Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Eastco Magalies

Algemene Inligting

Resensies

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/11/2018 - 11:05

Dit is 'n baie lekker oord.

  • Vis vang vir almal
  • Warm binne swembad (hy is net lou warm)
  • Spring matte
  • Put-put
  • Klimrame vir die jonges
  • Elke staanplek het 'n skadu net
  • Mooi groen gras
  • Daar is bokkies wat in die kamp rond loop
  • Dag besoekers word wel toegelaat maar het geen probleme ondervind nie
  • Jou braaier word elke oggend skoon gemaak
  • Daar is ook wegneem etes (of jy kan daar ook sit en eet)
  • Die winkel het die nodige goed
  • Jy kan tor vir flaffie saam bring

Die prys is baie bekostigbaar en waarde vir geld !!!

.

.

.

.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 15/02/2019 - 21:19

Dit was ons eerste besoek aan die oord, maar ons beplan al klaar weer om Maart die kleinkinders daarheen te vat.

Toegangs pad teer tot sowat 800 meter voor die oord, na jy van die Magalies - Rustenburg pad af gedraai het.

Daar is 'n winkel / restourant met etes beskikbaar, jy kan ook bestel en laat af lewer by jou staanplek, hout en of charcoal word op bestelling by jou staanplek af gelewer. Pryse is heel billik.

Die beste put put baan wat ek nog gesien het en alles is baie naby die staanplekke, warm water swembad (onderdak) en lekker koel swembad met 'n glygaan. 

Blesbokke en tak bokkies loop vrylik rond, daar was ook 'n paar dae oud lammers. Wilde eende is reeds in "gesettle" op een van die drie damme.

Hengel is streng op 'n "catch and release" beginsel.

Staanplekke het skadunet met sement blaaie met gras waarop jy jou karavaan staan maak.

Dit is 'n baie rustige oord met mooi uitsig op die Magalies berge.

Elke staanplek het sy eie 15 amp kragpunt met 'n water kraan naby .

Ablusies is oud, maar baie skoon en netjies.

Weerlig het hul ESKOM, sowel  as hul kragopwekker uit geslaan en ons het sonder krag gesit vir die laaste 30 uur. Die ontvangs dane het om gekom by elke karavaan en gesê dat, as iemabd wil op pak, sal die oord hulle 100% vergoed vir die uitstaande tyd, nodeloos om te sê, niemand het van die aanbod gebruik nie, ons het te lekker gekuier so sonder krag.

Kamp
In die agtergrond kan die takbok ooie gesien  worc waar hulle rustig wei
Uitsig
Die eende het ook kom wei.

Met die besoek (Feb) het ek gaan kla oor die water wat sleg geruik het, en hulle het gesê dat hulle besig is om daaraan te werk.

Ons is jou 'n maand later weer hier, en die water ruik steeds sleg.  Gelukkig vat ek altyd my eie drink water saam.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
8 tot Februarie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja, nie drinkbaar
Staanplekke?
Plaveisel met skadu
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel met wegneem etes
Vir kinders?
Baie fasiliteite