Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48775 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
nou koop ek R400.00 se krag… Huiskrag tydens beurtkrag Wildehont -51 minutes ago
Dankie Len, jy kan dalk net… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Johann, ek glo jy is veilig… Maart 2019 Koffiekroeg HennieBo -1 hour ago
Baie welkom by kampforum… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dankie Anton Jurgens Ci- DIE WAARHEID NeelsM -1 hour ago
Welkom terug Willem.  En so… Maart 2019 Koffiekroeg Voortrekker -3 hours ago
Ek het net 1 uit 7  Kampforum SuperBru Willem Brits -4 hours ago

Toyota Land Cruiser

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Fri, 11/01/2019 - 09:09
Forums

Ek wil nou nie 'n "faait" tussen die Ford en Toyota ondersteuners begin nie, maar ek wil tog net 'n waarneming hier op die forum deel.

Dis algemeen bekend dat ek nou al vir jare (toevallig) nie meer 'n Ford of Toyota voertuig besit nie, maar my kinders en vriende ry Fords en Toyotas, almal baie tevrede met hulle keuse van voertuie.

Ek is pas terug uit die Oos-Vrystaat waar ek 'n paar dae op 'n plaas gekuier het na 'n heerlike plaastroue.  Wat my opgeval het, is dat bykans elke boer in die omgewing ry met 'n Land Cruiser bakkie, veral die V8-modelle. (En die hele gemeenskap was by die troue en met die voorbereiding daarvan en ek kon dus maklik waarneem waarmee ry die meeste mense). Die boer waar ek gekuier het (sy pa was 45 jaar gelede 'n groot Ford-man) ry 'n Prado as gesinsvoertuig, twee Land Cruiser V8 bakkies, 'n 30 ton Hino vragmotor en 'n ou Hi-Lux bakkie.  Ek het op 'n slag saamgery Harrismith toe (grondpad, verby Duncan van Boer Soek 'n Vrou faam se plaas naby Verkykerskop) en ook in die veld om na sy aartappel en mielie lande, beeste en skape te gaan kyk.  Die Land Cruiser is werklik 'n verstommende voertuig as 'n mens kyk waaraan hierdie voertuie elke dag blootgestel word.

Selfs my Wildtuin-buddy (wat in 'n stad bly), sleep met sy Land Cruiser VX en hy het ook nog 'n Land Cruiser bakkie.

Sonder om teenoor ander produkte te diskrimineer, ons Suid-Afrikaners kan dankbaar wees dat Toyota Suid-Afrika so baie puik produkte op ons mark plaas.

Ek dog ek sê maar net.

Hier is 'n foto van die Land Cruiser wat sy Bush Lapa sleep en ook weer in Meimaand saam met ons Wildtuin toe gaan.

.

Secunda

Sleep nou

Fri, 11/01/2019 - 09:35

Len ek stem so saam jou daai Cruiser is n yster van n trok maar ongelukkig is hy ook so duur hier in petrol dorp ry die ouens met die lang broek sakke heelwat van hulle die cruiser is bekend dat hy soos n lister masjien is en daar is geen einde aan daai masjien nie

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 09:51

More alle kampeerders

Nou het Len weer moedswillig 'n waarneming kom deel.

Dit is sekerlik 'n begeerlike voertuig, net soos ander goetjies ook in fyn leer geklee, maar die vraag is;

wat wil mens met jou ryding maak.? Blykbaar, volgens eerlike Cruiser bakkie eienaars, ry die ding maar effe stamperig. glo nie aan te bevele vir elke dag se werktoe ry nie.

Onthou oorlede tolla se grappie, dis die dun houtjies wat die vuur aansteek, maar dis die dik stompe wat die kos gaarmaak.

Ons wat Cruises begeer, maar nie kan bekostig, ry dus Hiluxe. Ten minste dieselfde wapen

Wessel

 

Roodepoort

HennieBo

Fri, 11/01/2019 - 12:00

Stem ook saam met Len oor hierdie waarneming. Die Cruiser VX is maar in 'n klas van sy eie.

Ongelukkig kan jy nie die Cruiser vergelyk met 'n Fortuner, Everest, X5 ens. 

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 11/01/2019 - 12:57

Len, as ek die geld het om op 'n Cruiser te spandeer koop ek liewer die Nissan Safari of Patrol!

Ek weet ek praat baie oor Ford, en ek glo steeds dit is die beste voertuig vir laer middelklas inkomste groep. 

Maar daai Nissan is nou regtig yster. Groot en ruim maar stuit vir geen hindernis in die veld nie, ja vrek swaar op brandstof, maar ek glo as jy so voertuig kan bekostig dan speel brandstof nie 'n rol nie?

Ek het aan baie "off road" hindernisse deelgeneem met 'n ou Safari, dit was destyds die bakkie, met 'n V8 en het lekker stof in die ander manne se oge geskop, daai goed het nie einde nie? 

