TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

62899 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die bakkie is egter baie… Sakplaat kwadraat GeesWatWandel -1 hour ago
Met spelfout een vier wys… Sakplaat kwadraat GeesWatWandel -1 hour ago
Ek sien die voertuig eienaar… Sakplaat kwadraat Voortrekker -1 hour ago
Yzerfontein karavaanpark is… Waar kamp julle eerskomende… Wildehont -1 hour ago
Dit was die dae. Rokers wat kampeer GeesWatWandel -1 hour ago
Pffft, whatever.


 Ja ek…
Rokers wat kampeer Voortrekker -1 hour ago
Sexually and smoking… Twak praat GeesWatWandel -1 hour ago

Oktober 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on Mon, 01/10/2018 - 01:49
Forums

Goeie more.

Die mooiste maand het aangebreek. Die jaar snel nou vinnig na sy einde toe.

Mag elkeen n wondelike maand geniet.

Lekker dag vir elkeen

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/10/2018 - 05:27

Goeie môre!   Ek wens vir elkeen wat hier lees, die wat nie hier lees nie, die wat nie hier wil lees nie maar dit nie kan help om wel hier te lees nie, die wat nie hier kan lees nie, en die wat nog hier gaan kom lees  - 'n heerlike en voorspoedige Oktober maand toe! smileyyes

Secunda

Sleep nou

Mon, 01/10/2018 - 05:30

More almal ja dis Oktober tyd vlieg dit wat julle vandag doen gaan groot koffie loop soos stroop vrede

Meyerton

Segekok

Mon, 01/10/2018 - 06:54

Môre almal. Mooi dag vir almal.

Oktobermaand

 

Viooltjies in die voorhuis -

 Viooltjies blou en rooi!

 Viooltjies orals op die veld,

 En orals, ai, so mooi!

 

 

 Dit is die maand Oktober,

 die mooiste, mooiste maand!

 Dan is die dag so helder,

 so groen is elke aand,

 So blou en sonder wolke

 die hemel heerlik bo,

 So blomtuin-vol van kleure

 die asvaal ou Karoo.

 

  

Dit is die maand Oktober!

 Die varkblom is in bloei;

 Oor al die seekoegate

 is kafferskuil gegroei;

 

Die koppies, kort gelede

 nog soos 'n klip so kaal,

 Het nou vir welkomsgroetnis

 hul mooiste voorgehaal.

 

      

                          C. Louis Leipoldt

 

 

Port Elizabeth

Antie

Mon, 01/10/2018 - 07:07

Môre almal.     Dankie vir die gedig, Seeg.  Dit is seker een van die bekendste  gedigte in Afrikaans.   Min van ons het hom in ons lewe nog nie opgesê nie.

Mag dit vir almal op die forum die mooiste, mooiste maand wees.  

Geniet julle Maandag en hoop dit is 'n skitterende week wat voorlê.

Fochville

Lapskag

Mon, 01/10/2018 - 13:09

As Eastco Magalies so lekker is soos Eastco Parys, dan is dit baie lekker en geen wonder Willem is weer oppad soontoe nie. Ons kuier ook weer gereeld by Eastco Parys.

Laas week was Eastco Parys ook weer prop vol en ook so vir die volgende 3 weke.

 

Genit dit Willem