Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -8 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago

Porta-Potti of soortgelyke chemiese toilette

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 21/07/2018 - 18:23

Ek probeer verstaan hoekom is sommige kampeerders geweldig gekant teen die aanskaf en/of gebruik van 'n chemiese toilet soos byvoorbeeld 'n Porta-Potti.  Vandat ek afgetree is en meestal buite-seisoen kamp, het ek agtergekom dat talle senior burgers van onhigiëniese bottels of emmertjies gebruik maak wat hulle dan soggens in die ablusie-toilet leegmaak.  Die koste van Porta-Pottis of soortgelyke produkte is wel duur om aan te skaf, maar daar is kort-kort spesiale aanbiedings beskikbaar.  Kyk 'n mens na sodanige persone se kamptoerusting en/of sleepvoertuie, is koste beslis nie die beperkende faktor nie.

Die rede hoekom ek vra is dat ons kasset-tipe Porta-Potti in die Exclusive my elke keer 'n "kick" gee as ek hom op die uiters maklike en higiëniese manier leegmaak en weer gereed maak vir die volgende 4 dae se gebruik. Ek het selfs destyds met ons Penta se nie-ingeboude Porta-Potti dieselfde tevredenheid ervaar van hierdie uiters handige kampeertoerusting.

Die vroue in my lewe, my wederhelfte, my dogter toe sy nog in die huis was en nou my kleinkinders as hulle iewers saam met ons kamp,  se waardering vir die beskikbaarstelling en versorging van die Porta, maak dit vir my nog meer die moeite werd.

Ek sou graag wou weet wat is die besware van kampeerders wat heftig gekant is teen 'n Porta-Potti as deel van jou kampeertoerusting.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 21/07/2018 - 20:12

Len, Ja ek was voor die Classique ook baie gekant teen die ding.  Maar na die Classique en nou die Exclusive sal ek nie weer sonder hom kan kamp nie.

Ek wonder ook soos jy ???

Centurion

Voortrekker

Sat, 21/07/2018 - 20:34

In die ou dae was daai goed na die klein huisie geneem, weg van die woning af. Deesdae word dit alles weggespoel en dit pas my dat dit  onmiddelik uit die huis gaan.

Dus, die idee dat ek dit saam met my moet hou in my woon kwartiere of self saam ry in my voertuig,  staan my nie veel aan op hierdie stadium van my lewe nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 22/07/2018 - 10:06

Len, ek self was altyd te "skaam" en het geweier om die porta eers in my karavaan te sit. 

Ek glo dit is die meerdeheid van mense se "inerlike eerlike" mening, maar nou gebruik ons dit gereeld, (na my dogter se swangerskap met ons eerste kleinkind), en ek het agter gekom, dit is 'n item waarsonder ek nie meer sal gaan kamp nie.

Ek bespreek ook nou sommer deesdae 'n staanpoek naby die porta se skoonmaak punt, waar moontlik. 

Meyerton

Segekok

Sun, 22/07/2018 - 13:33

Dit is mos maar net n verbetering op die Koos. Verbetering ??? Seker ook nie regtig nie.. die ding is lomp en vat baie plek op. Kry dit ook nie onder die bed in nie...

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 26/07/2018 - 13:34

Ons gebruik 'n Porta Potti al sedert ons karavaners geword het (1993) - en wil nooit sonder een wees nie. Amper soos my Smokey Joe Weber - wil nooit weer sonder een wees nie.

Hello mede kampers

Kamp in die winter is darem net gemakliker met 'n aanboord toilet.

Dan natuurlik "score" mens mos baie punte as mens die lewe vir die beterhelftes lekkerder maak. Ek moet erken, selfs ek het dit laasnaweek benut.

Die dae van ossewa tegnologie is mos darem lankal verby, of wat seg die Ford manne.

 

Groete

 

 

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 26/07/2018 - 20:33

Dis n moet vir ons ook Berdien se sy wil sit en gemaklik wees innie bos geen gat gegrou vir haar nie, Len ja mense kan morsig raak omdat hulle soms suinig is om die regte ding te doen

Middelburg

Noel

Thu, 26/07/2018 - 21:09

Ons gebruik ook die porta porti vir die karavaan en die boswa. Porti word net gebruik vir pipi en vir maagwerkings gaan liewerse ablusie toe.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/07/2018 - 21:16

Lyk vir my die gebruikers van Portas is stadig maar seker besig om toe te neem, maar elke ou (en sy vrou) moet maar self hieroor besluit.

Ek love ons Porta Potti, kan nie glo hy was nooit daar nie, ook gedink die ding is jiggie.

Niks wat daai eerste groot poep in die oggend demp soos daai apparaat nie, werk soos die knaldemper van n groot kaliber geweer!!