Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

Kampstoel uitdaging - Ratel Taai

Centurion
Submitted by Voortrekker on Fri, 13/07/2018 - 12:23

Ek het darem al lekker gelag en was self ook al voor gelag met die ingee van 'n kampstoel onder my.   Ons almal het seker al deur die ondervinding van daardie 1ste goedkoper opvoubare kampstoel gegaan, en daarna besluit dit is dalk 'n goeie idee om 'n bietjie meer geld te belê en sodoende ook jou eer beskerm.

So stap ek die ander dag by Ratel Taai se produksie fasiliteit in om te gaan loer wie en wat die manne daar aanvang smiley

Die een ding wat my aandag getrek het was die Ratel Taai kampstoele,  of sal ek eerder sê vir 'n petite outjie soos ek , Ratel Taai se kamp sofas laugh

Inelkgeval, ek was so beindruk met die bou kwaliteit en stewige konstruksie van hierdie stoele, dat ek met John (eienaar) ooreengekom het om een uit te toets en 'n rubriek skryf (en dalk ook enetjie weggee aan 'n gelukkige forum lid)

So begin ek toe dink aan 'n paar groot manne wie ek ken na wie ek die Ratel Taai stoel kan neem om op te sit, en 'n mening gee, en dalk kyk of ons hom kan breek? laugh

Klink vir my daar is 'n paar manne wat graag sal wil sien en voel hoe die stoeltjie sit, self iemand wie gesê het  "Nee wat!"  los maar, hy sal nie hou nie. 

Ek dink hy sal?   Ons sal volgende week sien, met die Ratel Taai kampstoel uitdaging. smiley

 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 13/07/2018 - 14:27

Ja nee net oom Arie wat aan so iets sal dink.

Dalk moet die wat die stoel wil traai  foto`s van hulle boepense opsit (Net die pens gedeelte) Daarvolgens sal jy kan bepaal of die stoel kompetiese het of nie. 

Ek sal te skaam wees om my gesig te wyslaugh

Mede forum lede

Ooh ek gaan lekker lag, kom ek bederf julle pret so biki!

kyk hier, ekke so 125kg en ........Maak maar julle somme.

Ek bou hulle om te hou!!

Biki meer as 125Kg

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 13/07/2018 - 17:15

Anton, jy laat my nou lekker onthou..

Ek het darem al lekker gelag en was self ook al voor gelag met die ingee van 'n kampstoel onder my. 

My vrou was op haar laaste swanger met ons jongste, ons gaan kamp by Abrahamsrust en kon nie ordentlike kamp stoele bekostig nie. Daai tyd die specials by Dion gekoop.?

Alles loop mooi, tot ek vir haar 'n stoel aan gee om te kan sit, toe gebeur daai kamp stoel skeur storie.  Sy land binne in die stoel, voete in die lig, boude op die grond, en daar sit sy, kan uit kom nie kan ook nie op kom nie, en ek moet trek terwyl ek my pose hou.

Ek het nie voor haar gelag nie, maar moes ablusue blok gaan besoek, en toe skeur ek my kake.??

Johann

Meeste van ons het n storie om te vertel, myne so vars ek proe nog die pyn en hoor die gelag soos mense skarrel om weg te kom van my af. my heel eerste vlooimark hie in Pta. ek en Sanet pak ons stal reg en ek gaan sit. Dis vroeg more nogal koel ek sit my hande in my parka jas se sak en daar gaan sit ek.......Jy hoor net rakke wat omval potte en panne wat trek...die doodse stile en dan die gelag. Wat kon ek doen daar le ek hanne in my sakke stoel om my gevou soos soos tanne draadjies, en daar le ek. pote in die lug...

stoel in sy pekie in my ego nog erger beskadig, en ek kom nie op nie hele 1.97 meter,  125Kg le daar op die naat van my rug. Net daar besluit ek genoeg is genoeg en ek begin bou. Steel hier met die oog steel daar en daar staan my stoel.

 

Dankie aan my groot vriend pilF, wat my proef konyn was. Voortreker, ek gee sommer twee stoelle vir jou om weg te gee, Een vir ma en een vir pa.

Groette, John

Centurion

Dusty

Fri, 13/07/2018 - 18:53

Johann, is waar. Ek het nou nie op n kampstoel gaan sit nie. My buurman het een van die 2 sitplek swaaibanke by my aan gebring. Dit is met seil oor getrek en het heeldag in die son gestaan. Kleindogter was nog n baba en ek moes haar oppas. Gaan sit op die bank en die seil skeer toe en ek val toe deur met haar nog op my skoot. Het toe maar gesukkel om op te kom want daar was niemand naby nie 

John, ekself sou graag die stoel van naby wil bekyk. Sal maar by Anton gaan draai om daarna te kyk

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 14/07/2018 - 12:11

John

Plaas 'n foto van die stoel met sy gewig ook asb.

Centurion

Voortrekker

Sat, 14/07/2018 - 12:31

Willem, ek gaan moontlik maandag een haal om te review, sal jou kom wys en dan mooi fotos ook neem.  Of jy moet sommer self daar gaan draai, 2.5 km pad af smiley

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/07/2018 - 12:57

Neef moet eenvoudig baie inskrywings doen, en wen ! My ou groot maat wat saam Richtersveld trip gedoen het, het my sonder stoele gelos. Kyk, ou Bert is n 6'6" ex rugby slot wat 120kg geweeg het in sy jong dae. Vandag kan ek eerlik se dat hy sy volwasse gewig nou eers beryk het.

Geneuk is, met al die gewrigte wat opgebruik is, en die ekstra gewig wat hy saamdra, gaan sit hy effe moeilik.  Nou Bert se tegniel van neerplons het n baie ongunstige voorspelling vir n kampstoel. Spinnekop stoele is hier n paar wat ongelukkig bietjie verwronge geraak het.frown

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 14/07/2018 - 13:38

Daai spinnekop stoele is nie 'n reuse sukses nie,  tensy mens ordentlike kwaliteit kry. Ek verkies die "direkteur" (eerste keuse ) tipe stoele, of die "moon" stoele.

Nou ja Herman, kom ons hou duim vas jy wen so stoel, ek sal self nie kwaad wees om een te wen nie. RT se stoele is kwaliteit! 

hierdie stoel hierbo is my trots! En sal saam met my teardrop bekend gestel word.

Gemsbok leer

510 Gram Cotton Canvas

Power coated rame