Brits

wessels

Fri, 11/01/2019 - 13:07

Middag Len

Lees nounet weer jou inset, nou wonder ek, 

het jy ingevlieg na die plaas, of met jou voertuig gegaan. Met laasgenoemde het jy dit seker maar agter die kraal gaan wegsteek. devil

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 11/01/2019 - 17:19

...................., in geen opsig nie.  Ons het Johannesburg toe gevlieg en vandaar met AVIS se Nissan Almera tot op die plaas gereis.  Daar is die Almeratjie (soos ek hierdie ongekompliseerde plaasmense ken)  saam met die ander Toyotas veilig in 'n stoor geberg.  Die AVIS-Almera is ook met sorg gewas ten spyte daarvan dat ek eers kilometers grondpad sou ry voor ek die teerpad slaan.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/01/2019 - 18:32

Is daar n ander  bakkie wat ook so groot glimlag op jou gesig kan sit soos waneer die v8 sy perde inspan. Nie n asmatiese 4 silinder nie, al is dit vrot van die turbo's en dinge. Daar is natuurlik taks redes wat winste effe verskuil/f en die bakkie nogal die bekostigbaar maak.

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 11/01/2019 - 19:23

My neefs bly in die berge, by Naudes nekin die Oos Kaap. Hulle is toevallig die agter klein kinders van die Naudes wat die bergpas uit gelê het.

Hulle het alles probeer maar niks het gehou op daai slegte paaie nie. Hulle ry altwee V8 Landcruisers as ook n paar van die 4.2 modelle en hulle voertuie vir gemak is Fortuners. Trokke ook Hino's

Moet saam met Arie stem Nissan se groot menere soos Patrol in vir my in dieselfde klas. By die Ausies in die Nissan net so gewild.

Ek dink wat ook n groot rol speel is die feit dat daar in amper elke dorp en plaas dorp, n Toyota handelaar is en die ander is bietjie wyd gesaai.

Jy moet geld vir hulle hê, asook brandstof om hulle te voer.

Centurion

Voortrekker

Fri, 11/01/2019 - 19:39

Ek onthou baie jare terug van sendelinge in Mosambiek, noorde naby Milange wat ook skoolgeld moes betaal het deur verskillende 4x4 voertuie en op die ou einde was daar maar net een wat die job kon doen en dit was die Toy's - die ander het gebreek en dan maar in wrakke verander.

Centurion

Voortrekker

Sun, 13/01/2019 - 07:18

Ek dog ek kom plaas maar die inset hieronder hierso.   Nadat ek 'n skakel op ons Facebook groep gaan plaas het na hierdie onderwerp toe (soos altyd met kamp verwante onderwerpe) - Het 'n lid sommer daar op FB 'n opinie gelewer. 

 

"Dag ek sê maar net, dan gaan dit darem bleddie goed met die mense van SAfrika wat kan ry met Prado's en LandCruisers. Geen wonder kos is só duur nie. Ons betaal vir hul strandhuise, hul luukse lewens in die wildtuine en wag dis nie al nie, hul luukse huise op plase kds se universiteits gelde en oorsese reise waarmee die vrouens kan spig en o ja, mamma ry ook seker met n ou niks minder as n Pradotjie nie. Ja, wonder hoeveel van hulle moet nog elke aand voor hul lig afskakel die Bybel raadpleeg oor hul afhanklik is van hul Skepper.....wonder ook maar net, want dit gaan darem bleddie lekker en goed met die boere en mense van SAfrika. Gaan kyk maar in Kgalagadi Junie mnde dan sal jy sien hoe lekker gaan dit."

Waar my wa staan

Arie

Sun, 13/01/2019 - 07:28

nou wat is die ou jaloers op iemand wat hard werk en finasieel suksesvol is??

Ons weet mos dit gaan goed in ons land. Ek weet ook nie wat bedoel hy met sy Skepper stories nie, probeer hy se as mens geld het Glo jy nie meer nie??

Nee wat ek word sommer kwaad vir sulke snert.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 13/01/2019 - 08:54

Een van die redes waarom ek 'n nuwe facebook rekening geskep het en die oue "delete" het, was omdat daar net politieke gemors en 'n geskinder op is, ander rede was die sarkastiese snert wat, in my oë, deur lafaards oor lang afstande mekaar toe snou. Ek wonder of so lang afstand persoon, nog so braaf sal wees as hy / sy van aan gesig tot aan gesig met die ander party in asaraking kom?

Ongelukkig is ek nie baie skerp met facebook nie, en het net geweet hoe om te delete, en oor te begin, weet nie hoe om gemors uit te sif nie😂

Waar my wa staan

Arie

Sun, 13/01/2019 - 08:58

Nee wat Harry dit is nou weer 'n geval van suurdruiwe, jy wat hardwerk vir jou geld mag dit nie geniet omdat 'hulle" nie geld het nie?

Anton, dit kon ek gedink het, kan jy dink hoe gee sy haar arme man hel elke dag omdat hulle nie Cruisers ry en vakansie huise het nie?