Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -52 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Frans en Linda, baie

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Fri, 07/12/2018 - 13:49
Forums

... geluk met jul vyftigste huweliks herdenking, mag julle twee nog lank gespaar bly en nog heerlik saam oud word.

 

Port Elizabeth

Antie

Fri, 07/12/2018 - 14:29

Ja, baie geluk aan Fransman en Linda met die groot 50!!    Linda bak vir hom koekies vandag.   Ek hoop jy gaan darem 'n glasie ook skink!    Ons wens julle vele meer gelukkige jare saam.

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 15:25

Baie geluk julle, wow!  50 jr.    Dit moet gedoen wees yes   Enige raad aan die res van ons jong getroudes hier oppie forum?  smiley

Dit was gister my ouers se 49 jaar huweliks herdenking.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/12/2018 - 15:30

Oom Frans en Linda - baie baie geluk mag julle nog baie jare vir mekaar gespaar bly.

Ons haal julle in, nog 16 maande dan is ons ook by 50.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 07/12/2018 - 17:24

BAIE dankie Johann en Freda, en Anton - jammer ek ruil nie resepte nie!!!, of gee raad of raat nie, en OOM Arie, dankie, maar jy sal moet uithaal om in te haal!!!!

Eintlik is alles net GENADE.  Ons lewe op aarde is GENADE.

Groete aan almal wat gegroet wil wees!!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 09:28

Shaun, baie dankie.

Harlandt, dankie, ek het so koue enetjie geneem, dankie. onner die boom!!!

Herman, dankie, ons probeer maar ons bes in alle opsigte,

Middelburg

Noel

Sat, 08/12/2018 - 09:49

Baie geluk oon Frans en tannie Linda. Dit is n groot mylpaal en julle het saam baie sakke sout opgeeet en moeite werd gemaak. Trots op oom en tannie yes

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 09:55

Gesie, dankie. Ekke dink ons het nou die dag genoem jy is so oud soos my oudse dogter, sy in Maart 72 gebore.

Marius, ja, soos ek bo genoem het, dit is Genade van Bo - in albei ons gesinne na weerskante, is ons twee die langste getroud, Haar broers en susters is almal jonger as ons, maar aan my kant is ek die jongste, maar die ander susters en broer se wederhelftes leef nie meer. My broer nou 82. Ek het ook 2 stiefbroers gehad wat so paar jaar terug afgesterf het, en was albei omtrent 85/86 toe hulle ooerlede is.

Nou ken almal ons hele geskiedenis!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 09:58

Noel, ek weet iou nie altyd so lekker van die oom storie nie!!!, Jy weet, hioer is GROOT spotters soos by 'n ou genaamd Arie, wat my gedurig pes met die ge-oom, en ek is niet 2 jaar seker ouer as hy.

Baie dankie in elk geval!!, ek moet erken dis eintlik die wederhelfte wat die medalje verdien!!!, om met MY te kon uithou!!

Port Elizabeth

Antie

Sat, 08/12/2018 - 10:47

Frans, ons twee het dan amper-amper dieselfde tyd ons oudstes gemaak.  My  seun is April 1972.   Dertig jaar later my oudste kleinkind, Des 2002, die week 16 geword.

Sien jy, Gees, jy kan nog pakslae kry by my of Frans.wink

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 11:41

Freda, ja, daardie jare was ons volwasse stabiele grootmense op 20!!!!!

Ek net een kleinkind, nou 11 en half, maar ons trots!! Sal later per epos by jou spog!!!!

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 12:18

Willem, baie dankie!!

Jinne, ek begin nou al amper donners oud voel!!!!

Roodepoort

HennieBo

Sat, 08/12/2018 - 13:03

Baie geluk Oom Frans en Tannie Linda. Dit is 'n Groot mylpaal. Wens julle net nog goeie gesondheid vorentoe toe en mag julle dit nog geniet.

My Skoonpa vanoggend weer gesien. 83 jaar oud en drink nie eers 'n bloeddruk pil nie. Bestuur nog sy eie voertuig en doen nog al sy tuinwerk self. So Geseënd.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 08/12/2018 - 14:02

Jaaaaaa, Mooiste Arie . . . . . . . . .

Hennie, dankie. 

Van al die kinders waarvan ek die jongste is, sit ek ongelukkig met die meeste gesondheidsprobleme. Ons kla egter glad nie, Die Kruis wat ou dra sal NOOIT te swaar wees vir JOU nie, daar is altyd Iemand wat die swaarste kant dra sonder dat wat jy weet.

Ek het met ons verbintenisse met woonwaklubs deur die land, mense ontmoet wat op 92 van Bloenfontein getoer het Pilanesberg toe, en by ons kom stilhou het om kampskyfies op te laai. 

Plaaslik ook mense gehad wat gekamp  het tot op diep in die 90'tigs. Ons liggame het ongelukkig begin oppak toe ons nog nie eers 60 was nie. Ons het wa verkoop, en kan darem met die hulp van bo nog opstaan, eet, slaap (sonder staarsiekte_ en produktiew werk (en in tuin rondkrap!!!)

Die groot gesukkel kom maar wanneer die groot K jou begin inneem, en dit en die behandeling takel maar die sisteem af. Ons bly egter positief, en WEET ons HET HULP!!!

Centurion

Dusty

Tue, 11/12/2018 - 05:41

Oom Frans, dit is n baie groot prestasie. Msg julle twee nog vir mekaar gespaar bly en Sy vrede geniet.

My pa is Huistoe n week voor hulle 57ste herdenking. Hy was toe 80 jaar oud gewees. Ek het nog n laaaang pad om daar te kom. n Bele 10 jaar