Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Victoria Bay Karavaan Park

Algemene Inligting

Resensies

Worcester

Wildehont

Tue, 12/03/2019 - 22:19

Ons was van 26 tot 29 Maart 2018 by Victoriabaai en het op die Western embankment bespreek aangesien dit privaat ablusiegeriewe het, en ons dogtertjie toe net oor 'n jaar was.

Vicbaai uitsig
Dit was ons kamp. Die ablusiegeriewe is net links; waar die plaveisel is.

Soos die fotos toon is die deel van die kamp taamlik hoog bo die baai met 'n lieflike uitsig. Die kampeerplekke is in 'n enkel ry met 'n steil, beboste afdraend aan die see se kant van die heining en redelike digte bos teen 'n steil helling aan die berg se kant van die ander heining.

Uitsig Victoriabaai
Ons uitsig

Daar is 'n motorhek met 'n kode en 'n voetgangerhek na die steilerige paadjie af strand toe wat met 'n slot sluit. Die sekuriteit is dus goed en terwyl ons daar was, was daar baie gesinne en het die kinders heerlik met hul fietsies baljaar in die pad agter die kampeerplekke en was heel veilig.

Victoriabaai kamp
Die agterkant van die staanplekke. Twee staanplekke deel so 'n geboutjie waarin vir elke staanplek 'n stort, wasbak en toilet is. Die badkamertjie kan sluit en het elektrisiteit. Aan die voorkant is daar 'n dubbelwasbak onder 'n afdakkie wat gedeel word met jou bure.

Daar is 'n winkeltjie en restaurant onder die kamp, oppad strand toe. Die strand is redelik skoon en die see lekker, maar kyk maar uit vir skollies. Hulle het my een vriend se beursie en selfoon gedief terwyl hy in die see was (nie toe ons daar was nie, maar in Februarie verlede jaar). Die weer was nie die beste terwyl ons daar was nie, en dit was voor skoolvakansie so die strand was nie baie besig nie. Dit is egter 'n gewilde plek vir branderplankryers en ek is seker dit raak besig binne seisoen.

Victoriabaai strand
Mens kan lekker stap langs die see in die enigste straatjie in Victoriabaai, wat net huise aan die een kant het. Daar is ook 'n jetty waarvan die mense graag visvang en 'n pragtige klein strandjie tussen die rotse aan die einde van die straatjie.

Die een dag het dit gereen en ons het in elk geval medisyne vir ons seuntjie nodig gehad (hy het 'n maagvirus gehad - moeilike ding op 'n kampeervakansie!). Ons het toe George toe gery (wat baie naby is) en daar is natuurlik alles wat mens nodig het. Daar is 'n lekker binneshuise speelplek vir kleintjies, al die winkels wat jy voor kan vra, wasserye en die Quteniqua Vervoermuseum - wat werklik 'n besoek werd is. Daar is 'n lieflike uitstalling van alles met treine te doen en ook 'n pragtige uistalling met veteraanmotors. http://www.outeniquachoo…

Outeniqua vervoermuseum
'n Baie klein deel van die uistalling by die Outeniqua vervoermuseum

Ons sal defintief die bestemming en die karavaanpark aanbeveel en veral die Western embankment deel waar ons kampeer het. Ons sal weer teruggaan eendag.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
26 - 29 Maart 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
See
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg