TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

Kroon Lodge

Algemene Inligting

Resensies

Nelspruit

Koos Mol

Wed, 21/11/2018 - 18:38

Kroon Lodge is geleë in Kammieskroon, Noord Kaap, op die N7 roete Dit is ‘n pragtige oord. Ons het vanaf 6 November 2018, 5 nagte hier deurgebring. Die plek het ons verras en behalwe vir die klein staanplekke aan al ons behoeftes voldoen. Dis ‘n pragtige oord, baie netjies en skoon. Ons is hartlik deur Ina en haar seun ontvang en het ‘n heerlike tydjie hier deurgebring. Dis waarlik ‘n voortreflike oord. Die toegangspad na die oord is direk vanaf die grondpad straat; die straat is baie ongelyk en sinkplaat maar die afstand vanaf die teerpad is ongeveer 200m.

Daar is 14 staanplekke. Die staanplekke is gruis en gelyk. Elke staanplek is 7m diep en 5,5m wyd met ‘n 3x2,5m onderdak stoepie, omhein met ‘n houtpaalskerm en duidelik gemerk. Elke staanplek het ‘n dubbel kragprop, braaiplek met ‘n werkblad en enkelopwasbak met koue water. Die terrein is behoorlik omhein en kampers word voorsien van ‘n afstand kontrole vir die elektriese toegangshek.

Die ablusie geriewe is van ‘n hoë standaard, baie mooi, netjies en skoon. Skottelgoed opwas fasiliteite en ‘n wasmasjien is beskikbaar op die stoep van die ablusie gebou. Die ablusie geriewe is meer as voldoende vir die hoeveelheid staanplekke. Verhitting van warm water geskied met gas.

Daar is ‘n teekamer in die hoofgebou maar bedien ‘n beperkte ontbyt spyskaart. Kruideniersware ens kan in die dorp aangekoop word. Brandhout kan by die kantoor aangekoop word.

Daar is slegs brandstof beskikbaar by Agrimark; geen brandstof beskikbaar snags en Sondae.

 

 

 

 

 

 

 

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
6 tot 10 Nov 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Ja
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gruis
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Nee
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Geen fasiliteite
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 21/11/2018 - 18:56

Baie dankie Koos  -  dit lyk sommer na 'n spoggerige plekkie tussen niks en nêrens.  Blommekyk-tyd is dit seker 'n baie populêre plek !

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Mon, 26/04/2021 - 18:56

As jy nou ware sout van die aarde mense wil ontmoet dan gaan jy na Kroon Lodge toe, die mense hou van gesels en kom maak gereeld draai om seker te maak alles is reg by jou kamp plek.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
4 April
Toegangbaarheid
Enige tipe voertuig
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gruis
Swembaddens?
Geen Swembaddens
Winkel?
Nee
Ablusies
5uit 5
Sekuriteit
5uit 5
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Geen fasiliteite