Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

58427 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
3 watt LED Baterye en dinge wessels -1 hour ago
Stoffel, netjies en prakties👍 Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Ek het sommer rond gespeel… Baterye en dinge Johann L -2 hours ago
Stem saam met Willem, daai… 210 lt Model BS213 Bauer… Johann L -2 hours ago
Ek het n "smart charger" op… Baterye en dinge Harry Du Randt -2 hours ago
Dit is soos wat dit lyk… Baterye en dinge Dusty -3 hours ago
Ek het weer my eie volt… Baterye en dinge Dusty -3 hours ago

September 2018 Koffie kroeg

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sat, 01/09/2018 - 00:10
Forums

Goeie more Kampforum familie, dit is lente en ek het staar siekte.

Julle moet die eerste dag van lente geniet

Meyerton

Segekok

Sat, 01/09/2018 - 05:27

Môre Stoffel en al die ander. N mooi dag vir almal.

Hir by ons is die bome al n paar dae mooi groen en daar is klaar perskes aan die boom. Net die apelkoos wat nie lekker gaan dra nie.

Nig net n week.........

Centurion

Voortrekker

Sat, 01/09/2018 - 05:32

Goeie more maters.   Ek het wakker geword met 'n liedjie in my kop: 

"Dis heerlike lente, die winter's verby;

weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.

Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.

Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o!

 Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.

Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.

Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o.

Hol - la - dri - o - ha, hol - la - dri - o! "

Centurion

Voortrekker

Sat, 01/09/2018 - 05:54

Stoffel,   ek het jou koffie draad verwyder want dit het vir my gelyk of Johann s'n al 10 minute oor 12 geplaas was!    Ek dink Johann het wakker gebly tot 12:00 om seker te maak hy is  eerste. smileywink

Julle kan bly wees, want ek het ook amper 12:30 opgestaan om 'n nuwe kofie draad te begin laugh

Centurion

Voortrekker

Sat, 01/09/2018 - 05:56

Al die veld is vrolik; al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daarbuit’; elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie, daarso dans ‘n mier.

Selfs die vissies spartel teen die kafferskuil;
in die groot ou eikeboom droom ‘n oupa-uil.
Oral in Karooland is ‘n ruik versprei:
boegoeblom en appelkoos–kan jy beter kry?

Bind vir my tesame katjiepiering wit,
bobbejaantjies blou en bont, rose in gelid,
varings van die klippe, oral, ai só mooi,
rooi kalkoentjies uit die vlei–blomme uitgestrooi.

Vrolik is die wêreld, vrolik rant en vlei!
Elke koggelmannetjie het sy maat gekry.
Elke gons’rig’ goggatjie is getroud of vry:
vrolik is die wêreld hier, vrolik veld en vlei!

[KOOR]
Nou gaan die kinders draai, nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai–
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!

Secunda

Sleep nou

Sat, 01/09/2018 - 07:26

Sien September maak almal happy gaan groot die naweek laat loop met daai koffie /tee vanmiddag sal n koue een loop

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/09/2018 - 07:45

Geniet julle Lentedag. Hier in die noordelike halfrond is dit egter vandag die begin van die Herfs - alhoewel nog steeds behoorlik warm.