Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Barmhartige Samaritaan word terug gebyt!

Waar my wa staan
Submitted by Arie on Wed, 05/12/2018 - 14:26
Forums

Goeie vriende van my se seun ry sondag oggend met sy ma se motor, in Nelspruit.

Sien hy 'n jong blasnke man met fietsry klere langs die pad le, en sy fiets langs hom. die man is vol bloed.

Hy stop en praat met die man, laai hom op, fiets in die kattebak en neem die kerel huis toe. Die se vrou bedank hom, en is hy toe vort na waarheen hy ook al op pad is.

Kry sy ma [ons vriendin] vroeer vandag 'n oproep, die persoon reken sy het hom omgery en as sy R1000 in sy rekening inbetaal sal hy nie 'n saak maak nie! Sy vra hom nou waar kry hy haar besonderhede, hy is blykbaar 'n polisieman en het die nommer gememoriseer van die motor wat hom omgery het?

Dame bel haar seun, hy vertel toe sy storie dat hy die man langs die pad gekry het, en toe gehelp het, hy sweer hoog en laag hy het niemand omgery nie!!!

Dit is ook nooit by die polisie geraporteer nie? Dit is mense wat sulke goed doen wat maak dat mens later glad nie wil betrokke raak nie!?

Help iemand en dan kry jy sulke onsmaaklikheid?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 05/12/2018 - 14:41

Baie laag,.

Die vriendin van julle kan mos ook maklik bewys dat haar motor geen skade op het nie?

Mens sal, soos jy sê, nooit weer wil stop nieangry

Port Elizabeth

Antie

Wed, 05/12/2018 - 15:16

What next?   Mense het geen gewetes vandag se dae nie.   Nogal R1000.   Nou waarvan was die bloed, wonder ek.  Hy het seker net geval, of was dit "vals" bloed om iemand so te vang?

Waar my wa staan

Arie

Thu, 06/12/2018 - 07:54

Die mense sal seker kan bewys dat daar geen skade aan hul voertuig is nie, maar dink net aan al die moeite en ongerief.

Ek dink die man vra net R1000,oo sodat hulle sal dink - "Ag ek betaal liewere as wat ek met al die nonsens moet sukkel?"