Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Schoongezicht Kampeerplek

KouebBokkeveld

Resensies

Worcester

Wildehont

Wed, 06/03/2019 - 11:01

Ons is saam met vriende wat die eienaars ken genooi na Schoongezicht vir 'n naweek einde Januarie 2019. Ons was twee pare elk met 2 kinders (ouderdomme tussen 2 en 5). Ons kon eers laterig wegkom uit Worcester vir die 1,5 uur rit en het net voor donker daar aangekom.  Die pad (deur Ceres teen Gydo pas uit) is goed tot anderkant Op die Berg (wat 'n SPAR en brandstof het maar dit was al toe, toe ons daar verby is). Anderkant Op die Berg is daar stukke wat redelik ongelyk is (steeds alles teerpad) en wat my 2011 Everest redelik laat hop as ek te vinnig ry so ons het onder 80 gebly. 

Die kampterrein (dis eintlik baie meer as dit) is op 'n werkende plaas en die afdraai (net meer as 23km anderkant Op die Berg) is duidelik gemerk langs die teerpad. Dan is dit 'n skaflike grondpad van omtrent 5km deur 'n paar plaashekke wat jy self moet oop- en toemaak tot by die kampterrein, wat nie ver van die opstal is nie.

Daar is verskeie opsies vir verblyf. Ons vriende moes nog hulle karavaan koop (hulle het intussen) so ons het in twee van die karavane wat permanent daar staan geslaap.

Een van die karavane by Schoongezicht
Ons was in die karavaan en ons vriende in een net links van die foto

Die karavane is goed ingerig en baie netjies en is tussen groot bome wat heerlike skadu bied in die somer. Hout is te koop teen R45/krat en ys teen R20/sak. Die sakkies lyk klein maar die blokke is lekker groot en hou 'n paar doppe lank.

Die karavane waarin ons was deel badkamers, wat baie netjies en skoon was en warm water van 'n gas geyser kry. Die stort by die een badkamer wou nie lekker dreineer nie. Die eienaar het dit dadelik reggemaak toe ons hom daarvan verwittig, en dit was toe 'n kind wat 'n Oros bottel in die dreineringspyp ingedruk het. Die eienaar en sy vrou en seun ry gereeld verby met 'n vierwiel motorfiets om te verneem of alles in orde is en hout en ys bestellings te neem en af te lewer.

Reenspinnekop
Die enigste foto wat ek in die badkamer geneem het. Sy het die hele naweek daar vertoef en haar lekker dik gevreet aan rysmiere wat die een aand oral was.

Daar is 'n selfsorg huis, drie karavane wat geriewe deel en 'n karavaan met privaat geriewe en ook 'n hele aantal kamppleke. Die een area kry redelik oggendson maar die res het goeie skaduwee (behalwe een wat middagson kry). Ek het elektriese punte gesien maar ons het nie self kampeer nie. 

Die plaas is 'n heerlike, en baie mooi plek om te ontspan en te speel. Daar is staproetes in die berg (wat net agter die kamp is) en ook 'n 4x4 roete (waarby ons nie uitgekom het nie). Daar is 'n skoon swemgat wat hulle gebou het, maar wat heel natuurlik lyk, met 'n tou om aan in te swaai en 'n eilandjie om van af te spring. Dis lekker groot en is vlak genoeg in 'n groot deel vir kleintjies onder toesig. Ek het nie 'n foto daarvan geneem nie maar dis werklik baie mooi en binne stapafstand van al die kampplekke.Ons het lekker fiets gery op die plaaspaaie en die kinders het heerlik baljaar terwyl ons ietsie gebraai en keel natgehou het.

Kind op swaai
Die swaai aan 'n boom is neffens ons karavaan. Die kinders het heerlik in die grond (in die skadu) gespeel
Skaaprib
Ons kon die braaier skuif in die skadu voor ons karavaan in.

Omdat ons vriende die eienaars ken (hulle het voorheen in Worcester gewoon), het hulle iets kom drink by ons. Hulle is werklik aangename mense en het heerlike staaltjies om te vertel oor grootword in die Koue Bokkeveld.

Schoongezicht is werklik 'n lekker plek vir 'n naweek (wat eintlik te kort is, so ons gaan weer) en is naby genoeg ook vir 'n naweek - selfs as jy van die Kaap af kom. Hier is hulle webadres, gaan loer gerus en gaan loer gerus in www.schoongezichtkamp.co…

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
25 - 27 Januarie 201
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Swemgat / poele
Winkel?
Nee
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Baie fasiliteite