die son het als uit ons uitgehaal maar ons het darem namiddag skaduwee gehad. Staanplekke is nie afgebaken of gemerk nie. Vaste braaiers, kragpunte en waterkrane is versprei oor die terrein. Al die staanplekke met krag is op gelykgrond. Dit is 'n lekker rustige kamp en ons het 3 van die dae daar net rustig in die kamp deurgebring en by die swembad ontspan.

Die ontvangs was goed en flinke diens. Die ablusiegeriewe is van 'n hoë standaard. Daar was altyd warm water en die geriewe is deurlopend skoon gemaak. 

Die winkel is netjies en voorsien in alle nodige middele vir kampers. Ons het van die restaurant gebruik gemaak en was verras oor die goeie diens, kos en algemene indrukke van die plek. Die restaurant word deur SANPARKS bedryf.

Alle personeel waarmee ons te doene gehad het was vriendelik en beleef. Na my mening is die personeel van hierdie park in die voorste linie van SANPARKS se personeelkorps as dit by diens kom.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
4x4 attraksies
4X4 roetes
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 06/11/2018 - 20:02

Alhoewel ons etlike jare gelede laas in Twee Rivieren gekamp het, het ons onlangs (2 Okt) vir 'n dagbesoek hier in- en uitgegaan. Persoonlik het ek nog altyd 'n "soft spot" vir Twee Rivieren gehad. Toe ons destyds daar gekamp het, was die laaste 60 km tussen Andriesvale en Twee Rivieren nog nie geteer nie. Dus het ons met 'n tent daar gaan kamp. Ek onthou hoe lekker dit was om soggens nog in die bed te lê en te luister na die koringvoëls in die boom waaronder ons tent gestaan het.

Die teerpad tot in Twee Rivieren sal dit ongetwyfeld baie maklik maak om jou gewone padkaravaan tot daar te sleep.

Ek het net goeie herinneringe aan Twee Rivieren.

Ons het die kampplek baie goed gevind. Dit is 'n kampeerterrein vir Kalaghadie besoekers, en nie 'n plek vir 'n wegbreek en kindervermaak nie. 

Staanplekke is swak gemerk en uitgelê, en na my mening effe beknop. Die staanplekke sonder krag is redelik skuins. 

Kragpunte is goed versprei, maar daar is nie by elke staanplek 'n kraan nie. Die ablusie geriewe is tipies SANPARKE, maar dis baie skoon en alles werk. Daar is selfs 'n werkende wasmasjien en tuimeldroer.

Ek dink die kamp word baie goed bestuur, as jy kla oor ddoie ligte, stukkende trappie, word dit dadelik herstel. Daar word ooglopend voortdurend onderhoud gedoen. Asblikke en braaiers word elke dag skoongemaak.

As ek moet vergelyk oor die klagtes rakende Kruger plekke, dan is ek oortuig dat die antwoord lê in die bestuur!!!

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
Mei 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja, nie drinkbaar
Staanplekke?
Gruis
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Geen fasiliteite